Wednesday 26 November 2014

Einde van 'n Era: Klofie-orkes saam met Kaleidoskoop - Billy Jean (Video)

Op 18 Oktober 2014 het die Klofie-konsertorkes saam met Kaleidoskoop opgetree in die Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk Ouditorium as deel van die Pryswennerskonsert/Gala-aand vir hierdie jaar.  Om die standaard te handhaaf wat hierdie jaar se orkes behaal het gaan nie maklik nagedoen word in die nabye toekoms nie maar dit is volgende jaar se probleem.

Hier is die lang verwagte "live" video-opname van die stuk "Billie Jean" van Michael Jackson saam met een van die beste Afrikaanse musiekgroepe tans in Suid-Afrika - "Kaleidoskoop".


Die video is ook op YouTube beskikbaar by: 


Die DVD is beskikbaar en diegene wat reeds bestel het kan vir Jaco kontak om hul DVD's af te haal.

Friday 21 November 2014

Tyd om 2014 te begin afsluit ...

Dit is al amper tyd om kersinkopies te begin doen en die jaar af te sluit. Dit was een van die vreemdste jare in die 10 jaar wat ons by die orkes betrokke was maar dit is lekker om nou terug te kyk na die pad saam met die orkes hierdie jaar.   Nog nooit was twee jare dieselfde nie en volgende jaar sal sekerlik nie anders wees nie.

Om 'n orkesouer te wees is nie maklik nie. Jy moet maar eenvoudig (figuurlik gesproke) op die bus klim en kyk waar die pad jou vat.  Dit is waarom ek kon identifiseer met Kaleidoskoop hierdie jaar- hulle klim op die bus en kyk waar die pad uiteindelik uitkom - dit is nie die eindbestemming wat belangrik is nie maar die manier hoe hulle daar gekom het wat die beste stories vertel.

As jy 'n passie het vir musiek dan klim jy maar net op die bus en kyk waar die pad jou vat! - sterkte  vir alle orkesouers volgende jaar!   ;)


Saturday 8 November 2014

Klofie-Orkes Pryswennerskonsert 18 Oktober 2014 deel V: Gala-aand deur Pieter Cairncross

Die laaste in die reeks foto's van die Gala-aand. 

Baie dankie Pieter Cairncross vir  hierdie foto's:




.... en hier is die storie van die Klofie-orkes vir 2014 ......











































































































.... en dit is die storie van die Klofie-orkes vir 2014 ...


Fin