Tuesday 28 February 2012

Danie Epos Nr 8: 28 Februarie 2012

Geagte ouers.

Jammer die epos is so laat, maar ek wou eers finaal uitsluitsel oor al my kwotasies ensovoorts kry om ‘n goeie besluit te kon maak rakende ons toer vs kamp.  Hierdie is een van die moeilikste eposse wat ek nog moes skryf, maar het daaroor gebid en ek glo dat dit wat ek doen, die regte ding is.

    1.     TOER vs ORKESKAMP

1.1   Na baie wik en weeg en alle finansies in bereking gehou, asook die stand van my gesondheid op hierdie stadium, is ek seker dat die regte ding om te doen is om hierdie jaar te kamp en nie te toer nie. 
1.2   Ek sukkel om die toer onder R4700 te kry teenoor kampterreine wat gemiddeld R2200 uitwerk vir die week.
1.3   En dan hoor ek ook direk voor die kamp of net daarna of ek ‘n hartoperasie sal moet ondergaan – daarom wil ek nie nou die stres van ‘n toer op myself plaas nie.
1.4   As ek na die orkes kyk, het ons regtig baie werk om te doen met al die nuwe lede en soliste wat opgelei moet word en dan die grootste uitdaging van almal – om die orkes gereed te kry vir volgende jaar se groot matriekgroep wat einde 2013 klaarmaak.  Ek stel dus voor dat ons hierdie jaar 8 – 14 Julie kamp en volgende jaar gaan toer.
1.5   Daar is alternatiewe wat ons met ons volgende oueraand sal bespreek.  Ons het die volgende uitnodigings/geleenthede vir 2013:
a.       Meestersklasse en optredes in Beijing
b.      Meestersklasse en toer in die VSA
c.       Internasionale Jeugfees in Duitsland
1.6   Ek bespreek vandag die situasie met die orkes en sal hulle mooi inlig rakende my besluit.  U kan verseker wees, ek het alle punte oorweeg en het vrede en oortuiging in my hart dat dit vir my en ook vir die orkes beter sal wees om hierdie jaar te kamp.
1.7   Na baie kwotasies en oorweging glo ek die heel beste kampterrein is die vyfster KWALATA DINOKENG BIG 5 GAME RANCH.  Kyk gerus op hul webblad!! www.kwalata.co.za
1.8   Die kampprys is R2,150.00 wat die volgende insluit:
a.       Busgeld na die kampterrein.
b.      Uiters goeie akkomodasie met 3 etes per dag asook 3 teetye per dag.
c.       Puik oefenlokaal en omgewing.
d.      Vure vir ons ouerdag op 14 Julie.
1.9   Ek wil die volgende musikante met my saamneem (en het ook al klaar gehoor of hulle beskikbaar is) om my by die kamp te help:
a.       Terrence Cole  (Koperblasers – trompette- en ensemble-werk)
b.      Renée Harzenberg  (Houtblasers en strykers)
c.       Peter van der Poel (Koperblasers – lower brass), en ek doen dan die kitare (o.l.v. Jaco), perkussie (o.l.v. Gideon) en klawers (o.l.v. Christi-Louise).
d.      Om hulle te kan saamneem, moet ek ‘n borg kry van R6,400.00 om hulle kampgeld te betaal.  Ek sal dit baie waardeer indien u my hiermee behulpsaam sal kan wees deur te help om borge te kry.
1.10            Die program vir die kamp is dat ons Sondag, 8 Julie hier by die skool per bus vertrek.  U kom Saterdagoggend 14 Julie uit kampterrein toe waar ons u 10:00 ontvang, vir u konsert hou en
dan Bring-en-Braai tot ongeveer 14:00.  Daarna gaan u kind saam met u huis toe.
1.11            Ek hoop van harte dat u my besluit ondersteun.  Ek dink dit is baie belangrik dat ek ook nou vorentoe moet kyk en vooruit beplan en pro-aktief optree.  Daarom glo ek dis die beste vir die      
orkes (en ook vir my self in ‘n persoonlike en gesondheidshoedanigheid) om te kamp in plaas daarvan om te toer.

