Wednesday 31 August 2011

Danie Epos nr 21: 31 Augustus 2011

Geagte ouers.

Ek hoop dat dit nog sommer baie goed gaan met julle almal! 

1.    WEEKPROGRAM

Baie dankie aan almal wat moeite gedoen het om die orkeslede by die begrafnis te kry.  Marzanne se ouers is baie dankbaar vir wat ons gedoen het en kon nie genoeg dankie se nie.

1.1    Donderdag, 1 September:    Orkesoefening.
1.2    Naweekoefening en ontvangs van die Hahnbacher Marktbläser (Hahnbach Marsorkes) van die Beiere distrik.

VRYDAG (14:00 - 21:00):
12:00    Hahnbacher Marktbläser land by OR Tambo
14:00    Orkes gereed op verhoog, wag vir die besoekers. Ontvang besoekers met musiek, melktert en koeksisters!
            Nadat besoekers ingedeel is en saam ons orkesouers gery het, gaan ons voort met oefening. Etegeld is R30.
19:00    Hahnbacher Marktbläser sluit by ons aan om Michael Jackson en Africa saam met ons te repiteer.

SATERDAG:
09:00    Kom by skool bymekaar met nuwe dagdrag klaar aangetrek (sien punt 2).
11:30    Optrede by Goeie Hoopskool.

SONDAG:
12:30    Bus vertrek.  Konsertklere (sien punt 2).
14:30    Optrede by die SARIE Food and Wine Show.  TOEGANG R40 VIR ORKESOUERS EN R15 VIR KINDERS. Normale prys is R80.
15:00    Optrede saam met die Hahnbacher Marktbläser - Michael Jackson en Africa
15:10    Optrede van die Hahnbach-orkes.

2.    KLEREDRAG

2.1    DAGDRAG:

MEISIES:
a.    Nuwe romp en bloes
b.    Konsert skoene
c.    Konsert sykouse
d.    Netjiese ponie
e.    SA-baadjie (juniors dra die skoolbaadjie).
f.    Trek tuis volledig aan.

SEUNS:
a.    Gewone wit skoolhemp met gewone kraag MET 'n boonste knoop.
b.    Nuwe strikdas.
c.    Konsert langbroek met swart kouse, swart gordel en netjiese skoon swart skoolskoene met skoenrieme (SONDER allerhand buckles en goeters).
d.    SA-baadjie (juniors dra die skoolbaadjie).
e.    Trek tuis volledig aan.

2.2    KONSERTKLERE

Soos wat ons dit nou al gewoond is. Net die volgende:

a.    Meisies trek 'n netjiese denim met orkes drimac aan.
b.    Seuns trek klaar aan met hul drimac bo-oor die konserthemp.  JY LOOP NIE SONDER JOU DRIMAC NIE!!!
c.    Seuns kry onderbaadjies en krawatte by optrede en die meisies kry hul konsertklere by me Susan Tredoux by die optrede. 
d.    Meisies se hare moet klaar in 'n uiters netjiese ponie wees en behoorlik styf gespuit wees - dis 'n buitelug optrede!!

Kinders wat nie by my klere reëls hou nie, moenie kwaad wees as hulle in die bus bly nie, veral die meisies wat soms uiters slordig lyk wanneer hulle by die venue hul konsertklere moet gaan aantrek.

3.    HAHNBACHER MARKTBLäSER

Belangrike datums en tye wat die hele orkes raak:

3.1    Vrydag, sien punt 1.2 vir ontvangs en optede saam met hulle.
3.2    Sondag se optrede.
3.3    Dinsdagaand 19:00 gaan die duitse orkes saam met hul SA-gasfamilies by die Dros kuier. U almal is baie welkom.
3.4    Vrydagaand, 9 September;  Afskeidskonserte in die Dome:  Ons en hulle gaan lekker saam konsert hou om 19:00. Nooi asseblief al u vriende en familie om hulle te kom ondersteun. Daarna wil ek u almal dringend versoek om na afloop van die konserte saam vleis te braai in die Dome. Hulle wil graag ons kinders Duitse speletjies ens. leer en net lekker saam kuier vir oulaas. Kom braai saam vleis, geniet goeie musiek!!
3.5    Saterdag, 10 September:  Ons oefen en hulle vlieg terug Duitsland toe.


Baie dankie aan die volgende ouers wat na ons Duitse vriende gaan omsien:

Bauermeister-gesin  (Maestro Matthias Fenk en Me Andrea Fenk)
Steenkamp-gesin (Christiaan Daubenmerkl & Stefanie Schuster, Christopher Dotzler & Franziska Wawersig, Mario Winkler & Thomas Fenk)
Theunissen-gesin  (Christian Gebhard & Christof Weiß)
Cilliers-gesin  (Jochen Glaser & Stefanie Glaser)
Van der Linde-gesin  (Johanna Weiß & Marleen Wankerl)
Pienaar-gesin, Andrea  (Marius Wawersig & Matthias Siegert)
De Jongh-gesin  (Markus en Regina Achhammer,  Sophia Hofman & Madlen Rester & Julia Schuster)
Smit-gesin  (Bettina Iberer & Sabrina Gebhard)
Küsel-gesin  (Andrea Enderer Konstantin Hofman).

