Sunday 3 July 2011

Toer: Sondag 3 Julie 2011 e-pos vanaf Danie

Geagte ouers.

In die eerste plek wil ek net weer eens vir u elkeen baie baie dankie sê vir al die moeite met die heerlike (en baie!!) eetgoed gedoen het vir ons Bon Voyage Konsert en ook met die optrede die daaropvolgende Dinsdagaand by die Atterbury teater. Ons het ongelooflike goeie terugvoer oor albei die aande gehad. Ek is voorwaar baie trots op die orkes en dis vir my 'n voorreg om saam met ouers soos u te kan werk.

Graag net die volgende:

1.    Daar was baie versoeke dat ons nie Donderdagoggend moet oefen nie aangesien baie ouers dan eers terug kom van vakansie af en dan die kinders moet neem om nog inkopies te gaan doen.  Dit is reg so.  Ons sal dus nie oefen nie, maar ek wil graag al die orkesleiers om 11:00 by die Woodlands Mug n Bean sien.  Ons moet praat voor die toer en dan kan ons sommer leke koffie drink en ietsie eet!  Laat u kind my asseblief JA of NEE laat weet.

2.    Hierby aangeheg is die toestemmingsbrief vir die toer. U moet dit asseblief volledig invul en saambring Donderdagaand.  Dit is baie belangrik dat u die volgende gewaarmerkte afskrifte aan hierdie toestemmingsbrief heg:

2.1    u kind se ID
2.2    afskrif van die mediese kaart waarop u kind is
2.3    afskrif van die hooflid se ID dokument.

Vul asseblief ELKE blokkie op hierdie vorm volledig in en trek dood wat nie van toepassing is nie. U moet ook asseblief seker maak dat u kind verstaan ELKE punt op daardie toestemmingsbrief.  Indien ek nie 'n kind se toestemmingsbrief Donderdagaand het nie, sal ek nie u kind op die bus kan toelaat nie.  U kan die briewe en afskrifte vir my faks (086 512 8755) of epos.



3.     MERK ASSEBLIEF AL U KIND SE KLERE EN ALLES WAT HY/SY SAAMNEEM!!!

4.    Ons pak die Geraaswa en bus 23:00. Al die kinders moet dus 23:00 by die skool wees. Ons pak 23:00 en vertrek direk na ons klaar gepak het. kinders mag hul komberse en kussings in die bus neem.

5.    Ons moet die DAANTJIE klank-sleepwa Woensdagoggend om 10:00 pak (Heinrich, Ebert en Estiaan) en nie Donderdag om 13:00 soos op die program nie.  Die Tredoux's wat hierdie waentjie sleep, vertrek al Woensdag. Laat weet asseblief of dit reg is.


Laastens wil ek versoek dat alle uitstaande kleregelde, die nuwe orkeslede se klere asook die seniors, veral die meisies se rompe, asseblief dringend in mev. Susan Tredoux se rekening inbetaal moet word. Hierdie rekeninge moes al betaal gewees het. Mev. Tredoux moet al die betalings afhandel voor hulle Woensdad vertrek.  U samewerking word dringend gevra.

Vriendelike groete!

Danie

No comments:

Post a Comment