     2.     OPNAMES

Aangeheg vind u my lys van opnames wat ek byhou.  Gaan dit asseblief  deur en laat weet my van enige foute.  [Persoonlike en finansiële  informasie word nie op blog geplaas nie.  Verwys asb na oorspronkilke email vir hierdie inligting - Ed]

2.1   Registrasievorms:  Daar is steeds registrasievorms uitstaande.  Ek moet hierdie vorms so gou moonrlik inkry asseblief.
2.2   Uitstaande etegeld:  Daar is redelik utstaande etegeld.  Kan ons dit asseblief afhandel voor die volgende naweekoefening.  Lynnette doen aankope uit haar sak uit en ons moet die gelde op datum hou.
2.3   Afwesighede:  U sal merk ons hou boek van alle afwesighede.  Al het ‘n kind verskoning gemaak, word sy/haar afwesigheid steeds aangetoon op ons lys. 
2.4   Antwoorde van vorige epos in verband met die VSA-orkes.  Ek moet dringend uitstaande antwoorde kry.  Ons hou nou die hele proses op omdat ek nie kan uitsluitsel gee of ons orkes die Saterdag en Sondag beskikbaar is nie.  Ons het ook nog redelik baie hulp nodig om die 30 orkeslede te huisves. Laat weet my asseblief indien u kans sien om te help met verblyf.
2.5   Indien daar enige foute op hierdie lys is, vra ek om verskoning en versoek dat u my asseblief daarop sal wys.

Mag u ‘n vreugdevolle week propvol gesondheid en voorspoed hê!

♫-groete!!

Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

Friday 24 February 2012

Orkes Optrede: Hervormde Kerk Erasmusrand 23 Februarie 2012

Die orkes se optrede by die Hervormde Kerk Gemeente in Erasmusrand het baie goed afgeloop.  Die gemeente het hulself oortref met die wyse waarop hulle die orkes ontvang het.  Kerrie en rys, koeldrank en genoeg nagereg om 'n weermag aan die gang te hou vir 'n week was 'n verassing wat na afloop van die optrede op die orkeslede gewag het.  


Die vertoning het heel gepas begin met rustige gewyde musiek in die kerk soos mens sou verwag.   Hehe.   . . . .   Toe trek hul weg met Last of the Mohicans, Toccata en natuurlik . . . Michael Jackson!   Reuse sukses so in die kerk!  (ek wonder wat my ouma sou gesê het)


Ek het so by myself gewonder of daar al ooit voorheen so 'n lewendige byeenkoms in daardie kerkgebou was.  Wat my opgeval het is dat die ouer mense die vertoning so geniet het wat hulle gewys het deur die orkes staande toe te juig aan die einde van die konsert.  Wel gedaan Klofie Orkes!


Jacques Botha het die volgende foto's geneem wat ook op facebook beskikbaar is.  Soos ons al gewoond geraak het is dit uitstekende foto's - dankie Jacques!!!









































Wednesday 22 February 2012

Danie Epos Nr 7: 22 Februarie 2012

Geagte ouers.

Ek hoop dat dit nog baie goed gaan met julle almal!

Baie baie geluk aan ons orkeslede wat gisteraand almal pryse ontvang het – ek is baie baie trots op elkeen van hulle se prestasies!  Dit wys nou maar net weer – die orkeslede presteer op alle gebiede.  Baie geluk aan elkeen van hulle.

     1.     SA-KLEURE

1.1               Ek heg vir u die opsomming van al ons optreeklere aan soos wat dit ook voor in die Jaarprogram verskyn. 
1.2               Daar is ‘n paar punte wat ek net weer wil baie duidelik maak na aanleiding van gister se horde telefoonoproepe, sms’s en bbm’s van wat die kinders moet aantrek:
1.2.1          Wanneer ons SA-Kleure aantrek, beteken dit NIE dat die groen baadjie saam skoolklere gedra word nie. Dit was nog nooit gedoen of toegelaat nie nie en sal ook nooit so gedoen word nie. Die SA-Kleure bestaan uit slegs die klere soos op die aanhangsel uiteengesit is.
1.2.2          Ons dra nooit die konserthemp (met die opslaankraag) saam met ons SA-Kleure nie. Dit is ‘n gewone wit skoolhemp.
1.2.3          Die meisies mag nooit hul hare los laat hang met enige optrede nie en ook nie saam met hulle SA-Kleure nie.    Hare moet te alle tye volgens skoolreëls wees vir seuns en meisies.
1.2.4          SEUNS MOET GESKEER WEES tydens alle optredes of wanneer hulle skooldrag, SA-Kleure of optreeklere aan het.
1.2.5          Grimering word slegs gedra by konsertklere en met die SA-Kleure mag hulle slegs eye liner en mascara dra. Geen lipstiffie, eyeshadow en juwele nie (sjoe, ek klink nou omtrent soos die Glam Guru met al hierdie snaakse woorde!!).  Sykouse en konsertskoene word by SA-Kleure gedra.
1.3               Wanneer die orkes SA-Kleure dra, dra die lede wat NIE SA-Kleure het nie volledige skooldrag.  Hulle dra dan nie wit en swart nie.  Seuns moet altyd ‘n langbroek aantrek.  Die enigste uitsondering word gemaak met Mnr & Mej Waterkloof waar die hele orkes swart en wit aantrek - senior orkeslede dra SA-Kleure sonder baadjies en dasse en orkeslede wat nie SA-Kleure het nie dra swart broeke/rompe en wit hemde/bloesie.  Die wit bloes mag GLAD NIE deurskyn nie en die romp moet tot by die knie kom.
1.4               SKOOLDRAG:  Soms tree die seniors ook met skooldrag op.  Geen seun sal ooit met ‘n kortbroek optree nie.  Ons trek altyd langbroeke en baadjies aan.  Meisies trek ook baadjies aan.

