Sunday 29 July 2012

Spur Optrede Sondag 29 Julie 2012

Na alles verkeed gegaan het wat moontlik kon verkeerd gaan het die optrede uiteindelik aan die gang gekom teen 12:20.   Carine het vandag haar debuut as solis gemaak en  baie goed gespeel - wel gedaan Carine!

Die foto's is deur Maestro self geneem.





















Michelle speel "Ou Ryperd"!



Friday 27 July 2012

Strykers uitgelaat op Seksie foto's

Die groepfoto van die stryker - seksie is per ongeluk uitgelaat op die blad waar die verskillende seksies in die orkes verskyn (bo-aan blog).  Dankie vir die terugvoer - die probleem is uitgestryk (Ed)

Monday 23 July 2012

Dis weer Spur-Naweek! - 29 Julie 2012


Danie Epos nr 20: 23 Julie 2012

Geagte Ouers.Ek glo en vertrou dat dit steeds baie goed gaan met julle almal!!


1. ORKESKAMP


Ek wil baie graag vir u elkeen baie baie dankie sê vir die ondersteuning tydens ons orkeskamp.  Hierdie kamp was ‘n reuse sukses en sekerlik ‘n hoogtepunt hierdie jaar.  Die kinders het gemiddeld 10 ure per dag geoefen SONDER om te kla of moeilik te wees.


Ons het reeds op die kamp vir almal dankie gesê en ek gaan dit nie herhaal nie.  Ek het net nagelaat om vir almal wat my met takies gehelp het (geskenkies koop, foto’s, finansiële bydraes ensovoorts) dankie te sê.  Ons waardeer elke ouer se bydrae ongelooflik baie – maak nie saak hoe klein u hulp is nie, ons kan NIE daarsonder nie!  Baie dankie aan u elkeen!!


Ouers, ons leiers was ware staatmakers!  Gideon en Diets, julle en julle span leiers is vir my van onskatbare waarde – baie baie dankie vir julle harde werk.  Julle het my taak baie vergemaklik en ek het groot waardering daarvoor! 



Baie dankie ook aan Estiaan du Preez wat ontluik het in ‘n fotograaf  van formaat en verantwoordelik was vir al die kampfoto’s.  Jy het ons trots gemaak met jou pragtige foto’s!  Ouers, u kan op die blog gaan kyk die pragtige individuele foto’s en ook algemene kampfoto’s wat Estiaan van elke orkeslid geneem het.   Daar is werklik van ELKE orkeslid ‘n foto op die blog.  Gaan kyk by ORKESKAMP 2012 en KLOFIE ORKES 2012: INDIVIDUELE FOTOS.  Daar sal u van u kind se foto’s kry. Indien u nog nie geregistreer het nie:  klofieorkes.blogspot.com.


[Kyk ook na die foto's van die verskiende seksies van die orkes op die nuwe 'page' boaan die blog: "KLOFIE ORKES 2012 SEKSIES". -Ed]


Die ouers wat nog uitstaande gelde het moet my asseblief dringend kontak – moet dit NIE by die skool inbetaal nie.


2. JAARPROGRAM


Hierdie kwartaal is in alle opsigte seker die moeilikste en volste kwartaal.  Dit is ook die kwartaal waar ons tradisioneel die meeste optree.


Kwartaal 3 se opgedateerde Jaarprogram is aangeheg.  Ons werk streng volgens hierdie program.  Indien daar veranderinge kom, sal ek u inlig.  


U sal merk dat daar baie datums by gekom het en dat ek baie datums moes skuif.


3. FINANSIES


Ek kon nog nie opgedateerde state by die skool kry om ons finansieslys aan te heg nie.  Sodra ek dit ontvang het, sal ek ons lys opdateer en vir u epos vir kontrole.


