Sunday 10 July 2011

Sondagaand Opdatering

Die toergroep het direk na die optrede van die vlootorkes opgepak en teen 13:30 vertrek na Simonstad.  Alles het hierdie keer vlot verloop en ons het veilig maar moeg omstreeks 22:00 by die koshuis aangekom.  Niemand het sonder brandsof gaan staan, volstruise gesmokkel in die geraaswa of se motors probleme opgetel soos met die eerste dag nie.  En nee.... die gesmokkel met die volstruise is nie heeltemal onwaar nie maar later meer daaroor.  ;)

Hierdie was die ongelooflikste naweek van my lewe en ek is dankbaar vir die voorreg om dit te kon beleef.  Ek weet die ander ouers voel dieselfde en ek het gesien hoe 'n paar trane op meer as een geleentheid weggepik word.

Hier is 'n paar fotos wat nog inderhaas geneem is van die optrede.  Jacques en ek sal more kyk of ons nie fotos van die optrede kan plaas nie.  Die Vlootorkes is baie positief teenoor die toergroep en die kinders sien baie daarna uit om saam met hulle te werk.
















En so begin die tweede deel van die toer.

No comments:

Post a Comment