Monday 11 July 2011

Klofie Konsertorkes!

As ek terugdink aan die laaste paar dae, dan besef ek weereens hoe trots ons op julle is....Julle is baie spesiale kinders met wonderlike talente! As julle op daardie verhoog stap kan mens beswaarlik glo dat julle net tieners is en glo my, julle laat die trane rol! Ons werk saam, lag saam en is almal maar ook soms bietjie moeg! Ek weet dat ek soms maar bietjie "scary" is, maar dit maak my nie minder lief vir julle nie! Ek geniet julle grappies en uitbundige lewenslus! Dit is pret om na julle te luister en die drome in julle blink ogies te sien!

" Every great dream begins with a dreamer. Always remember, you have within you the strength, the patience, and the passion to reach for the stars to change the world".
Harriet Tubman

Nana

No comments:

Post a Comment