Ek sal voor Vrydag vir u almal die Duitse toerprogram epos. 

Vriendelike groete!

Danie

Klere Betalings

[Editors Note:  Ek het doelbewus nie die aanhangsel met bedrae hier geplaas nie want dit kan met Susan uitgeklaar word.  Die doel van die post is om almal wat nog uitstaande gelde het (myself ingesluit!)  net daaraan te herinner dat ons haar asseblief nie in die steek moet laat nie. Dit is 'n baie besige tyd maar ons moet nie hierdie basiese dinge nalaat nie. ]


Geagte ouers,

Hierby aangeheg die stand van ons finansies rakende kleregeld inbetalings.  Jammer as ek die draer van slegte nuus is!!!

Susan het alles baie mooi uiteen gesit. Gaan dit asseblief na en rig alle navrae aan Susan Tredoux.

Ons wil baie graag 'n dringende beroep op u doen om so gou moontlik hierdie uitstaande gelde aan mev Tredoux te betaal sodat ons rekeninge vereffen kan word. U samewerking sal hoog op prys gestel word.  Ons is redelik baie in die rooi en kan nie ons verpligtinge nakom nie.

Al haar detail is in vorige eposse.

Baie dankie vir u spoedige samewerking!!

Groete!

Danie

Tuesday 23 August 2011

Danie Epos 20: 23 Augustus 2011

Geagte ouers

1.    KUNSTEFEESTE

Baie dankie aan al die ouers wat my met die kinders gehelp het tydens die kunstefees asook die Staatsteater. Sonder u hulp sal my werk regtig baie moeiliker wees!!

Die orkes het 'n baie goeie A+ ontvang by die Centurion Kunstefees met baie goeie kommentaar.  Onder uiters moeilike omstandighede het die orkes hul baie goed gekwyt van hul taak.

Die optrede in die Staatsteater was soos gewoonlik 'n hoogtepunt.  Die orkes het ongelooflik mooi gespeel en ons baie trots gelaat!!

2.    WEEKPROGRAM

2.1    Ons Dinsdag en Donderdagoefeninge gaan normaal voort vanaf 14:30 - 17:30. 

2.2    Eerskomende naweek se naweekoefening:  Die skool bied OPPIVELD christelike byeenkoms hier aan vanaf 16:00 - 20:00.  Orkeslede het kom vra dat ons die oefening afstel om hulle die geleentheid te gee om Oppiveld by te woon.  Ek het dit so aangepas, maar nou verneem ek dat omtrent nie een van hulle kaartjies gekoop het nie, daarom voel ek dat ons dan liewers Vrydag moet oefen.  Ek sal die saak vandag tydens die oefening met hulle opneem, want hulle het dan nie ons ooreenkoms nagekom nie.  Ek verwag dat as die orkes vra om 'n oefening af te stel om hulle die geleentheid te gee om iets te mag bywoon, hulle dit dan moet doen, veral in die lig gesien van hoe min voorbereidingstyd ons vir die SA's oor het.  Ek sal graag wil he dat hulle Oppiveld moet bywoon.

Die Superliga van Saterdag is ook afgestel.  Slegs die Saksofoon Oktet gaan Saterdag 9 - 5 oefen.  Aan die einde van hierdie oefening sal ons moet bepaal of die Oktet aan die SA's gaan deelneem of nie.

Vriendelik wil ek weer eens 'n baie dringende en ernstige beroep op u almal doen in verband met die afwesighede tydens oefeninge en optredes.  Ek het regtig 'n groot stryd hier by die skool om oefenplek te kry, en om dit dan nog meer te bemoeilik, is daar tydens elke oefening orkeslede wat laat kom, vroeg loop of glad nie teenwoordig is nie - maak nie saak watter deel hulle van die oefening mus nie, hulle mis ongelooflike belangrike afronding.  As ek aan 'n stuk werk, trap ons dit deur van voor tot agter, verander hier en daar en oefen moeilike dele.  Kinders wat dan nie daar is nie, mis dit en dit skep probleme.

SA's is oor 'n maand en 7 dae met bitter min oefeninge tussen in.  Afwesighede gaan beteken dat ek op 'n punt vir u kind gaan moet sê dat hy/sy nie aan die SA's mag deelneem nie. 