4. NAWEEKOEFENINGE EN OEFENINGE


4.1       Ek dink dis nodeloos om te sê, ELKE oefening is nou belangrik en ek glo dat u sal verstaan dat indien ‘n orkeslid nou begin afwesig raak, ek hom/haar NIE sal kan toelaat om gedurende die 
SA’s op te tree nie.  Die SA’s is op hande en ons het nog verskriklik baie afrondingswerk om te doen en musiek om nog in te oefen.  Daarom is ELKE kind regtig nodig en belangrik by elke oefening.
4.2 Ons oefeninge is soos uiteen gesit in die Jaarprogram.  Daar is addisionele naweekoefeninge soos reeds van die bigin van die jaar af op die program aangedui.
4.3 Die volgende naweekoefening is 3 & 4 Augustus.


5. JEUGKUNSTEFEES


5.1       Soos u reeds kennis geneem het, ons optrede in die Staatsteater is Vrydagaand, 7 September.  Sien die reëlings op die Jaarprogram.  Meer hieroor nader aan die tyd.
5.2       Die kleedrepitisie is Vrydagmiddag, 7 September.  Ons sal direk na skool vertrek vir die kleedrepitisie en dan weer terug gaan skooltoe om aan te trek.
5.3       Die kaartjiegelde moet op die laatste die einde van Julie inbetaal wees.  Gebruik asseblief die verwysing ORKES-Teater-Kind se naam.
5.4       Soos ek ook reeds vir u genoem het, indien ons nie spring nie, kry ons nie die aantal kaartjies wat ons benodog nie en kry ons sitplekke waar daar nog openinge is.


6. OPTREDES
6.1       Optredes is soos uiteengesit op die optreelys.
6.2       Ons eerste optrede is eerskomende Woensdag.  Ons pak die Geraaswa Dinsdag na afloop van die oefening en vertrek Woensdag direk na skool.  Ons behoort weer 17:30 terug te wees by die skool.
6.3       Optredes is vir ons nou uiters noodsaaklik sodat die kinders onder druk die musiek kan speel en ek die geleentheid kry om die musiek te evalueer.  Ek gebruik dan hierdie inligting om op te fokus met oefeninge. Sodoende berei ons deeglik voor vir die SA’s.


7. FORMELE KONSERT


7.1       Ons formele konsert snel nou vinnig nader!  Baie dankie aan die ouers wat so hard werk om die kaartjies @ R120 elk te verkoop!
7.2       Ek is baie bekommerd oor die botsing met Moreletta kerk se musiekaand.  Ons probleem is dat ons nie ons aand kan skuif nie – daar is nie ‘n ander datum nie!  Het u enige voorstelle??
7.3       Onthou asseblief dat die verwysing ORKES-Gala-Kind se naam moet wees.


8. TUKKIES ETENSUURKONSERT


Ons is alweer bevoorreg om die Tukkies etensuurkonsert te doen.  Ons tree op Donderdag 16 Augustus op.  Hierdie is ‘n groot geleentheid elke jaar en die Tukkie dosente en studente 
stroom gewoonlik om na ons te kom luister.  U is ook baie welkom om hierdie konsert by te woon.


Hierdie is voorwaar ‘n hoogtepunt op ons optreekalender.


Ek is besig om te onderhandel met UNISA sodat ons na afloop van hierdie konsert ons amptelike foto by UNISA in die ZK Matthew ouditorium kan gaan neem.  Ek sal reëlings deurgee sodra dit 
bevestig is.


Sjoe, dit was nou ‘n mondvol!!


Seënwense vir die week!


♫-groete!


Danie

LAAT BERIG: 


Jammer vir hierdie “laat berig”!  Ek het vergeet om die volgende punt aan te raak!!


