Monday 23 April 2012

Danie Epos nr 13: 24 April 2012


Geagte ouers.

In die eerste plek wil ek vir u almal baie dankie sê vir u ondersteuning, belangstelling en begrip in die tyd toe ek in die hospitaal was en daarna.  Ek waardeer dit ongelooflik baie!!  Die orkes en orkesleiers is ongelooflik – hulle het so mooi aangegaan en presies geweet wat om te doen en hoe om dit te doen.  Dis nou wanneer ek die vrugte pluk van konsekwentheid en goeie leiers!

Nou ja, terug by ons werk!

     1.     PROGRAM VIR DIE WEEK

1.1          Dinsdag, 24 Maart:  Normale orkesoefening 14:30 – 17:30.
1.2          Donderdag, 26 Maart:  GEEN oefening.  Die seuns wie se name by punt 5 genoem is, moet dringend om 14:00 in my klas wees.

     2.     SPUR

2.1          Baie dankie aan elke orkeslid wat Sondag by die SPUR gewerk het.  Baie dankie ook aan die orkeslede wat individueel opgetree het en so pragtig musiek gemaak het.
2.2          Ons het weer so R2000.00 wins gemaak en ons het nou al meer as R4000.00 so ingesamel.
2.3          Elke orkeslid wat teenwoordig was, kry more tydens die oefening hul “tips”!  Net weer vir duidelikheid – die orkeslede moet hul “tips”met die helfte deel en aan hul SPUR-kelner gee.  Daarna word al die fooitjies in die poel gegooi en gelykop gedeel tussen al die kinders wat die dag betrokke was.
2.4          Baie dankie aan Carin Hartzenberg wat die hele projek organiseer en administreer.  Enige navrae kan direk aan haar gerig word.
2.5         Volgende SPUR-dag is 20 Mei.

     3.     “BACK TRACKS”

3.1          Ek wil u weereens aanmoedig om u kind te motiveer om ‘n boek of twee met ‘n CD te kry om mee saam te oefen en te speel.  Dit motiveer die orkeslede ongelooflik en stel hulle so mooi bloot om saam met die cd op te tree.
3.2          Hierdie cd’s kan ook by familiegeleenthede ensovoorts gebruik word.
3.3          Ek voel ook dit ontwikkel die kind se selfvertroue en gee hom of haar die geleentheid om te kan optree.
3.4          Baie orkeslede kry nooit die geleentheid om as solis op te tree nie a.g.v. die struktuur in die orkes. Hierdie gee enige orkeslid die geleentheid, want ek laat hulle toe om op te tree – enigste vereiste is dat hulle die musiek baie goed moet ken!

    4.     KKF

4.1          Ek wil baie dankie sê vir die volgende orkeslede wat vir die Klofie Kunstefees (KKF) inskryf:
4.1.1     Ruan (Tenoorsaksofoon)
4.1.2     Michelle (Sopraan en Altsaksofoon)
4.1.3     Anri (Dwarsfluit)
4.1.4     Anri en Michelle (duet)
4.1.5     Animé (Viool)

Julle gaan ons sommer baie trots maak!!

    5.     KONSERTKLERE

5.1          Ons konsertklere is bykans klaar.  Ons gaan nou begin met finale passings en ek wil ‘n dringende beroep op u en u kind doen om by hierdie datums te hou.  Indien ‘n kind nie opdaag nie, kan die klere nie betyds klaar wees nie.
5.2          Die volgende seuns moet almal Donderdag om 14:00 in my klas wees vir hul finale passing:
5.2.1     Basson, Zanro, Alex, Richard, Ruan du Randt, Damien, Renier, Simon, Stefan, Stephan, Lumar, Armin, Paul, Nicolaas, Carel, James, John, Siebert, Neil.
5.2.2     Die meisies se klere is klaar en hoef nie gepas te word nie.

   6.     OPNAMES

6.1          U moet asseblief die volgende nagaan en my laat weet of alles reg is:
6.1.1     Uitstaande naweekoefening etegelde
6.1.2     Afwesighede
6.1.3     VSA-verblyf:  Ek kort nog verblyf vir 4 groepies van 2 studente en vir 5 volwassenes. 
           Ek sal dit baie waardeer indien daar nog ouers is wat ons kan help.  Onthou ook die dag saam met die VSA-orkes op Saterdag, 23 Junie 2012 en Sondag 24 Junie tree ons saam met hulle op by die Botaniese Tuine tussen 12:00 – 15:00. [Onthou ook die link na hul skool se webblad bo-aan die blog - Ed]
6.1.4     Kampgelde:  Die kampgeld is R2,150 en die braai is R75 per person.  Ek het dit reeds bymekaar getel soos wat u dit vir my deurgegee het.  Inbetalings is ook reeds afgetrek.  Maak ook asseblief seker dat hierdie bedrae reg is.  Indien u nog moet bespreek vir die braai (onthou om u orkeskind by te tel!!), moet u my spoedig laat weet.

                [Soos gebruiklik word finansies en ander vertroulike inligting nie op die blog
                gepubliseer nie.  Verwys asb na die aanhangsel aan die oorspronklike epos vir hierdie 
                inligting - Ed]
             


Rustige week vir u!!

Groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

Sunday 22 April 2012

Irene Village Mall WILD HAWK SPUR 22 April 2012

IRENE MALL WILD HAWK SPUR

Dawid van der Walt: Eienaar van die Wild Hawk Spur

Die Klofie Orkes is vandag weer kelners by die Irene Mall Wild Hawk Spur terwyl die soliste weer die musiek verskaf.  Kom spandeer gerus die middag saam met ons hier.  Die atmosfer is lekker lui en rustig en ons is hier tot 16:00.  Fotos sal so af en toe opgelaai word.





























mmm   wat het ons hier . . . . ?

O  k   . . . .   BAIE om van te kies mmmmmmm . . . ..

GOTCHA!!!!!!!!!!! MUWHAHAHA   (Evil Laugh)






















































Besering aan diens !