Ek moet u ook meedeel dat ons orkes klink regtig baie goed.  Maar u moet onthou dat tydens 'n SA kompetisie sit die beoordelaars met ons musiek voor hulle.  Dan gaan dit nie net oor hoe goed klink die orkes nie, maar oor hoe goed speel die orkes die musiek volgens daardie bladmusiek wat voor hulle is. En dit is hierdie afronding waarmee ons nou besig is.  Indien 'n orkeslid nie daar is wanneer ons dit doen nie, verloor hulle daardie inligting en dit kan ons penaliseer tydens die SA's.  Ons werk nie elke oefening aan elke stuk nie. Elke oefening vat ek 'n ander stuk en werk daar deur.  Daarom is dit belangrik dat die orkeslede by die oefeninge moet wees.  U hulp en ondersteuning sal werklikwaar waardeer word.

3.    DUITSE ORKES

Baie dankie aan al ons ouers wat ingestem het om Duitse orkeslede te huisves.  Vriendelik versoek ek die volgende ouers om my asseblief te laat weet of alles nog in orkes is en dat hierdie die name is wat ek vir u gegee het:

3.1    Bauermeister-gesin:  Andrea en Matthias Fenk (Dirigent)
3.2    Kusel-gesin:  Andrea Enderer & Konstantin Hofman
3.3    ???             - Christian Daubenmerkl & Stefanie Schuster  (Wie het hulle?)
3.4    Theunissen-gesin:   Christian Gebhard & Christof Weiss
3.5    Steenkamp-gesin (verblyf) en Tredoux (vervoer):   Christopher Dotzler & Franziska Wawersig
3.6    Nana:    Jochen & Stefanie Glaser
3.7    Van der Linde-gesin:  Johanna Weiss & Marleen Wankerl
3.8    Volschenck-gesin:  Mario Winkler & Thomas Fenk
3.9    Andrea Pienaar:  Marius Wawersig & Matthias Siegert
3.10    De Jongh-gesin:    Markus & Regina Achhamer,  Sofia, Madlen & Julia
3.11    Smit-gesin:    Bettina Iberer & Sabrina Gebhard.

Vriendelik versoek ek u dringend om my te laat weet dat dit die regte name by die regte gesinne is.  Kan ons asseblief almal Maandagaand, 29 Augustus om 19:00 viinig in die Ouditorium kan bymekaar kom.

Laastens, kan enige iemand dalk nog help om 2 Duitsers te huisves?  Ek sal dit baie waardeer.

Aangeheg is weer 'n opgedateerde program. Let asseblief daarop dat die optredes van 3 & 4 September verander het.  [Editors Note ;)))    - -   Die aanhangsel op die "Page" blad is met hierdie een opgedateer en dus die heel heel heel (sic) nuutste !  ;)     ]

Groete aan u almal!!

Monday 22 August 2011

Opgedateerde JAARPROGRAM soos op 22 Augustus 2011

Die nuwe opgedateerde jaarprogram is beskikbaar onder "Pages" en is die nuutste soos op 22 Augustus 2011

Tuesday 16 August 2011

Ouervergadering: 15 Augustus 2011

Ten spyte van die koue - bitter koue - het die orkesouers weereens hulself oortref en in groot getalle opgedaag vir die vergadering.  Dit alleen vertel die verhaal van die suksesse wat die orkes hierdie jaar alreeds behaal het.

"Well Done"  Orkesouers!

Danie het die vergadering begin deur terugvoer te gee oor die toer.  Knysna, die V & A Waterfront, asook Port Elizaberth het die orkes uitgenooi om volgende jaar daar op te tree. Komplimente kan nie op 'n beter manier as dit uitgedeel word nie.

Danie het ook vir die kinders groot waardering gehad.  Hy het net lof gehad vir die gedrag van die orkeslede gedurende die toer.  Die dissipline was puik en hy het sover gegaan om te se dat in sy 25 jaar se ervaring met orkeste (wat China, Amerika, Europa insluit) het hy nog nooit so 'n hoogtepunt beleef soos met die afgelope toer nie.

Sake op die agenda was as volg:

1.  Die Galakonsert
2.  Fondsinsamelingsprojekte
3.  Volgende jaar se toer
4.  Die SA's 2011
5.  Staatsteater kaarjies te min
6.  Uitstaande kleregelde
7.  Duitse orkes besoek


1.  Galakonsert


Die Hoof van die Vloot, asook Kommandeur Kenny Leibrandt., dirigent van die Vlootorkes, het reeds aangedui dat hulle die Galakonsert op 15 Oktober gaan bywoon.  Die Hoof van die Lugmag en die dirigent van die Lugmagorkes gaan ook uitgenooi word na die konsert wat in die ZK Mathews ouditorium by UNISA plaasvind.  Die ouditorium kan 'n 1000 gaste akkommodeer.

Die klank en beligting word deur 'n professionele maatskappy hanteer.  Die maatskappy het ook die Vloot se optrede in 2010 hanteer wat in dieselfde teater plaasgevind het.  'n Opname van die konsert gaan op CD vrygestel word.

