Monday 30 January 2012

Danie Epos nr 3: 30 Januarie 2012

Geagte ouers.

     1.     NAWEEKOEFENING

1.1               Baie dankie vir al die orkeslede se samewerking en teenwoordigheid die afgelope naweekoefening.  Ek wil dit egter net weer beklemtoon dat ons naweekoefeninge uiters belangrik is om by te woon – dit is die geheim van ons sukses.
1.2               Eerskomende naweek is dit Februarie se naweekoefening en daarna een keer per maand.  Ons gaan hierdie naweek ‘n vollengte naweekoefening hê soos wat dit op ons program aangedui is.  Die etegeld vir die hele naweek is R60 per orkeslid.  Die doelwit vir die naweek is om ons soliste uit te sorteer en ook om Queen se musiekstuk klaar te maak.

     2.     FEBRUARIE BEPLANNING

2.1               Ek heg vir u die beplanning vir Februarie aan.
2.2               Vriendelik versoek ek dat ons ons orkesoueraand op Maandagaand, 6 Februarie 2012 om 19:00 in die Ouditorium sal hou.  Ons behoort hierdie week klaar te maak met ons werwing. Sake wat ons tydens die oueraand moet bespreek is o.a.
2.2.1          Oefeninge en hulp benodig vir die jaar (etes, konsert)
2.2.2          Kaapse toer
2.2.3          SA’s te Empangeni
2.2.4          Formele konsert

     3.     OPTREDES

Optredes wat reeds bevestig is, is reeds op die Jaarprogram aangedui.  Optredes gedurende skoolure word tot die minimum beperk.  Dit wat op die program is, is die enigste optredes binne skoolure.

Optredes moet asseblief deur elke orkeslid bygewoon word.  Dit sluit leerders buite Waterkloof ook in asseblief.

     4.     VERSKONINGS

Ouers, ek wil ‘n dringende beroep op u en u kind doen rakende verskonings.  Moet asseblief nie wag met verskonings tot direk voor ‘n optrede of ‘n oefening nie.  As ek betyds weet van verskonings, kan ek iets daaraan doen soos byvoorbeeld om ‘n oefening te herskeduleer.  Vir optredes kan ek NIKS daaraan doen nie.  Daarom vra ek dat u my hierin moet ondersteun.  Daar is soms tot 13 afwesighede op ‘n slag en dan neem u my kwalik as ek ongelukkig is.  ELKE kind is belangrik by ELKE oefening en optrede.  Kom ons vat hande en sorg dat elke kind by elke optrede en oefening is.  U hulp in hierdie verband sal regtig waardeer word.

Ons sal hierdie aangeleentheid  weer aanraak tydens die oueraand.

Vriendelike groete!
Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!


Monday 23 January 2012

Danie Epos nr 2: 23 Januarie 2012

Geagte ouers.

Ek hoop dat dit sommer nog baie goed gaan met elkeen van u!!  Vind hierby aangeheg ons Jaarbeplanning vir 2012.

Graag deel ek die volgende inligting met u:

     1.     OEFENINGE

Die Leier aan Diens vir hierdie week en naweekoefening is Jacques Tredoux.

1.1               Donderdag, 26 Januarie 2012:            
1.1.1              14:00 – 14:30      Orkeslede koop iets te ete by snoepie en maak saal gereed.
1.1.2              14:30 – 16:00      Oefening en klanktoets.
1.1.3              16:00                   Orkeslede gaan trek hul LO-hempies en denims aan en maak gereed vir Druppelkonsert.
1.1.4              17:00 & 19:00     Druppelkonsert.  Dit behoort teen 20:00 klaar te wees.  Dan pak ons op en ruim op.
1.1.5              Die orkeslede moet iets te ete saambring vir tussen die twee konserte.  Bring ook genoeg water saam.

1.2               Ons begelei die Druppels met die skoollied en gaan dit ook saam met hulle oefen soos op die program aangedui vir Woensdag en Donderdag.

     2.     NAWEEKOEFENING

2.1               Die naweekoefening se inligting verskyn op die aangehegte program.
2.2               Etegeld vir hierdie naweek is R40 en word Vrydag by Michelle inbetaal (geld in koevert met leerder se naam en bedrag daarop).  Ons sal tydens die Oueraand op Maandagaand,      30 Januarie die etes vir 2012 bespreek. 
2.3               Die orkeslede wat verjaar bring vir Saterdagoggend se 11:00 teetyd koek.  Elkeen bring vir ongeveer 10 - 12 lede koek.

Ek kan weens mediese redes nie die naweekoefening bywoon nie, daarom gaan Terrence Cole die naweekoefening hanteer.


Seënwense aan u elkeen!!

Groete!

Danie

'n Opgedateerde Jaarprogram is beskikbaar bo-aan die Blog - Ed

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

Thursday 12 January 2012

Danie Epos nr 1: 12 Januarie 2012

2012

Geagte ouers.

Baie baie welkom terug na ‘n lekker lang rus. Ek hoop dat julle almal my Kers- en nuwejaarsboodskappe op ons blog gelees het.

Baie geluk aan elke orkeslid wat geslaag het.  Ons orkeslede se rapporte het oor die algemeen uitstekend gelyk – ek is baie trots op hulle!!  Ons matrieks het net so goed presteer!  Renée en Rolandi het elke 4 onderskeidings.  Baie baie geluk aan hulle ook!!!

