Monday 29 October 2012

Danie Epos nr 27: 29 Oktober 2012


Geagte ouers,

In die eerste plek wil ek baie baie dankie sê vir die pragtige geskenk wat ek Saterdagaand by die orkes ontvang het – ek waardeer sulke gebare ongelooflik baie en dit beteken vir my ongelooflik baie.  Dis hierdie tipe gebare waaraan ‘n mens vasklou in dae wat dit nie goed gaan nie en ‘n mens se gemoed maar laag is!!  Hierdie geskenk beteken regtig baie vir my.

Baie geluk aan die ouers wie se kinders tot leiers verkies is.  Ons Hoofleier vir 2013 is Gideon Zeeman en die Onderhoofleier is Estiaan du Preez.  Met julle twee aan die stuur van sake, kan dit net weer ‘n briljante jaar wees.  Die ander leiers is Michelle Hartzenberg, Jacques Tredoux,  Annette Cilliers, Lumar Schutte,  Nerina Naude,  en Ineke Stemmet.  Die pos van Konsertmeester is vakant.  Jacques Tredoux sal waarneem totdat ek die konsertmeester gedurende Januarie 2013 aanwys.

Baie geluk aan ons trofeewenners:

1.         BESTE VORDERING           Alexander de Kock
2.         BESTE SOLIS                    Michelle Hartzenberg
3.         LEIER VAN DIE JAAR         Gideon Zeeman
4.         MEELEWINGSTROFEE        Estiaan du Preez
4.         BESTE ORKESLID              Gideon Zeeman

Ek is baie trots op hierdie span orkeslede – julle verdien hierdie trofees.  Soos wat ek Saterdagaand ook vir die orkes gesê het, ELKE orkeslid verdien elke trofee soos hierbo genoem.

Net ‘n kort epos met die volgende reëlings:

1. OUERAAND

Vanaand se oueraand sal ongelukkig verskuif moet word.  Die toeragentskap het nog nie al die inligting vanaf Amerika ontvang nie en hy kon  nie die kwotasie en voorlegging voltooi nie.  Sodra hierdie in plek is, kan ons ons oueraand hê.

2. OEFENPROGRAM

A.g.v. al die ekstra klasse hierdie week, sal ons NIE Dinsdag kan oefen nie.  Gideon het die orkes bymekaar gekry en hulle het besluit om Vrydag 14:30 – 17:30 vir Saterdagaand te oefen.

Gedurende hierdie oefening kry die kinders die Kerssangdiens se musiek en gaan ook voorberei vir Saterdagaand se Vlootorkes Gala-aand.

3. VLOOT GALA-AAND

Die reëlings is soos volg:

3.1 Die jaarlikse Vlootorkes Gala-aand vind plaas op Saterdagaand 3 November in die ZK Mattheuws Ouditorium.  Dit is ‘n absolute hoogtepunt om hierdie prestige geleentheid saam met ministers, generaals, burgemeesters ens. by te woon.

3.2 Ons vertrek om 16:30 vanaf die skool per bus en die seuns moet klaar hul konsert hemp en broek aantrek en die meisies trek hul orkes T-hempie en denim aan en trek klaar by UNISA aan.  Ons stel om 17:00 op met klanktoetse en begin 18:00 speel.  Dan moet ons binne protokol begin werk – dus is tyd van kardinale belang.  Ons sit weer langs die rooi tapyt en speel waar al die groot koppe arriveer! 

3.3       Ons ouers sit enige plek in die ouditorium en ek wil u ten sterkste aanraai om reeds 18:20 u plekke in te neem sodat u ‘n goeie sitplek kan kry. Die drag is formeel.

3.4       Daar is NIE ‘n bus na afloop van die konsert nie.  Die kinders ry saam met hul ouers huistoe en die kinders moet hul instrumente en staanders saam met hulle neem.

Vriendelike groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


Tuesday 23 October 2012

ABRAM KRIEL KINDERHUIS 2012

Geagte Ouers.

