Thursday 29 August 2013

Danie Epos Nr 24: 29 Augustus 2013

Geagte ouers.

Sjoe, ons het lanklaas gekommunikeer!  Hier volg ‘n paar belangrike punte!

NB – Ons moet moremiddag ‘n informele foto vir die SA’s neem wat Maandag by Menlopark moet wees.  Ek het die kinders op ons WhatsApp groep laat weet hulle moet more direk na skool hul denim en orkeshempie aantrek vir die foto wat ons gou 14:30 by die oefening gaan neem.

    1.  NAWEEKOEFENINGE

1.1             Op die oomblik gaan dit maar rof so tussen die matrieks, optredes en oefeninge. Hou asseblief kop en verduur asseblief die gedureige veranderinge!!
1.2             Ons oefen hierdie naweek 14:30 – 21:00.  Aandete (R20) word bedien.
1.3             Daar is bitter min oefeninge oor voor die SA’s, daarom doen ek weer ‘n beroep op u om asseblief te help dat u kind by elke oefening is.  Ons is besig met finale afronding en inoefening en ek gaan nie dat ‘n kind wat afwesig by oefeninge is deelneem aan die SA’s nie.

    2.  NASIONALE JEUGKUSTEFEES GALA-AAND

2.1             Die optrede is Saterdag, 7 September.
2.2             Die kaartjies wat u bespreek het word more (Vrydag) by my afgelewer en ek sal dit by more se oefening vir die orkeslede gee.
2.3             Die reëlings en tye vir die dag is op ons Jaarprogram.


    3.  S.A.’s

3.1             Ouerhulp:  Ek het baie hulp nodig tydens die SA’s.  Tyd speel ‘n belangrike rol en ons word met 5% gepenaliseer vir elke minuut wat ons bv. oor ons tyd gaan.   Ons het 30 minute op die verhoog wat die volgende insluit:  Uitpak van verhoof (stoele, staanders, musiekboeke en mikrofone), dan speek ons ons musiek (wat op hierdie stadium 29 minute is!!) en dan moet alles weer afgehaal word. DIT ALLES IN 30 MINUUT!!

3.2             Ek heg ‘n lys aan met hulp wat ek nodig het.  Ek het reeds baie name by plekke, gaan dit asseblief na en indien u nie kan help nie, laat weet my dringend.  Indien u ook nog wil help, veral punt 9, laat weet my asseblief dringend.


3.3             Die kritiese punte is punte 4, 5, 6, 9.  Ek het daar BAIE ouers nodig.  Ons moet bitter vinnig die verhoog en klank moet kan uitpak en afhaal – als binne 30 minute!

3.4             Ons moet hierdie saam met u inoefen ook. Daarom wil ek vra dat die van u wat met punte 4, 5, 6, 9 kan help, volgende week Vrydagaand 19:00 hier kan wees om te kom “oefen” (en nie die week nie asb).  Ons moet more eers self ons goed uitsorteer en self eers inoefen.


3.5             Verder weet ek nog NIKS van die SA’s nie.  Sal sekerlik volgende week eers weet wat aangaan. Dan sal ek u laat weet. Maar hou asseblief Saterdag 21 September van bitter vroeg tot baie laat oop.

3.6             Ons kleedrepitisies by Hoërskool Menlopark is Woensdag 18 September en Vrydag 20 September 14:00 – 18:00.


    4.  MY AFSKEIDSKONSERT EN 10 JAAR-REüNIE GALA-AAND

4.1             Baie dankie aan al die ouers wat al so hard agter die skerms werk.

4.2             Kaartjieverkope:

4.2.1       Ons doelwit is 20 kaartjies per gesin teen R120 per kaartjie.

4.2.2       Daar is nie afslagpryse vir kinders nie.

4.2.3       Die prosedure met die kaartjies is soos volg:

a.     U betaal u kaartjies se gelde elektronies oor in die skool se rekening. Gebruik asseblief die regte verwysing:  ORKES-Gala-Kind se naam.  Indien u hiervan afwyk, moet u nie ongelukkig wees indien u nie kaartjies kry nie. Maak asseblief seker van die verwysing!!

b.     U epos dan die bewys van betaling slegs na Nana Cilliers toe (NIE na my toe nie asseblief!) met u versoek van watter sitplekke u sal wil hê.  Haar eposadres is nanacill@polka.co.za.  U kan haar ook na werksure skakel by 082 370 4112.  U moet ook net asseblief in gedagte hou dat sy voldag werk en slegs in die aande met die kaartjiebesprekings kan werk.


c.     Indien die sitplekke wat u versoek het reeds gevat is, sal sy dit aanpas om so naby aan u versoek as moontlik te kan kom.  Dit is regtig baie moeilik om aan al u vereistes en eise te voldoen, daarom vra ek dat u hierdie jaar ‘n bietjie meer begrip vir hierdie moeilike situasie vir Nana moet hê.  Dis nie maklik om 1000 sitplekke te hanteer en almal gelukkig te hou nie.  Hoe later dit word en hoe minder sitplekke beskikbaar is, hoe moeiliker raak dit om u met u versoeke te akkomodeer.

d.     Iets wat BAIE ongelukkigheid in die verlede veroorsaak het is die feit dat ouers nie besef ons werk met ‘n teater se besprekings nie.  Ons kan nie altyd aan u vereistes voldoen met die sitplekke nie en Nana kan nie kort-kort pleknommers verander nie.  Voorts is dit nie altyd vir laatstapers moontlik om hul sitplekke bymekaar te kan kry nie.  Ons kan net mooi niks daaraan doen nie. Indien u laat is, moet u vat wat u kry. Dis die realiteit.  As ‘n ry vol is, is hy vol en ons kan niks daaraan doen nie. J


e.     Nadat Nana die sitplekke toegeken het, skryf sy die sitpleknommers op u kaartjies, sit in koevert en gee vir die orkeslede of self vir u by orkesoefeninge.

4.2.4       Hierdie is absoluut ‘n hoogtepunt-aand.  Die orkes van 2013 is die beste orkes wat ek die afgelope 30 jaar gehad het.  Hierdie gaan ‘n vertoning wees wat nie gemis mag word nie.

4.2.5       Die nuwe dirigent word ook hierdie aand bekend gemaak… L

4.2.6       Indien u enigsins wil help met die aand, kontak asseblief vir Carin Hartzenberg.

Hierde was nou ‘n mondvol.  Gaan sit nou lekker agteroor met ‘n lekker tee in die hand en ontspan!! J

Groete.

Danie


D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755


















Wednesday 21 August 2013

UITNODIGING: 10de VERJAARSDAG REŰNIE EN AFSKEIDSKONSERT VAN MAESTRO DANIE SMITH



Hierdie uitsonderlike grafika is gedoen deur Sandra van De Venter.  
Haar besigheidsbesonderhede kan gevind word op die advertensiespasie langs die blog  posts.  Volg hierdie link na haar webtuiste: 
sel: 082 417 0817

Bankbesonderhede om kaartjies te kan koop: 

Rekeningnaam:  Hoërskool Waterkloof
Bank: ABSA 
Rekeningnommer: 3490144454 
Takkode:  336445 
Verwysing:  ORKES-Gala-Jou naam 

Epos bewys van betaling na:
maestro@vodacom.co.za   en jou kaartjies sal aan jou toegewys word.

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755