Wednesday 30 July 2014

Danie Epos nr. 14: 30 Julie 2014

Geagte ouers.

Jammer vir die e-pos droogte wat uitgebreek het.  Dit gaan nou weer beter en kommunikasie sal nou weer tot normaal herstel!! J

Ons gaan nou nogals in ‘n besige tydjie in met baie hoogtepunte.  Die heel eerste hoogtepunt is die verwelkoming van ons nuwe afrigter eerskomende naweek.

    1.     BESONDERE PRESTASIE

Baie geluk aan ons Onderhoofleier, Alexander de Kock, wat uitgenooi is om saam met die Stuttgart Jeugsimfonie-orkes op te tree tydens hul besoek aan Suid-Afrika.  Baie geluk Alexander, ons is trots op jou.

Alex de Kock


    2.     WEEKPROGRAM & NAWEEKOEFENING: 1 & 2 AUGUSTUS

DAG
TYD
BESKRYWING
Donderdag, 31 Julie

GEEN oefening.
Die saal word deur die Klofie Kultuurfees gebruik en van ons orkeslede neem deel.
Vrydag, 1 Augustus
14:30 – 15:00
15:00
17:30 – 18:00

19:30

20:00

21:00 – 21:15
Baie streng uitpakinspeksie.  Kinders wat hierdie inspeksie weereens aflag, sal met 15A gestraf word.
Oefening begin o.l.v. Mnr Danie.
Aandete.
Voorbereidingsoefening vir mnr Jaco se verwelkomingskonsert o.l.v. Mnr Danie.
DRINGENDE VERGADERING:  Al die ouers wat wil help met ons Orkes se Gala-aand op 18 Oktober. 
Die organiseerder is Carin Hartzenberg:  082 5597 118
Tee.
Oefening gaan voort.
Opruim van skoolsaal.
Saterdag, 2 Augustus
09:00
09:30

Ligte ontbyt in personeelkamer.
Lede wat inspeksie gedruip het ontvang 15A en staan weer uitpakinspeksie.
Berei Dome voor vir Bring-en –Braai.
Oefening begin o.l.n. Mnr. Danie.
Tee.
Oefening gaan voort.
Middagete.
Mnr. Jaco neem amptelik oor.

Voorbereidings vir Konsert en braai o.l.v. Mnr. Danie

Verwelkomingskonsert.
Mnr. Jaco neem oor.

Bring-en-Braai en ‘n verwoestende lekker warm kuier in die Dome J.

Orkes ruim op.

2.1               Bring-en-Braai:
Vriendelik versoek ek u almal om die braai by te woon.  Ons moet almal mekaar nog beter leer ken, so ook vir Jaco en Ané.  U ondersteuning en bywoning sal hoog op prys gestel word. U het reeds die uitnodiging met detail ontvang.

Ek vir vriendelik vra dat ons Pa’s asb charcoal vir die braaiers sal saam bring en indien u ekstra hout het vir die konkas sodat ons lekker warm kan kry! J

Daar sal tafels en stoele uitgesit word.

PARKEER ASB. BINNE DIE SKOOLTERREIN.  Daar is parkering onder die afdakke by die tennisbane langs die Dome.  Moet asb. nie buite parkeer nie, dit is onveilig.

2.2               Etegelde
Daar is nog verskriklik baie R80’e vir etes uitstaande.  Vereffen asseblief hierdie rekeninge so gou moontlik by Anneke Vermaak.  



    3.     KLOFIE KULTUURKARNAVAL

Baie baie dankie aan ons gasheer en gasvroue wat so hard werk agter die skerms vir die Musiek Gala-aand op 6 Augustus.  Neem asseblief dat daar nie op Vrydagaand 8 Augustus nog ‘n Gala-aand is nie (ek het dit verkeerd gehad).

Die gasheer en gasvroue moet hul geld direk by die kantoor inbetaal (u kind kan dit ook gaan inbetaal).  Dan ontvang u ‘n koevert met u tafel se kaartjies in.

    4.     OUERAAND

Datum: Maandagaand, 4 Augustus
Tyd:       19:00
Plek:      Ouditorium

Sake wat aandag sal moet geniet:
Opening:     Alexander de Kock  (Onderhoofleier)
Verwelkoming:         Lumar Schutte (Hoofleier)
a.       Nuwe dirigent deel sy visie met ons, organogram ens. (Mnr Jaco van Staden)
b.      Jaarprogram en oefentye saam met die nuwe dirigent (Mnr Jaco van Staden en Mnr Danie Smith)
c.       Terugvoer aan al die ouers i.v.m. die Gala-aand, 18 Oktober (Mev. Carin Hartzenberg)
d.      Sake wat Mnr van Staden nog wil aanraak.
e.      Algemeen

    5.     NASIONALE JEUGKUNSTEFEES GALA-AAND

Die Kunstefees Gala-aand vind plaas op Saterdagaand, 30 Augustus.  Meer detail volg later.