Ek hoop dat enige onduidelikheid nou uit die weg geruim is.  Volg net die instruksies op die “Attachment” en dan sal daar geen onduidelikheid wees nie. 

     2.     OPTREDE:  DONDERDAGAAND, 23 FEBRUARIE

Die inligting vir die optrede van Donderdagaand is soos volg:
       
2.1               Daar sal nie Donderdagmiddag oefening wees nie.
2.2               Orkeslede trek hul volledige SA-Kleure tuis aan. Nuwe lede trek volledige skooldrag aan (almal gaan saam). 
2.3               Die orkeslede pak die bus 16:45.  Die bus vertrek 17:00 stiptelik.
2.4               Ons tree op by die Hervormde Kerk, Elarduspark.
2.5               17:30 – 18:45      Klanktoets en opstel
2.6               19:00 – 20:00      Optrede.  Ons is die alleen-kunstenaars vir die aand.
2.7               Na afloop van die optrede pak ons op en vertrek terug skooltoe.  U kind moet u asseblief sms/bbm sodra ons by die kerk ry. By die skool moet almal asseblief eers help om alles in die orkeskamertjies weg te pak.

Ek wil asseblief ‘n dringende versoek tot u elkeen rig.  Ons het in die laaste tyd ongelooflik baie toerusting wat gelaai moet word vir optredes. Ons kan dit nie meer in die hande laat van die een of twee seuns wat daarvoor verantwoordelik is nie.  Elke seun moet na afloop van elke optrede asseblief help om die klankstelsel, timpani’s en perkussieinstrumente te bere.  Dit is doodeenvoudig net te veel en te swaar vir een kind om te hanteer.  Die kinders moet asseblief in ‘n span saamwerk om alles gedoen te kry.  Dieselfde geld ook vir wanneer ons die busse en sleepwaens pak voor ‘n optrede.  Dit is hartseer dat die seuns nie wil help nie, daarom rig ek nou hierdie dringende versoek tot u as ouers om my te help dat elke seun ons help.

        3.     V.S.A. ORKES

Baie dankie vir u reaksie op my epos rakende die besoek van die VSA orkes.  Ek kort nog 26 ouers se antwoorde.  Ek wil u asseblief versoek om op epos 5 te antwoord.

Ons kan tot op hede 16 VSA-orkeslede akkomodeer.  Ek het nog hulp nodig vir so +-16.  Ek sal dit baie waardeer indien u my kan help of weet van viende en familie wat sal kan help met verblyf vir hierdie mense.

Mag die res van die week vir julle vreugdevol en vol voorspoed wees!

Groete.

Danie


D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

Tuesday 21 February 2012

Danie Epos Nr 6: 21 Februarie 2012

Geagte ouers.

Ontvang hiermee ‘n opgedateerde lys van ons optredes asook die res van Februarie se program. [Lys van optredes en Jaarprogram is bo-aan die blog beskikbaar - Ed]

    1.     WEEKPROGRAM

Die leier wat hierdie week aan diens is is Marko Kotze.

