Saturday 9 July 2011

Nana saves the Day !!!

Met die opstel van die orkes en al die klank by die eerste optrede op die Tour de Kaap, het daar 'n groot paniek ontstaan toe daar agtergekom word dat daar 'n paar instrumente in Pretoria agtergebly het.

Gelukkig het een toerouer ('n sekere mevrou Nana Cilliers) by die naaste musiek winkel ingestorm en aangedring op 'n kitaar. Die vriendelike eienaar van die winkel het gese hy kan ongelukkig nie die nuwe kitare uitgee nie, maar was bereid om sy persoonlike kitaar op te offer.

Daniel kon toe heerlik die eerste optrede meemaak danksy die vinnige inisiatief van ons eie rooi lip "Hero"en Francois Wentzel van Symphony of Sounds.

No comments:

Post a Comment