Die Galakonsert gaan gebruik word om fondse in te samel vir volgende jaar se toer.  Kaartjies kos R150.00 en elke gesin ontvang 20 kaartjies om te verkoop.  Kaartjies word op 'n "first come, first serve" beginsel verkoop wat beteken dat diegenne wat eerste hul betalings maak kan die beste sitplekke bespreek by Nana.

2. Fondsinsamelingsprojekte 

Ouers word versoek om met kreatiewe idees na vore te kom om fondse vir die orkes in te samel.  Om byvoorbeeld 'n toer na Amerika aan te pak is die totale bedrag geld wat ingesamel moet word naby die R1.5 miljoen kerf.  "As jy  gaan . . .  gaan GROOT!"

3.  Toer 2012

Die ouers teenwoordig het oorweldigend gestem dat volgende jaar se toer weer na Knysna en Simonstad sal wees.  Ons werk egter ook daarna om in 2013 na Amerika te toer om daar in 'n internasionale kompetisie te gaan deelneem.

4.  SA's 2011

Die Superliga kompetisie gaan dalk nie plaasvind nie nie.  Danie sal terugvoer gee en as die kompetisie gekanselleer word sal die naweek 'n normale orkesoefening wees.

Die SA's beloof om 'n groot gebeurtenis te wees.  Die oefenweek in September is UITERS belangrik en ALMAL moet it bywoon. Hans Nel gaan moontlik kom help met die afronding van "Mailcoach"

Na afloop van die SA's gaan almal wat wil weer Dros toe in Waterkloof om lekker te kuier - moet dit nie misloop nie - verlede jaar het ons eers 02:30 huis toe gegaan!  Na my mening die lekkerste dag van die jaar!

5.  Staatsteater

Daar is te min kaartjies vir almal vir die Staatsteater Saterdag.  Slegs 63 kaartjies is beskikbaar gestel en diegene wat eerste betaal het, het kaartjies gekry. Die res van ons moet maar wag vir volgende jaar.  Danie sal laat weet as daar op die laaste minuut kaarjies beskikbaar gestel word.  Laat dit 'n les wees! ;)

6.  Kleregelde


Uitstaande kleregelde moet ASB sou gou moontlik met Susan reggemaak word.  Skakel haar om uit te vind wat jou uitstaande bedrag is en betaal die gelde sou gou moontlik in.

7.  Duitse Orkes  


Die Duitse orkes wat Suid-Afrika besoek gaan saam met die orkes optree by Sarie se "Food and Wine" geleentheid.  Die Orkes tree Saterdag en Sondag op (sien jaarbeplanner)  en die Duitse orkes gaan die Sondag saam met die Klofieorkes twee stukke speel.  Nog 'n geleentheid om na uit te sien hierdie jaar!

Oor en uit!


Danie sal 'n email uitstuur om finale reelings te bevestig.


Go Klofieorkes!

Monday 15 August 2011

Danie Epos 19: 15 Augustus 2011

Geagte ouers

In die eerste plek wil ek vir u baie dankie sê vir u geduld met die aanhoudende veranderings op ons oefenprogram die afgelope tyd. Ek waardeer u begrip, want soos ek ook reeds op 'n stadium genoem het, hierdie programveranderings is voorafgegaan deur deeglike gesprekvoering, planne wat ons moet maak ensovoorts. Daarom heg ek weer vandag ons Jaarprogram aan wat weer opgedateer is en meer relevant is.

1.    WATERKLOOF MUSIEKBLYSPEL: GALA-AAND

Die konsertorkes het weereens nog meer prestige aan 'n baie mooi aand gegee. Ons ontvang groot lof uit alle oorde en ons is baie dankbaar daarvoor.

Baie dankie vir die teenwoordigheid van die orkeslede.  Baie baie dankie ook al AL die ouers wat my die hele dag en tot laat bygestaan het met die klere, die klank, oppak na die tyd en vergesel van die orkes terug skool toe.  Sonder almal wat my altyd help en my hande so sterk maak en die hele tyd in die lug hou, sal ons nooit so suksesvol kan wees nie.

Nogmaals baie dankie aan u elkeen!

2.    OUERAAND

Graag versoek ek u teenwoordigheid by vanaand se oueraand om 19:00 in die Personeelkamer.  Dringende sake moet aangespreek word wat nie langer kan wag nie. Die sake wat ons moet bespreek is:

a.    Blog vs eposse
b.    Staatsteater, 20 Augustus
c.    Kompetisies 2011
d.    Formele konsert: 15 Oktober
e.    Beplanning 2012:  Toer - Ja/Nee
f.     SA Kleure vir die meisies.