1.1   Dinsdag, 21 Februarie:           Ons oefen 14:30 – 16:00.  Orkeslede gaan dan huistoe om gereed te maak vir die Prestige Merieteaand / Penningaand.  Slegs die lede wat verlede jaar op die verhoog was gedurende die SA’s, kry pennings.  Hulle moet almal SA-Kleure aantrek en 18:15 in die Dome wees om te registreer. Die funksie begin 19:00.  Lede wat in die laerskole en ander skole was, kry ook pennings.  Hulle moet ook asseblief by die skool wees.


1.2   OPTREDE:  Ons gaan nie Donderdag oefen a.g.v. die optrede nie.  Ons tree op by die Hervormde kerk in Elarduspark.  Ons kry mekaar 17:00 met SA-Kleure in die parkade voor die skool.  Ons tree op met SA-Kleure.  Al die nuwe lede gaan saam en trek hul skooldrag (das, baadjie en seuns met langbroeke) aan.  Die optrede is 19:00 – 20:00.

     2.     KONSERTKLERE

Susan Tredoux wag vir die finale pryse vanaf die verskaffers en dan sal sy met ons kommunikeer in hierdie verband.  Rig asseblief alle navrae rakende ons konsertklere direk aan Susan.  Haar telefoonnommer is op die adreslys.

     3.     KAMP / TOER

Ek sukkel nog steeds om die kwotasies uit die mense te kry om ‘n besluit te kan neem rakende die toer vs ‘n kamp.  Op die oomblik voel ek dat ons hierdie jaar ‘n kamp meer nodig het as ‘n toer.  Ons het baie werk om te doen en groot strategiese skuiwe wat gemaak moet word vir 2012. Ek probeer om hierdie saak so spoedig moontlik af te handel sodat ek vir u kan terugvoer gee.

     4.     VSA-SKOOLORKES

‘n Skoolorkes vanuit die VSA, GROTON COLLEGE, Masachusetts,  besoek Suid-Afrika gedurende Julie 2012. Hulle bestaan uit meer as 150 orkeslede, maar slegs die 30 beste orkeslede toer hierheen.

Hulle is in Pretoria en wil graag skakel met ons orkes en ook by ons orkeslede woon.  Hulle versoek is die volgende:

4.1          Arriveer Saterdag, 23 Junie:  Ontmoet hulle SA-gesin en daarna het ons meestersklasse saam en sluit die aand af met gesamentlike konserte en ‘n Potjie.
4.2          Sondag, 24 Junie:  Gesamentlike optrede in die Botaniese Tuine.  Spandeer res van die dag saam met hul SA-gesinne.
4.3          25 & 26 Junie:  Toeragenskap neem hulle rond in en om Pretoria.
4.4          27 & 28 Junie:  Hulle besoek Mabula Lodge.
4.5          29 Junie:  Vlieg terug VSA toe.

Ek moet nou asseblief dringend van u die volgende verneem:

      a.       Kan ek voortgaan met die reelings dat ons orkes saam hulle kan optree ens.
      b.      Gaan u kind hier wees om die optredes saam te kan doen, want dit is die eerste naweek nadat die skool   gesluit het en eerste paar dae in die eerste week van die Julievakansie.
      c.        Wie van u kan hierdie kinders en personeel huisves en hoeveel kinders kan u neem (hulle verkies groepies van 2 of meer).

Ek wil u asseblief versoek dat u almal my op hierdie epos sal “reply” sodra u die epos klaar gelees het.  Ek moet dringend u elkeen se kry.  U antwoord bepaal wat ek moet doen en ek het elke ouer se antwoord nodig.

Vriendelike groete!!

Danie

ONTHOU OM ASSEBLIEF TE ANTWOORD!!


D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

Tuesday 14 February 2012

Monday 13 February 2012

Danie Epos nr 5: 13 Februarie 2012

Geagte ouers.

In die eerste plek wil ek baie dankie sê vir die seuns se ouers vir die samewerking van Saterdag met die klere se aanpas.  Dit maak ons taak baie makliker wanneer almal mooi saamwerk!  Die seuns wie nie kon saamgaan nie, moet asseblief hierdie week by Couqies Mansuitrusters te Centurion Mall uitkom.

Michelle is hierdie week LEIER AAN DIENS.  Baie geluk aan Lumar en Renier wat hierdie week verjaar!


     1.     PROGRAM VIR DIE WEEK

1.1               Dinsdag,  14 Februarie:  Normale oefening (14:30 – 17:30) vir die hele orkes.  Ons gaan voorberei vir ons optrede van Donderdag, 23 Februarie.
1.2               Donderdag, 16 Februarie:  Ons gaan Donderdag NIE in die saal oefen nie, maar wel in seksies in die klasse.  Ons gaan aandag aan ons nuwe lede gee.

