Monday 27 April 2015

Klofie-orkes tree op by Juffrou Anell se Troue: Vrydag 24 April 2015


Die orkes het Vrydag by Juf Anell se troue gespeel by die 
Witpoort Functions and Events Venue 
buitekant Pretoria.  

Dit was 'n troue in die natuur onder 'n vreeslike groot boom waaronder meer as 150 mense gemaklik ingepas het. Tien minute voor die troue begin het, het dit liggies begin drup en Eddie het 'n "ontruim" -plan voorgestel waar elkeen presies geweet het wat om eerste in die geraaswa te pak 
as dit begin reën:  

Eerste die elektriese toerusting, dan die viole en enige hout-instrumente, dan die perkussie, blasers en heel laaste die koperblasers - Eddie het gesê hulle kan onderwater ook speel  ;)
Eers as al die instrumente veilig is kan die orkes gaan skuiling soek!

Gelukkig het die reën eers later die aand gekom en die troue was 'n reuse sukses.  

Ek dink dat hierdie die perfekte troue was vir die orkes om by te speel. Die kreatiwiteit en oorspronklikheid van die troue is dinge wat nog altyd kenmerkend van die orkes se wenresep was.  

Dit is een optrede wat die orkes nie gou sal vergeet nie.

Hierdie is ongelukkig nie al die foto's wat geneem is nie.  Sodra ek die ander foto's ontvang het sal dit hier bygevoeg word.

  












































What is coming down from the tree?!!! Look up!!!
Hier gaan ons vandag nat reen.  



Maak gou dit kom reen
































"Moenie worry nie ons bid sommer die reen weg" ;)

"Ag  f     verdeksels!  .. ek het in koeik  poef getrap! ...."