3.    PROGRAM VIR DIE WEEK

3.1    Maandag, 15 Augustus:    Oueraand om19:00 in die personeelkamer.
3.2    Dinsdag, 16 Augustus:    Orkes oefen 14:30 - 17:30.
3.3    Donderdag, 18 Augustus:    Slegs die Ligtemusiek-ensemble oefen 14:30 - 17:30.
3.4    NAWEEKOEFENING:

Vrydag, 19 Augustus:
14:30 - 17:00    Ligtemusiek-Orkes oefen.
AAND:    Sterkte aan al ons orkeslede wat klasmusiek neem met julle Musiek by Kersligaand!

Saterdag, 19 Augustus:
08:30 - 09:00    Ligte ontbyt.
09:00 - 13:00    Hele Orkes oefen.
13:00 - 13:30    Middagete - onthou jou R30 etegeld asb!!
14:30 - 15:00    Trek aan en maak gereed vir die Eisteddfod.
15:00    Vertrek na die Laerskool Wierdapark vir die Centurion Kunstefees.
16:30    Optrede by kunstefees.
17:00    Vertrek Staatsteater toe.
17:30 - 18:00    Opstel en instem.
18:00 - 18:30    Kleedrepetisie.
19:00 - 19:20    Optrede.
19:20 - 20:00    Oppak en uittrek.
20:00    Orkeslede kan verdaag.  NB!! GEEN bus na afloop van die optrede!! 
21:30    Show maak klaar.

Net die volgende ordereëlings vir Saterdag:

3.4.1.    Die orkeslede moet na elke optrede soos volg aantrek:

SEUNS:    Konsertbroek en konserthemp reeds aangetrek.  Onderbaadjie en krawat in kleresak.  Trek orkes se drimac aan. GEEN KLERE IN DIE HAND SONDER KLERESAKKE!!
MEISIES:    Trek toppie klaar aan by die skool en trek romp by optrede aan.  Trek netjiese blou denim met orkes se drimac aand.  Hare klaar in 'n netjiese ponie soos vir alle optredes. GEEN KLERE IN DIE HAND SONDER KLERESAKKE!!

Die kinders luister nie vir my hieroor nie en ek gaan hulle nou by die skool begin los as hulle nie reg aangetrek is nie, veral as hulle hul drimacs los.  Tot tyd en wyl ons die probleem met die ORKES se drimacs nog nie uitgesorteer het nie, moet die orkeslede wat nie die orkes se drimac het nie, die skool se drimac dra.

3.4.2.    STAATSTEATER:  Daar is 'n dringende versoek dat GEEN ouers agter by die kinders moet ingaan na vooraf, tydens of na afloop van die Kunstefees nie. Indien skole nie hieraan gehoor gee nie, gaan die betrokke skole nie weer genooi word om deel te neem nie.  Ouers moet kinders na afloop van die vertoning by die sydeur agter die teater langs die ou "Volkskas"-gebou vir die kinders wag.

Daar is 'n snoepie in die teater beskikbaar wat gewoonlik heerlike kos en verversingsverkoop. Die kinders kan ook hul eie verversings invat.

3.    TSHWANE JEUGKUNSTEFEES

Daar is 'n groot probleem met die aantal kaartjies van die kunstefees vir Saterdagaand.  Ons het slegs 60 kaartjies ontvang a.g.v. dat dit die Gala-aand is. In die berlede kon ons redelik baie kaartjies kry omdat skole dit nie baie ondersteun het nie. Maar daar is Saterdagaand baie eregaste en min kaartjies vir ons beskikbaar.

Om hierdie saak dus nou baie regverdig te hanteer, kom die kaartjies die ouers toe wat eerste inbetaal het. Maar ek wil tog vriendelik versoek, indien daar ouers is wat bereid sal wees om kaartjies af te staan, u dit vanaand by die vergadering vir ons moet noem. Ek kort 71 kaartjies.  Die ouers wie se geld eerste in was en kaartjies kan kry is:

Renier  x 4
Carli x 2
Gideon x 2
Z Theunissen  x 4
Matthys x 4
Christi-Louise x 8
Daniel Marais x 3
Bernard x 4
Izahn x 2
Jacques Ttredoux x 4
Jaco x 2
Estiaan x 2
Ebert x 4
Basson x 2
Stefan x 3
Werner x 5
Williams x 3
Botha Rolandi x 3
Heinrich x 3

Die teater sal my laat weet sodra meer kaartjies beskikbaar raak.  Programme is by die deur @R10 per program beskikbaar.

Groete en sien u vanaand!!

Danie




Sunday 14 August 2011

Fotos: Atterbury Teater - Klofie Revue Gala-aand 13 Augustus 2011

Die optrede by die Klofie Revue se Gala-aand het die program vir die res van die jaar se reeks optredes ingelei op 'n gepaste wyse.  Die kompetisiegedeelte van die jaar begin nou in alle erns en meeste van die optredes is daarop gemik om die orkes te kondisioneer vir die taai mededinging wat voorlê.

Die momentum wat tydens die toer opgebou is loop nog sterk en daar is 'n positiewe houding onder die orkeslede wat deur hul energieke uitvoering gedemonstreer is.  Danie moes hul gereeld in toom hou soos 'n resiesperd voor 'n wedren ... hopelik 'n goeie teken so kort voor die SA's!  ;)

























Friday 12 August 2011

Affies-optrede afgestel

Geagte ouers

Soos u reeds weet is die Affies-optrede afgestel.  Dit bring mee dat ons nou nie meer hoef te hardloop om tyd te klop nie.

Om tyd te bespaar met die oppak by die Atterbury Teater, sou ek net die Ligtemusiek Orkes laat speel het met die res wat sou wag en gou help met die oppak. Noudat die optrede slegs by die Atterbury Teater is, gaan die hele orkes optree i.p.v. net die Ligtemusiek Orkes.

Die reëlings met vertrektye ensovoort bly dieselfde.  More se reëlings is dus soos volg:

GEEN oefening moreoggend nie.

15:30    Orkeslede arriveer en begin bus pak.  Meisies het klaar hul toppies aan en trek rompe by teater aan.  Seuns het klaar broek, konserthemp en krawat aan met onderbaadjie in kleresak.  AL die
            kinders dra hul orkes Drimac bo-oor die konsertklere.  Indien 'n kind NIE die orkes se drimac het nie, moet hulle die skool se drimac aantrek. GEEN ander baadjies.  HIERDIE IS STANDAARD
            REELINGS EN DIT MOET MET ELKE OPTREDE GEBEUR.
16:00    Vertrek na die Atterbury Teater. 
17:00    Aantrek en meisies doen hare en Klanktoets.   MEISIES: Onthou haarsproei, rekkies en haarknippies!!
18:00 - 19:00    Optrede vir die hele orkes.
19:00    Oppak en bus vertrek terug skool toe.

Ek en Lynnette is gasheer en gasvrou vir eregaste en gaan dus by die teater agter bly.  Jacques Botha sal saam met die orkes in die bus terug ry skool toe.  Die bus behoort so teen 20:00 by die skool te wees.


Vriendelik wil ek u weer uitnooi na ons oueraand Maandagaand om 19:00 in die personeelkamer.

Wednesday 10 August 2011

Danie Epos 18: 10 Augustus 2011


Geagte Ouers.

Hierdie is 'n baie rowwe deel van ons orkes- en akademiese jaar.  Dit gaan wild met die bespreking van die skoolsaal, oefeninge tussen aktiwiteite ensovoorts.  Daarom vra ek asseblief u begrip en geduld omdat ek kort-kort aan ons program moet karring.  Weet dit, wanneer ek moet verander, is dit deeglik ondersoek, bespreek en planne gemaak.

1.    KWARTAALPROGRAM

Ek heg vir u die nuutste program aan, werk asseblief slegs volgens hierdie een en ignoreer alle vorige beplannings. Die program vir hierdie week is soos volg:


1.1    Do. 11 Augustus:    Geen oefening a.g.v. die Ekspo Gala-aand (waaraan baie van ons orkeslede deelneem). Die saal is die hele dag buite perke vir alle aktiwiteite.


1.2    Vr. 12 Augustus:    Naweekoefening vir die hele orkes 14:30 - 21:00.  Aandete en koffie is R30 en lede moet dit Vrydag by Jacques inbetaal.


1.3    Sa. 13 Augustus:    Ligtemusiek Ensemble oefen vanaf 08:30 en verdaag 13:00.  Geen ontbyt of middagete word voorsien nie.


1.4    Sa. 13 Augustus:    Optredes - sien punt 2.
Gaan die aangehegte Jaarprogram deeglik na en vergewis u van ons program.  Soos u kan sien, daar is nie meer veel oefeninge oor voor die SA's nie. Daarom versoek ek u dringend om my te help om by hierdie oefenprogram en optredes te kan hou. Die optredes is vir my ongelooflik belangrik omdat die tye is waar ek die orkes kan evalueer om te sien hoe reageer hulle onder druk. Dit help weer om die daaropvolgende oefeninge te beplan.


Die oefenweek in September is van kardinale belang.  Ek versoek al van die begin van die jaar af dat die spesifieke week 100% oop gehou moet word vir hierdie finale oefenweek voor die SA's.  Dit sluit musieklesse ens. in.  Indien 'n orkeslid in hierdie week (matrieks uitgesluit) afwesig is, sal hul nie aan die SA's deelneem nie.  U hulp word in hierdie verband gevra.


2.    OPTREDES: 13 AUGUSTUS


15:30    Orkeslede arriveer en begin bus pak.  Meisies het klaar hul toppies aan en trek rompe by teater aan.  Seuns het klaar broek, konserthemp en krawat aan met onderbaadjie in kleresak.  


AL die  kinders dra hul orkes Drimac bo-oor die konsertklere.  Indien 'n kind NIE die orkes se drimac het nie, moet hulle die skool se drimac aantrek. GEEN ander baadjies.  


HIERDIE IS STANDAARD REELINGS EN DIT MOET MET ELKE OPTREDE GEBEUR.


16:00    Vertrek na die Atterbury Teater. 


17:00    Klanktoets.


18:00 - 18:50    Optrede.  Slegs die Ligtemusiek-Orkes gaan optree. Die res van die orkes gaan steeds saam om ons te help sodat daar bitter vinnig opgepak kan word. Ons het 'n uur om op te pak, Affies toe te ry en daar weer op te slaan en 20:00 op te tree.  Ek gaan elke kind se samewerking ongelooflik nodig hê.


19:00    Oppak en hardloop vir die bus.


20:00    Optrede (hele orkes in konsertklere!) by die Afrikaanse Hoër Seunskool Musiekaand.  Bus vertrek terug skool toe na afloop van die optrede.


3.    OUERAAND:  15 AUGUSTUS

Vriendelik versoek ek dat ons baie dringend bymekaar moet kom om die volgende sake te bespreek:


3.1    Superligakompetisie te H/s Waterkloof op Sa. 27 Augustus.


3.2    SA-kompetisie te H/s Waterkloof op Vr. 30 September en Sa. 01 Oktober.  Daar is vrae rondom die Gr. 10 Bal. Ek kan niks daaraan doen nie, die SA's se datum is 'n nasionale datum wat ek nie kan skuif nie.


3.3    Ons formele konsert op 15 Oktober.


3.4    Die besoek van die Hahnbacher Marktblaser (Duitse orkes) einde Augustus begin September.  Hulle tree byvoorbeeld saam met ons op by die Sarie Food and Wine Fair op 04 September. 


Vriendelike groete!


Danie

Monday 1 August 2011

Danie Epos 17: 1 Augustus 2011


Geagte ouers.
Na 'n baie laaaang tyd van stilte is daar weer uiteindelik kommunikasie!
1.    TOER 2011
1.1    In die eerste plek wil ek vir u elkeen baie dankie sê vir die geleentheid wat u vir u kind gegee het om saam te kon toer.  Hierdie toer was 'n onvergeetlike ervaring, daarom seker dat al die kinders wat my geantwoord het met die uitsondering van een, gevra het dat ons volgende jaar weer Oesterfees en Simonstad toe moet toer in plaas van 'n buitelandse toer!!
1.2    Tweedens wil ek vir al die ouers wat die toer vir my moontlik gemaak het van harte bedank.  Baie dankie vir die opbou, herstel, grafieka en sleep van die Geraaswa, leen en sleep van die Venter sleepwaentjie, maak van ons nuwe staanderlappies, die skep en byhou van ons eie blog - wat nou nog aktief is!! (klofieorkes.blogspot.com), ons toer Drimacs, finansiële bydraes, die oppas van kinders, die versorging van ons konsertklere en ag sommer alles wat u elkeen bygedra het tot die sukses van ons toer ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts.  Ons waardeer dit werklik baie en u het dit vir ons moontlik gemaak om 'n onvergeetlike toer te kon beleef.
Geld kan nie in waarde meet vir wat dit vir ons beteken het nie!
Baie baie dankie aan elke ouer vir elke bydrae tot die toer. Mag die Here u elkeen ryklik seën soos wat u ons geseën het!
1.3    Die kinders was absoluut 'n "blessing" en ek het GEEN probleme met enige kind op die toer gehad nie. Hierdie klomp raasbekke is enige afrigter se droom!!!  Die leiers onder leiding van Ebert was vir my goed werd en die sukses van ons toer het baie van hulle afgehang.  Ek is baie dankbaar vir so 'n uitstekende groep leiers!!!
...volgende jaar se Kaapse toerprogram is reeds beskikbaar!!!  Hou die blog dop!!!
2.    JAARPROGRAM
Hierdie was die moeilikste wat ek nog gehad het om ons voorbereiding vir die SA's in te pas.  Saal nie beskikbaar nie, matriekeksamen, 'n skielike langnaweek wat nie van die begin af op die kalender was nie, optredes ens. ens!
Ek heg die beplanning vir u aan. Dit is rof om by alles uit te kom en ek het werklik ure gesit om al ons groepe in te pas.  Ek doen 'n dringende beroep op u om my te help dat elke kind by elke oefening is. Dit help nie ons klink ongelooflik mooi, maar ons speel nie die musiek soos dit geskryf staan nie. Die beoordelaars sit met ons bladmusiek voor hulle, en dit is waaraan ons nou moet werk, die presiesheid waarmee ons ons bladmusiek vertolk en speel.  Ek het ELKE kind nodig.
Gaan asseblief sorgvuldig deur ons oefenprogram asook al die optredes.
2.1    SUPERLIGA KOMPETISIE

Dit is nou amper kompetisietyd.  Ons gaan deelneem aan die SA Superliga, maar ons gaan net die Gauteng-kompetisie speel - daar is 'n kompetisie in elke provinsie en die Superliga is om te kwalifiseer om aan die SA's te mag deelneem.
2.1.1    Springs Boys High School is veronderstel om die Gauteng-kompetisie aan te bied, maar dit blyk te wees dat dit nie gaan realiseer nie. Daarom gaan dit op hierdie stadium by ons skool plaasvind op Saterdag 27 Augustus. 
2.1.2    Indien u kind nie aan hierdie kompetisie deelneem nie of 'n oefening(e) mis, mag hy/sy ook nie aan die SA's deelneem nie.  Die blasers en strykers het reeds hul oudisies afgehandel en sodra ek die perkussie afgehandel het, sal ek u laat weet indien u kind nie kwalifiseer nie.  Ek moet dit egter beklemtoon dat indien u kind nie opdaag nie, hy/sy onmiddelik uitgeskakel word.  U kind moet die musiek uiters goed ken om deel te neem aan die kompetisies.  Indien ons die Superliga weer wen (vir die agtste keer in 'n ry!) ontvang u kind Gauteng-Noordkleure.
Dit is uiters belangrik dat u kind ons oefeninge bywoon anders sal hy/sy nie toegelaat word om deel te neem nie.
2.2    OPTREDES

Optredes in die tyd wat voorle is van kardinale belang.  Dit is gedurende hierdie optredes wat ek die orkes evalueer en ons tekortkominge agterkom wat ons dan gedurende oefeninge moet uitsorteer.  Indien u kind nie die optredes bywoon nie, kan ek die orkes nie behoorlik onder sulke druk omstandighede evalueer nie. Daarom kan ek dan nie toelaat dat diesulkes verder optree en kompetises toe gaan nie.
Optredes is noodsaaklik en elke kind is daar nodig. 
2.3    SA's
Sodra hierdie reëlings op dreef kom, sal ek u inlig. Hou solank 30 September en 01 Oktober hier by ons skool oop!!
2.4    OEFENWEEK: 19 - 24 SEPTEMBER

Ouers, ons oefenweek is sekerlik die heel belangrikste week in ons orkesjaar.  Ek het hierdie week al oor en oor aan u gekommunikeer sedert die begin van die jaar.  Indien enige kind by enige een van hierdie oefeninge afwesig is, sal daardie betrokke orkeslid NIE aan die SA's deelneem NIE (matrieks wat eksamen skryf uitgesluit).
U moes al aan die begin van die jaar musieklesse geskuif het asook alle ander afsprake vir daardie week.  Ek hoop werklik nie dat dit nodig gaan wees om 'n kind hierdeur te diskwalifiseer nie.  Ek het al oor en oor met die orkeslede sedert Januarie hieroor gepraat en gese hulle moet vroegtydig hul musieklesse en ander afsprake rondom hierdie week skeduleer.  Dit is nou "crunch time"!!
3.    UITSTAANDE KLEREGELD
Ek het alle inbetalings wat by Mev. Tredoux en die finansieskantoor gemaak is reeds afgemerk - die lys is nog net nie volledig nie want ek weet nog nie watter seuns het direk by Couqies inbetaal nie. Ek sal dit hopelik more kry en an vir u almal uitstuur vir kontrole.  Daar is nog ongelooflik baie gelde uitstaande. Vriendelik versoek ek dat alle uitstaande gelde so gou moontlik by Mev. Tredoux inbetaal moet word. Die rekeninge by die dame wat die klere gemaak het asook Couqies moet dringend betaal word.
Mev. Tredoux se besonderhede is as volg:
Susan se rekeningbesonderhede is as volg:
           S. Tredoux
           ABSA, Menlyn - Tjekrekening
           Rekeningnommer:  275387   (Die kort nommer is korrek!)
           Verwysing: U kind se naam.
3.    STAATSTEATER
Ouers, ek het u hulp baie dringend nodig.  My lys met al u getalle besprekings op, het tydens ons toer uit my lêer verloor en ek het nou geen idee wie het hoeveel kaartjies bespreek nie.  Kan u my asseblief baie dringend sms met u getalle.  Die wie se gelde reeds by die skool inbetaal is, hoef dit nie te doen nie, ek kry u getalle van daardie lys af.  Ek wil u ook net weer daarop wys dat alle inbetalings van die kaartjiegelde reeds afgehandel moes wees. Ek doen die oorbetaling op  3 Augustus en dan gaan u u kaartjies verloor indien die gelde nie inbetaal is nie.
Wikkel, wikkel as u vergeet het daarvan!!!  :)  Anders verloor  u u kaartjies!
Sjoe, dit was nou 'n mondvol!!  Ek kan nie wag vir ons optrede van Vrydagaand by Goeie Hoopskool nie - ons orkes is absoluut net 'n "blessing" vir almal waar ons ookal optree!!
Vriendelike groete!
Danie