Wednesday 12 December 2012

Danie Epos Desember 2012: Toere




Geagte Ouers.

Ek hoop dit gaan nog goed met julle almal!!

Ek wil net terugvoer aan julle gee na aanleiding van ons oueraand verlede week.

    1.   KAAPSE TOER 2013

1.1             Die terugvoer uit die Kaap lyk op hierdie stadium baie belowend.  Ons het die volgende uitnodigings waaraan ek nou werk:
1.1.1   Knysna Oesterfees:  Optrede op Saterdag en Sondag 6 & 7 Julie.    6 Julie by die Woodmill Lane en 7 Julie by die Waterfront saam met die Vlootorkes.
1.1.2   Suid-Afrikaanse Vlootorkes Meestersklasse:  Kommandeur Kenny Leibbrandt het klaar die meestersklasse goedgekeur en ek het reeds die aansoek by Hoof van die Vloot ingedien.  Ek wag vir terugvoer.

1.2             Ek wag nog vir die kwotasies vir verblyf en vervoer.  Ek glo alles sal teen einde Januarie gereed en afgehandel wees.  Die kwotasies hang ook af van ons getalle.  Die nuwe lede moet nog eers bygewerk word.

1.3             Ek het navrae van ouers gehad of ouers weer kan saam toer.  Ek het geen probleem indien ouers alles hul eie reëlings tref vir vervoer en verblyf nie.  Ek gaan geen voorsiening maak vir ouers by die kinders en in die bus nie.


     2.   BUITELANDSE TOER 2014

Ek is nog besig om te soek na ‘n gepaste kompetisie waaraan ons kan gaan deelneem vir Julie 2014.  Daar is onder andere ‘n wonderlike kompetisie in Disneyworld…  J

Hou hierdie spasie dop…


    3.   NUWE LEDE 2013

Ons het in alle seksies nuwe lede nodig, behalwe by die klawers, kitare.  By perkussie is daar 2 plek oop vir 2 leerders wat baie goed dromme kan speel om die Timpani’s by Estiaan en die perkussie-instrumente by Lumar einde 2013 oor te neem.  Verder benodig ons baie leerders in alle ander seksies.  Dit is net die kitare, klawers en perkussie waar dit of vol is of waar daar spesifieke vereistes is.

Ons huidige orkeslede mag in Januarie van instrumente verwissel maar moet onthou, hulle word dan onder dieselfde kam geskeer as die nuwe lede wat dan begin – hul het geen voordeel nie.  Die eerste naweek in Februarie word al hierdie kinders gekeur en die beste een kry die posisie.  Indien u weet van kinders wat ons kan nader – laat weet my asseblief.

Die kandidate wat oorweeg word vir konsertmeester is:  Annette, Jacques, Ian en Michelle.  Die konsertmeester word ook gedurende hierdie naweek aangekondig.


     4.   ABRAM KRIEL KINDERHUIS

Ek wil ook net weereens baie dankie sê aan al ons ouers en ook ons orkesvriende wat gehelp het om persente vir meer as 90 kinderhuikinders te koop.  Ek waardeer u elkeen se bydrae ongelooflik baie. Baie dankie aan u wat u werksmense ook opgekommandeer het om hierdie projek te ondersteun.  Dra asseblief ook my dank en waardering aan hulle oor.

Ek heg foto aan wat Estiaan geneem het die dag toe die leiers die persente moes gaan aflewer (maar COSATU het die snelweg geblok en toe kon ons nie ry nie!!).


Seënwense vir u almal!!

Groete.

Danie


D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755