     2.     JAARPROGRAMME

Indien u kind nog nie vir u die Jaarprogram gegee het nie, kry dit asseblief by hom / haar.  Ek het dit reeds vir hulle gegee.

     3.     TERUGVOER

3.1               Ek behoort hierdie week vir u terugvoer rakende die toer / kamp te gee.
3.2               Ek sal ook hierdie week vir u die notule van die vergadering stuur.
3.3               Daar is nog uitstaande etegelde van die vorige twee naweekoefeninge.  U moet dit asseblief na my toe stuur sodat ek dit aan Lynnette kan gee.

     4.     UITSPELE

Die orkeslede is nog besig met die uitspele.  Ek sal terugvoer gee sodra dit afgehandel is.

Vriendelike groete!

Danie


D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

Friday 10 February 2012

Konsertklere

Geagte ouers.

Dit is nou tyd om ons konsertklere te begin maak en kwotasies ens. in te kry.  Om dit te kan doen, moet die kinders gemeet en gepas word.  Ek wil ‘n dringende beroep op u elkeen doen om asseblief op hierdie eposse te reageer.  Ons het u samewerking baie nodig!

Susan is nog besig met kwotasies vir materiale vir die meisies, maar intussen gaan ons voort met die seuns want dit vat lank om die konserthemde in die hande te kry.

Susan Tredoux neem die seuns Saterdagoggend om hul konsertbroeke, konserthemde en krawatte te gaan pas.  U moet my asseblief vandag (Vrydag) dringend per sms laat weet indien u seun kan gaan of nie.  U dringende antwoord is baie nodig asseblief!

Senior seuns se ouers moet my ook asseblief laat weet of u seun nuwe klere moet kry of nie!!  Hulle moet ook Saterdag saamgaan om te pas.

Die skool kan my help met een klein bussie, daarom deel ek die seuns in die volgende groepe in:

GROEP
VERTREKTYD
NAME
1
09:00
Al die senior seuns. (Sms asb wie gaan saam en ook wie het nie nuwe klere nodig nie).
2
09:30
Zanro de Beer, Alex de Kock, Richard de Vries, Damien Joubert,  Simon Oranje, Armin Steenkamp, Srephan Truter.
3
10:00
Nicolaas vd Westhuizen, Karel van Rheede, Siebert Worst, Paul Theron, Ruan du Randt.








Indien u kind NIE more kan saamgaan nie, moet u asseblief binne die volgende week u kind self na Christiaan Couqie van Cougies toe neem by die Centurion-tak.  Kry inligting by Susan Tredoux (082 568 0706).

U dringende sms-antwoord word ingewag!  Ek benodig ‘n antwoord van elke seun se mamma af asseblief!

Groete! 

Danie


D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

Tuesday 7 February 2012

Optrede: Lyttleton Huis vir Bejaardes 7 Feb 2012

Soos 'n warrelwind tussen toetsperiode, noodplan oefen by skool en optrede het die orkes die bejaardes in Lyttleton verras met hul musiek.    Die bus moes eers sewe maal om die aftreeoord ry voordat hul kon ingaan maar gelukkig het die mure van die oord darem staande gebly!  

Dit was lekker om baie nuwe gesigte te sien in die orkes - sommige se oë
 was maar lekker groot toe hul sien hoe baie mense daar was.  ;)

Die video is ongeveer 50 MB groot (wat min is vir 'n video maar dan kan dit ook op sommige selfone gespeel word).  
Kommentaar en voorstelle vir die toekoms i.v.m. die plaas van videos op die blog is welkom.  Stuur epos aan   Danie of laat kommentaar sommer op blog.

Jammer vir die spelfout aan die begin van die video en ook die template aanwysing aan die einde van die video.  Dit kan reggemaak word maar dit neem nie naastenby so lank om verskoning te vra nie!  

DAAR WAS PROBLEME MET DIE AFLAAI VAN DIE VIDEO VANDAG MAAR DIT BEHOORT NOU REG TE WEES.  DANKIE RICO DAT JY LAAT WEET HET - EK HET ADMIN REGTE OP BLOG DAAROM KAN EK NIE SELF SULKE PROBLEME OPTEL NIE.  LAAT WEET GERUS WEER AS DAAR NOG SULKE HAAKPLEKKE IS!


