VIDEOS

Hierdie Video is die oorspronklike uitvoering tydens die internasionale beoordeling in 'n skoolsaal in Orlando Florida (2006).  Vir diegene wat dit nou nog nie weet nie: Die Orkes het die American All Stars Music Competition" (DisneyWorld, Orlando Florida, USA) GEWEN!   

Kyk of julle die oud-"Bandiez" kan herken:  Peter, Dirco, Samantha, Renée en Michelle. Ek kan nie almal se name onthou nie en sal bly wees as julle my kan uithelp.  Die kwaliteit is maar swakkerig en die formaat is afgeskaal sodat dit ook op selfone gespeel kan word. Enjoy!



En hierdie video is ook op die web beskikbaar: 


Mango Groove se Special Star soos opgevoer tydens die 2010 SA Nasionale Kompetisie vir Mars- en Konsertorkeste in Drie Riviere Vereeniging.  Die Orkes het die Nasionale Kampioenskappe gewen.  'n Baie Spesiale groep kinders.


Die Video is deur Jacques gedoen en soos ons hom al ken is die gehalte uitsonderlik goed.  





Hierdie optrede by die Southdowns Kollege Jamboree was baie uniek.  Dit moet sekerlik een van die kleinste lokale wees waarin die volle orkes ooit opgetree het. Die oorspronklike video is in HD maar dit moes hier na 'n baie laer resolusie afgeskaal word om die aflaaityd te verbeter.    

Dankie Jacques Botha wat die video geneem en dit vir ons beskikbaar gestel het!



Gala-aand 2012: Pirates of the Carribbean

deur Jacques Botha