Tuesday 5 July 2011

FINALE TOERREëLINGS: 5 Julie 2011

1.    Almal wat Blackberry selfone het, "Invite" vir Maestro by 27420A86.  Dit en die Blog is van nou af die bron van kommunikasie!!

2.    Woensdag, 06 Julie om 14:00: 

2.1    Piet, Ebert en Estiaan pak die klankstel uit, toets en verpak in die sleepwaentjie.
2.2    Ebert pak die orkes se "banner" in.
2.3    Ons neem die waentjie na Oom Theunis Tredoux.

3.    Donderdag, 07 Julie:

3.1    GEEN oefening
3.2    Slegs die leiers vergader om 11 uur by Mug N Bean in Woodlands. Bring julle programme saam.
3.3    Die volgende instrumente word om 14:00 in die Geraaswa verpak en die volgende orkeslede moet teenwoordig wees (sien jou program!):

        a.    Dromstel - Gideon
        b.    Elektriese dromstel met kragdraad - Estiaan
        c.    Percussion - Lumar
        d.    Kitare, Amps en "leads" - Jaco, Marko, Daniël V., Heinrich, Stefan
        e.    Keybord met kragdraad - Izahn
        f.     Elektriese klavier met kragdraad - Oom Jannie Hartzenberg.
        g.    Maestro se klein podium - Lumar / Ebert

3.4    Die hele orkes moet 23:00 op die parkeerterrein wees.  Ons pak die bus.

3.5    Die bus vertrek 00:00.

4.    Onthou om jou warm beddegoed saam te neem asook 6 mooi skoon wasgoedpennetjies en ALLES wat op die saamvat-lys is.

5.    Nuwe lede, onthou jou temas se klere...

Sien julle almal dan Donderdagaand 23:00 by die bus!!

Maestro

Ps - Almal wat laat is, sit voor in die bus en ons wag vir niemand nie!!!

No comments:

Post a Comment