Tuesday 12 July 2011

Fotos van die oefening saam met Vloororkes

Die oefening saam met die vlootorkes het baie goed verloop.  Die kinders is baie gelukkig met die manier hoe die Vloties hulle behandel het.  Baie wou weet hoe sluit mens by die Vlootorkes aan .... mmmmmmm.    mmmmmmm   ....  Dit som die dag perfek op! Ebert vertel hy en die orkes het hoendervleis gekry toe hulle Last of the Mohicans en Michael Jackson saam gespeel het.

Danie het ook na die tyd vir die kinders gese dat sy hart so groot is dat dit die vog by sy oe uit forseer.  Dietrich het toe geantwoord dat as dit nie vir Maestro was nie sou vandag nie moontlik wees nie en die orkes het dit met 'n oorweldigende applous beaam.  (Ja ek weet ek gebruik die woord te veel maar ek kan nie aan 'n ander woord dink nie:   AAAWWESOMMMEEE!!!)














Hans Nel Die kinders dink hy is baie humoristes en goed met dit wat hy doen.  Hy het ook vanoggend tot drie uur gesit en musiek skryf vir die Vloot se optredes volgende jaar en nog steeds 'n vol dag saam met die orkes deurgebring

No comments:

Post a Comment