HULP MET VLIEGKAARTJIES VIR 3 MUSIEKBEOORDELAARS


Ek wil uit my hart uit baie baie dankie sê aan die hulp wat ek ontvang het met donasies van geld om die 3 musiekbeoordelaars Durban toe te kan laat vlieg.  Dit is werklik vir my ‘n bekommernis om te weet dat indien ons nie ordentlike beoordelaars by die SA’s het nie, ons harde werk dalk nie raakgesien kan word nie.  Maar met u hulp, is ons amper daar om ordentlike musiekbeoordelaars daar te hê ter wille van ons eie kinders en ook ter wille van die ander orkeste wat so hard werk.


Ek het nou rustigheid dat elke orkes tydens die SA’s regverdig beoordeel sal word!!


Maar nou het ek tydens ons kamp die lysie met die name wat hulp aangebied het verloor.  Ek kan meeste name onthou, maar nie almal nie.  Kan ek u baie vriendelik vra om my net weer te laat weet wie bereid is om te help met finansies in hierdie geval. 


Indien u steeds kan help, sal ek dit baie waardeer!


Groetnis!


Danie




[Die jaarprogram asook die optreelys vir die 3de en 4de kwartaal is beskikbaar bo-aan die blog]









D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

Monday 16 July 2012

Klofie Konsertorkes Kamp 2012: Dag 7 - "The Last Post"

Die laaste dag soos gesien deur die kamera van Jacques Botha:


Saterdagoggend: Ontbyt is vanmore in die Boma

Maestro se toespraak en laaste opdragte voor die konsert 


Opwarming ...
"We will ROCK you . . ."
Hierdie foto som die kamp perfek op.  HARDE HARDE werk!  Ons kan baie trots op ons kinders wees wat soveel deursettingsvermoee getoon het tot op die laaste dag!  Well done Klofie Orkes!










Hierdie foto kan maklik as 'n CD "cover" gebruik word



















Love you too



"Is that a violin in your pocket or are you just happy to see me?"
Muwhhahaha (Evil Laugh)
Foto van die jaar!


























"A picture . . . . ."







THE LAST POST


Op hierdie kamp het die "Last Post" 'n spesiale betekenis gehad.  Dit is elke aand gespeel as die aktiwiteite van die dag verby was.  Dit was gewoonlik teen 11 uur die aand waartydens almal alles moes los waarmee hulle besig was, opgestaan het en gewag het totdat die "Last Post"  klaar was.  Daarna was dit stiltetyd vir 15 minute en niemand was toegelaat om enigiets te doen totdat die 15 minute verby was nie.  

Toe Annette Saterdag die "Last Post" speel (Jacques Botha het die video geneem toe dit gebeur), was dit die teken dat die kamp tot 'n einde gekom het.  

Dit was 'n baie suksesvolle kamp en almal het dit baie geniet en het ongelooflik baie geleer.  Die Orkes het 'n groep musikante geword met 'n gemeenskaplike doel.  Hulle het baie opofferings gemaak.  

Maar die persoon wat die grootste opofferering gemaak het, het Saterdagaand in die hospitaal deurgebring weens ooreising.  Maestro het sy gesondheid op die agtergrond geskuif totdat die kamp verby was.  Slegs 'n paar mense het geweet hoe Maestro 'n stryd gevoer het om elke dag op sy pos te wees sonder dat enigiemand agterkom het dat hy swaarkry.  


Estiaan het een nag elke uur vir Maestro wakker gemaak om sy suiker te toets.  Sy suiker was so hoog dat ons op "standby" was om hom hospitaal toe te jaag deur die nag as sy suiker nie sou afkom nie.  Gelukkig het dit afgekom.  

Dit is die toewyding wat dit gekos het om hierdie kamp 'n sukses te maak.  

Hierdie video dra ek namens die Klofie Orkes op aan Maestro (ek weet Annette sal nie omgee nie). 

Maestro, dankie vir alles wat jy gedoen het en opgeoffer het vir ons kinders.  Die kamp was 'n reuse sukses danksy jou totale toewyding en deursettingsvermoee.  

En so kom die Klofie Konsertorkes se oefenkamp 2012 tot 'n einde met die speel van "the Last Post"   

deur Annette Cilliers