Maar nou ja... “reality check!!”  ... dis 2012, nuwe jaar, nuwe uitdagings en alles begin weer van voor af.  Ek sien weereens baie uit na hierdie jaar en kan nie wag om weer te begin oefen en optree nie.

1.     VOORLOPIGE JAARPROGRAM

Ons voorlopige jaarprogram (waarby ons toerprogram ook ingesluit is!!) is reeds op die blog beskikbaar.  Die blogadres is klofieorkes.blogspot.com.  Laat weet my asseblief dringend indien daar botsings is.  Let veral op die toerdatums, ons SA voorbereidingsweek en die SA datums.

2.     ADRESLYS 2012

Ek heg ons huidige adreslys vir u aan.  Kontroleer asseblief u kind se inligting en maak seker die volgende is volledig en korrek:

2.1               Doopnam en ook die noemnaam in hakkies
2.2               U kind se graad (laat klas oop)
2.3               Instrumentnommer
2.4               Musiekstaandernommer
2.5               Kind se verjaarsdag. Laat weet my indien u kind se naam NIE op die verjaarsdaglys op ons jaarprogram is nie.
2.6               Korrekte adres + poskode
2.7               Korrekte eposadres waarheen orkes se eposse moet gaan.  Geskeide ouers kan albei ouers se eposadresse deurgee.
2.8               Korrekte sel en huistelefoonnommers
2.9               Laastens wil ek weet van ernstige mediese toestande / allergieë.

Vriendelik versoek ek u samewerking in hierdie verband.   Stuur asseblief ook ‘n epos indien al die inligting korrek is. 

U reaksie is belangrik sodat ek korrekte inligting het maar ook dan weet ek u kry my eposse.

Agv persoonlike aard van die informasie wat op hierdie lyste verskyn word dit nie op die blog geplaas nie.  Verwys asb na die oorspronklike epos.    -  Ed

3.     OEFENINGE EN OPTREDES

Soos u op ons jaarprogram sal sien, begin ons al volgende week Donderdag te oefen.  Ons eerste optrede is by die Groentjiekonsert die volgende week.  U kind se teenwoordigheid is ongelooflik belangrik tydens hierdie oefeninge, want ons speel ook in hierdie dae uit vir soliste en plekke.  Indien ‘n kind afwesig is wanneer ek hierdie evaluerings doen, verbeur hy/sy die geleentheid.

Ons eerste twee naweekoefeninge is ook sommer baie baie vinnig op ons.  Daarom versoek ek u om asseblief die voorlopige program en datum van eerste oueraand op die blog te kry. 

Mag hierdie jaar WEER vir ons ‘n Jesus-jaar wees propvol opwinding en avontuur, afgerond met harde oefening en ‘n puik positiewe orkes!!

♫-groete!!
Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

Monday 9 January 2012

Maestro se nuwejaarsboodskap 2012



2012...CON GIUBILO!!
   (met jubeling)

Geagte ouers, orkeslede en voornemende orkeslede.

Mag ek u ‘n geseënde 2012 toewens en my gebed vir u is dat die Here u en u gesin seën met gesondheid, voorspoed, vreugde en vrede. Plaas u lewe en alles wat u doen, in die hande van die Heer, vertou op Hom en glo in Hom, dan sal u weë voorspoedig wees.

Jesaja 41:8-20 “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, EK IS JOU GOD.”

Ek sien met groot opgewondenheid (con agitazione) baie uit na ons orkesjaar wat voorlê. Ons het ‘n paar baie interessante struikelblokke om te oorkom, nuwe soliste moet aangewys word, nuwe lede moet gewerf en opgelei word ensovoorts, maar nou ja, wie is bang vir ‘n paar struikelblokkies!!! Beslis nie ek en die orkes nie!

Hoe kan ek die jaar opsom?

Oefeninge?       Con abbando, con diligenza
Musiek?           Con precisione, grandezza, con gusto!
Orkeslede?      Con spirito, con vita

Ja, dis ons jaar in ‘n neutedop; ons gaan met oorgawe en met ywer oefen. Ons musiek is met groot presiesheid en met grootsheid, het smaak en styl en ons orkeslede oefen en tree op met geesdrif en lewenslus. 

Dis die konsertorkes!!

En ons ouers? Hoe sien ek en u kind u hierdie jaar??

Con agitazione, con abbondono, con amore, con brio, con forza en con fuoco, con giubilo! Dit beteken:

Ons het u met opgewondenheid, oorgawe, liefde, geesdrif, met krag en vuur en laastens, met jubeling in u harte nodig. 

ONS KAN NIE SONDER ONS OUERS FUNKSIONEER OF PRESTEER NIE. Ek doen ‘n beroep op u om my hande sterk te maak en saam met my die pad te stap, afwesighede te beperk en u kind te motiveer. Daarmee kan ons saam sukses bereik. 

Alles wat mooi is vir 2012!!
Maestro

Die Jaar- Oefen en Optrede Program is beskikbaar op die "Menu Bar" aan die bokant van die Blog  - Ed

Sunday 8 January 2012

En daar klap die skoot vir 2012 . . . . . . .


Ek wed baie van julle het nog nie hierdie skets van Maestro gesien nie  . . . lol   Ed.
(www.klofie-orkes.co.za)

Hier is solank ons optredes vir 2012 vir die BLOG.  Rest to follow... soon......
D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!