Aangeheg sal u ‘n opdatering van ons Jaarprogram vind asook die tradisionele wenslysies van die Abram Kriel kinderhuis (Langlaagte).

1. JAARPROGRAM [Opgedateer bo-aan die blog - Ed]

1.1 Ek het per abuis die datums op die “Optreelys” nie volgens ons Jaarprogram opgedateer nie. Dis nou reg gemaak.

1.2 Die afsluitingsfunksie vir die orkeslede is op 27 Oktober by Dietrich (sien adres op vorige epos). U laai u kind 17:00 af en laai hulle weer op die laatste teen 20:30 op. Onthou die R20 wat by Dinsdag se oefening inbetaal moet word.

1.3 Die Vlootorkes se Gala-aand is 3 November. Sien Jaarprogram vir detail.

2. ABRAM KRIEL KINDERHUIS

2.1 Ons orkes is al die afgelope paar jaar betrokke by die Kersfeeswenslysies van die Abram kriel Kinderhuis te Langlaagte.

2.2 Ons het die afgelope paar jaar dit reg gekry om vir ELKE kind ‘n persentjie te kon gee. Orkeslede het hul sakgeld al ingeboet hiervoor, familie en vriende word betrek. Dis nou weer sulke tyd.

2.3 Die wenslysies het gearriveer. Ek heg dit aan. Kyk asseblief daarna en laat weet my vir watter kinders in watter huisie u en u vriende en familie gaan instaan.

2.4 Hierdie is uiters moeilik om te koordineer, daarom versoek en die volgende:

2.4.1 Epos asseblief of u betrokke wil wees JA of NEE

2.4.2 Indien JA, moet u vir my aandui watter kinders in watter huisies u voor gaan sorg. U kan my skakel, want dan kan ek dadelik sê of die kind / kinders al gevat is, anders epos alles vir my en ek sal u antwoord. Indien die kind reeds geneem is, sal ek u dadelik plaas by ‘n ander kind wat nog nie geneem is nie maar wat dieselfde geskenk vra of u kan self ‘n ander kind kies!

2.4.3 U sal gereeld opdaterings kry van wie sorg vir wie.

2.4.4 Die kinderhuis se versoek is dat GEEN geskenk bo R200 moet wees nie.

2.4.5 Die kinders het 2 wense neergeskryf. U kan enige van die 2 wense gebruik.

2.4.6 U moet die persente toedraai en slegs die kind se naam en van + die huisie waarin hy/sy is, daarop skryf. Op Kersdag probeer die Kinderhuis om ‘n huislike atmosfeer te skep deur geskenke uit te deel en die kinders te bederf. U MAG NIE U EIE NAAM OP DIE PAKKIE SKRYF NIE! Geen vorm van u eie inligting / identifikasie mag saam met die geskenk gaan nie.

2.4.7 Al die geskenke moet op die laatste teen Vrydag, 2 Desember by my wees. Die leiers en ek neem dan die persente na Abtam Kriel Kinderhuis se kantore te Langlaagte.

Ek wil u almal weer versoek om u vriende en familie hierby te betrek. Kom ons kyk of ons weer hierdie kinders se hart kan bly maak!! Ons orkes het baie om voor dankbaar te wees, daarom kan ons nou terug gee aan ander wat nie so bevoorreg is soos ons nie.

Ek versoek asseblief dat u elkeen op my epos moet reageer sodat ek weet of u betrokke gaan wees aldan nie.

Ek sien met groot afwagting uit na u antwoorde en kinders se name!!


Groete!

Danie


Daar is nege huise wat relatief onafhanklik funksioneer om sover moontlik 'n huislike atmosfeer te skep.  Elke huis het spesifieke behoeftes of wense waarin almal in die huis deel.  Hier is die opsomming van elke huis se wense:

Click om te vergroot:










Individueel gee die volgende tabelle 'n oorsig/idee van die kinders se wense vir kersfees.

Click om te vergroot:











D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755