Wednesday 13 July 2011

Optrede Huis Luckhoff in Rondebosch

Die mense van Huis Luckhoff ouetehuis in Rondebosch  het die optrede geweldig baie waardeer en daar was baie trane gestort na die optrede - inwoners sowel as orkeslede.  Dit raak eenvoudig net 'n snaar wanneer ouetehuis inwoners soveel waardering toon dat die orkes spesiaal vir hulle kom speel het; en dit al die pad van Pretoria af!

Die optrede het egter met groot drama begin toe die bus in die tehuis se hek vasgesit het vir twintig minute.  Niemand kon in of uit nie en die bus kon glad nie vorentoe of agtertoe nie want die dryfwiele het in die lug gehang as gevolg van 'n watersloot.  Tussen Theunis en Ivan het hulle 'n plan gemaak en terwyl ons ander toegekyk het in verbasing, het Ivan met sy Land Rover die bus uit die sloot gesleep!  Well done julle 3, Land Rover het sy ding gedoen!

Die orkes is nou besig om saam met Hans Nel aan 'Mailcoach' te werk en dit klink puik.  Ons kan nie wag om dit môre te hoor nie.

No comments:

Post a Comment