Monday 6 February 2012

Danie Epos nr 4: Februarie 2012

Geagte ouers.

Ek hoop dat dit nog sommer baie goed gaan met julle almal!  Hierdie jaar is alreeds besig om met ons weg te hardloop!

Maxwell het geskryf:

“Maak jou droom ‘n werklikheid, gee jou verbeelding vrye teuels.  Wees waaghalsig. Wees roekeloos... DROOM GROOT!!”.

Toe ek dit lees, kon ek nie anders as om dit dadelik aan die orkes te verbind nie.  As ons nie by die orkes groot droom nie, sal ons nooit bereik wat ons bereik nie!  Dit is ook net uit genade wat ons is wat ons is! 

Baie dankie vir al die ondersteuning hierdie jaar, ons sal nie daarsonder kan oorleef nie!!!

1.     OUERAAND

1.1               Ek dink nie ons kan ons oueraand meer langer uitstel nie.  Die nuwe ouers en leerders wat nou nog gaan bykom sal maar op ‘n later geleentheid ingelig word.  Soos ek verlede week in die epos versoek het, sal ons Maandagaand om 19:00 in my klas vergader (en nie in die ouditorium nie).
1.2               Sake wat ek baie graag met u sal wil bespreek is o.a.

1.2.1          Jaarprogram:  Optredes, oefeninge en naweekoefeninge
1.2.2          Finansies 2012
1.2.3          Etes tydens naweekoefeninge
1.2.4          Toer / orkeskamp
1.2.5          SA’s 2012:  Empangeni
1.2.6          Formele konsert 2012
1.2.7          Besoek van orkes uit die VSA

Ek het u insette ongelooflik baie nodig en sal dit waardeer indien u teenwoordig kan wees, veral met my voorstel dat ons ‘n orkeskamp met ons toer kombineer  (soos wat ek reeds met die orkeslede bespreek het).

2.     PRESENSIELYS EN ETEGELDE

2.1               Presensie is uiters noodsaaklik by die orkes, veral as dit kom by die toeken van erekleure en nasionale kleure.  Michelle Hartzenberg is die leier wat hierdie jaar daarvoor verantwoordelik is.  Haar presensielys is hierby aangeheg.
2.2               Etegelde:  Ons finansies word deur Jacques Botha hanteer en hy ontvang die etegelde by Michelle.  Sy lys is ook hierby aangeheg.  Maak asseblief seker u kind se inbetalings is korrek en kontak my indien daar ‘n probleem is.  Ek wil dit ook net weer beklemtoon dat indien ‘n orkeslid NIE ‘n ete / etes bywoon nie, dit die orkeslid of ouer se verantwoordelikheid is om die ete / etes by Me. Lynnette Botha (082 771 6078) te stop OF om haar te laat weet dat kos uitgehou moet word vir u kind.  Anders bly u vir die etegeld verantwoordelik.  U moet Lynnette op die laatste teen Donderdagoggend laat weet VOOR hulle die aankope begin doen.  Ons sal meer hieroor praat tydens die oueraand.

Verwys asb. na dieoorspronklike epos van Danie: Finansies en lyste met inligting van persoonlike aard word nie op die blog geplaas nie - Ed


3.     WEEKPROGRAM EN OPTREDE

3.1               Ons tree Dinsdagoggend om 10:00 by die Lyttleton Dienssentrum vir Bejaardes op.  Optredes gedurende skooltyd word uiters beperk en nie sommer oorweeg nie.
3.2               Die bus vertrek direk na die toetssessie.  Ons tree met skooldrag op en sal so gou moontlik na afloop van die optrede terug gaan skooltoe (...en ons gaan nie die tradisionele McDonalds - stop gedurende skooltyd doen nie!! L  Dis maar net om te verseker die orkeslede verloor nie onnodige akademiese tyd nie).
3.3               Ons oefen Dinsdag normaal (14:30 – 17:30).
3.4               Ek doen Donderdag die uitspele van soliste en plekke.  Slegs die volgende seksies moet Donderdag teenwoordig wees:
3.4.1          Altsaksofone
3.4.2          Trompetters
3.4.3          Dwarsfluite
3.4.4          Viole

Mag u ‘n wonderlike Christus-week hê propvol opwinding en voorspoed!!  Sien u Maandagaand.

♫-groete!

Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!