Die sluitingsdatum om kaartjies te koop in 6 Augustus.  Ons moet dan die geld oorbetaal en dan ontvang ons ons kaartjies.  U sal moet spring omdat daar beperkte sitplekke is en ons kan GEEN sitplek reserveer nie.  Dit is kaartjies met kontant!

Kaartjies kos R65 per persoon en moet op die laatste 6 Augustus IN KONTANT by die kantoor inbetaal word.  HIERDIE GELDE MOET NIE ELEKTRONIES INBETAAL WORD NIE. Ek het reeds die elektroniese inbetalings laat oorplaas.  Die eerste 30 ouers wat betaal kry die kaartjies.  U kan soveel kaartjies koop as wat u wil hê – daar is nie ‘n beperking op die aantal kaartjies nie.

Vriendelike groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755









Maandagoggend se optrede vir die skool: 

Skoolhoof: Mnr Daan Potgieter

Adjunkhoof: Mnr Burger Lindeque

Opwarm: Stilte voor die storm!

As Klofies iets doen, doen hulle dit ordentlik: Daar was ook 'n  Laservertoning 

Sarah en Nina

Siebert en Alex

Louise

Damien (Bernard en Frané)
Izahn, Alicia en Kudu (voor Innibos was sy Noenoe)

Elmarie en Lara




Mnr Neils de Villiers, Mev Barbara Olivier, Libbe Loubser en Carli Loock



  







Wednesday 23 July 2014

Epos 1/3 23 Julie 2014

Geagte ouers.

Baie welkom terug na die heerlike opwindende Innibostoer.

     1.       INNIBOS

Gun my die geleentheid om te versoek om hierdie bedankings tydens ons oueraand te doen.  Ek is so verskriklik dankbaar vir alles dat ek dit baie graag vir die laaste keer al my bedankings in persoon sal wil doen.

     2.       KULTUURKARNAVAL

Die karnaval is al op ons en ons sal moet wikkel om ons kaartjies te verkoop vir die tafels van ons musiekaand op Woensdag, 6 Augustus.  Hierdie is waarlik ons heel eerste spoggeleentheid by die skool vir 2014.  Rig asseblief alle navrae aan Mev. Carin Hartzenberg.  Ons gasvroue en gashere moet haar asseblief dringend kontak vir verdere reëlings. 

U sal eersdaags ‘n epos in hierdie verband ontvang.

Die Kultuur Gala-aand is 8 Augustus.  Ons tree by albei geleenthede met konsertklere op.

     3.       JAARPROGRAM

Die jaarprogram is vir u aangeheg.  Kyk asseblief daarna en help ons om te verseker dat ons met elke oefening en elke optrede ‘n volledige orkes teenwoordig het.

     4.       NAWEEKOEFENINGE

Ons naweekoefeninge gaan voort soos aangedui op die jaarprogram. 

     5.       TSHWANE JEUGKUSTEFEES GALA-AAND

5.1               Die gala-aand is saterdagaand 30 Augustus in die Staatsteater.
5.2               Daar is slegs 60 kaartjies beskikbaar.  Kaartjies is R65 per kaartjie en word by die kantoor inbetaal.  Ek het nog nie ‘n verwysing vir elektroniese inbetalings gekry nie, maar stuur die verwysing so gou moontlik.  Die eerste 60 wie se gelde inbetaal is kry die kaartjies!!
5.3               Leerders kan gelde kontant al gaan inbetaal onder STAATSTEATER.  Maar moet asb nog NIE elektroniese inbetalings maak voordat ons ‘n verwysing het nie!!

Nou ja, dit was ‘n mondvol!!

Groete.

Danie

[Die jaarprogram is bo-aan die blog geplaas asook Innibos foto's wat ons van een van die amptelike fotograwe van die Innibos fees ontvang het]

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755















Tuesday 15 July 2014

INNIBOS 2014 Verhoogfoto's

Die volgende foto's is deur die professionele fotograaf Werner Pretorius geneem en aan ons gestuur.  Dit is geneem tydens die Skouspel vertoning Saterdagaand: