Thursday 14 July 2011

Navy personeel word betower deur Klofie Klanke !!

Vandag was die dag wat die eintlike toergedeelte in alle erens begin het na 'n ongelooflike paar dae se meestersklasse saam met die Vloot Orkes. Vanoggend vroeg was die bus se wiele al aan die rol na die Vlootbasis toe, waar die orkes 'n onverwagse en onbeplande verrassing ontvang het. Een van die Vloot se Fregatte het in 'n mis kombersie die droee dokke ingesleep gekom vir herstel- en onderhoudswerk wat net eenkeer in 5 jaar plaasvind, waar daardie spesifieke onderhoud gebeur.

Nadat die Fregat tot stilstand gekom het, het die orkes en al die ouers op die bus gespring waar ons 'n begeleide toer deur die Dokke ondergaan het, met een van die Vloot se bemanningslede (King, wat ook vanuit Pretoria afkomstig is), aan die stuur van sake. Die toer het ons deur die Vlootmuseum geneem, waar almal die historiese gebeurtenisse en skepe kon sien en ervaar.

Vinnig moes daar opgestel en ingestem word, want teen daardie tyd was dit amper middag ete, waar die konsert vir die Vloot personeel moes begin. Daar was ongelooflike baie belangsteling en selfs die persooneel van gister se ouetehuis optrede, het die konsert bygewoon. Die vertoning was weereens, soos ons nou al gewoond geraak het, PUIK en almal het dit gate uit geniet.

'n Vinnige hamburger en sap is deurgewerk deur die orkes vir middag ete, waarna die orkes in twee groepe opgedeel is wat die Bote gaan besoek het. Een groep is na SAS Protea geneem waar daar meegedeel is hoe daardie skeep gebruik word in die Vloot. Die ander groep is geneem na die SAS Assegaai, die "afgetrede" duikboot wat in die Dokke geanker le. Nadat meeste van die vrese oorkom is om in die kleine gatjie af te gaan, het daar 'n baie klein en beknopte spasie die groep ingewag. Als is mooi verduidelik en die laaste paar foto's op die "Directors Chair" is geneem, waarna die SAS Drakensberg besoek is. Hier het ons net dieper en dieper die boot ingegaan, tot in die enjin kamers. Daarna is die toer op die SAS Drakensberg voortgesit, met die smal trappies op, deur die kwartiere verby die kombuis selfs tot op die dek waar die 20mm lugafweerwapens vanaf afgevuur word. Die toer het geeindig op die "Bridge", waar die finale paar vragies gevra is en afskeid geneem is van die Tweede in bevel offisier wat die toer deur die boot gelei het. ( Let wel 'n oud-Klofie).

Aandete het na die opwindende dag in Vishoek plaasgevind, en met baie lekker kos het 'n ongelooflik dag tot 'n einde gekom langs die strand.

Almal is nou snoesig warm ingekruip en batterye word gelaai vir nog 'n propvol dag more.


No comments:

Post a Comment