Thursday 29 November 2012

Wednesday 28 November 2012

Monument Park NG Gemeente Kerssangdiens 25 November 2012

Die laaste Orkesoptrede van die jaar het Sondagaand by die NG Kerk Monumentpark plaasgevind.  Daar is nie foto's tydens die diens geneem nie maar hier is die foto's wat die middag tydens die voorbereidings geneem is:









































Monday 19 November 2012

KERSSANGDIENS


Geagte ouers.

1. KERSSANGDIENS

Graag deel ek die volgende met u rakende ons Kerssangdiens:

1.1 Ons kan nie eerskomende Vrydag in die saal of by die kerk oefen nie a.g.v. die matrieks wat tot 17:00 skryf en die orrelis wat saam ons moet oefen, kan ook nie.
1.2 Die orkeslede moet asseblief Sondag 14:00 by die kerk wees sodat ons kan opstel en 14:30 kan begin opwarm en saam met die orrelis kan oefen.  Ek besef dis ontwrigtend vir u Sondag, maar ons het geen keuse nie.
1.3 Die orkeslede kom klaar met hul SA-kleure aangetrek 14:00 kerk toe.
1.4 Ons neem ook Sondag by die kerk ons foto met ons SA-kleure.
1.5 Die diens begin 18:30.  Wees vroeg om ‘n sitplek te kry – die kerk is gewoonlik baie vol.  Ons begoort teen 20:00 klaar te wees.


2. V.S.A. TOER

Ek het nog steeds nie die kwotasie ontvang nie.  Die probleem is in Amerika, maar ons het aan hulle ‘n ultimatum gestel en gesê dat indien ons nie teen die einde van hierdie week die kwotasie het nie, ons nie meer in die toer belangstel nie.  Ek wil u vriendelik versoek om asseblief Maandagaand oop te hou vir ‘n moontlike vergadering om die toer te bespreek en ‘n besluit te neem.


3. KINDERHUISGESKENKE

Vriendelik versoek ek u om asseblief te hou by die afsnydatum om die kinderhuis se geskenke by my af te lewer.  Die laaste dag is Maandag 3 Desember.  Indien u nog wil betrokke raak, daar is nog geweldig baie openinge by die huise se wenslysies.  Kyk asseblief daarna ek laat weet waar u kan help.


Groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

Thursday 15 November 2012

Klofie Konsertorkes Optrede: 25 November 2012

Die Klofie Konsertorkes tree op by die NG Kerk Monumentpark se kerssangdiens.

TEMA: IMMANUEL: GOD IS MET ONS!

Kom geniet 'n wonderlike Kerssangdiens saam met die Klofie Konsertorkes, gemeente en kinders.

Toccata, Also Sprach Zarathustra as inleiding en kom sing saam: Al was ek nie daar nie, O, Christus ons verlange, Die Heiland is Gebore, Hierdie Heilige Nag, Hierdie kind, Sy Naam is Wonderbaar, Soos die Herders, Herders op die ope velde, Stille Nag, Welkom, O stille nag van vrede en nog vele meer.

PLEK: NG Kerk Monumentpark, Hoek van Eland en Okapistrate, Monumentpark.

DATUM: 25 November 2012

TYD: 18:30