Thursday 27 June 2013

En Toe Gaan Ons Kaap Toe . . . . .

Net een week voordat ons vertrek op die 2013 Kaapse Toer!

Als begin nou in plek val en volgende week hierdie tyd (21:30) behoort ons al effens suid van Johannesburg te  wees op pa na Knysna vir die 2013 Kaape toer!

Die toer van 2011 voel soos gister.  Dit was onvergeetlik. Mag hierdie jaar net so geseënd wees soos 2011.

Ek onthou die rit af Knysna toe; die optrede by die seiljagklub; die son wat ondergaan in perfekte weer; die weerkaatsing van die sonsondergang op die water in die hawe; die vriendelike mense en die Klofie-orkes wat speel terwyl die laaste strale van die son op die Knysna-meer verdof.

Ek sal nooit die mense se reaksie om my vergeet , waar ek gesit  en die klank gedoen het , wat in trane was toe die orkes "Die Onse Vader" gespeel het terwyl die son oor Knysna gesak het en die seiljagte weerkaats het op die water in die sonsondergang nie.

Daar wag Meestersklasse op die kinders by die Suid-Afrikaanse Vloot Orkes se hoofkwartier in Simonstad.  Kommandeur Kenny Leibrandt en sy orkes is jare-lange vriende van die Klofie-orkes.    Die feit dat die SA Vloot-orkes, wat bereid is om soveel tyd af te staan vir ons kinders, is iets besonders.  Hulle is bereid om 'n gedeelte van hul waardevolle tyd aan ons kinders af te staan :   Hoe kan ons hulle ooit genoegsaam daarvoor bedank!

Maar die Klofieorkes probeer ook om hul talente terug te ploeg in die samelewing.  Hulle tree op by verskeie tehuise vir bejaardes en ook by 'n liefdadigheidsfunksie tydens die toer.  'n Goeie balans tussen ontvang en gee.  

Die kinders wat  volgende Woensdagaand vertrek op die toer is nie dieselfde kinders wat terugkom 'n week en 'n half later nie.  Hulle sal die lewe anders sien.  Dit is 'n ervaring wat nie in geldwaarde omgeskakel kan word nie.

Die volgende paar foto's vertel die storie vandie 2011 toer:









































 

Monday 17 June 2013

"TOUR DE KAAP "TOERPROGRAM 4 TOT 14 JULIE 2013

Die finale aftelling het begin vir die Kaapse Toer.  

Die toerprogram is nou beskikbaar bo-aan die blog of kliek op die volgende link:  



Saturday 15 June 2013

Kaapse Toer Finale Voorbereidings: 15 Junie 2013

Saterdagoggend.  
Langnaweek. 
Meeste mense slaap nog of ontspan.  
Die Klofie Orkes oefen.     
. . . . Hard.  
Al van gister af.
Nie omdat hulle moet nie maar omdat hulle wil.  
Dis hoekom hulle al vir nege jaar kampioene is.

Na vanaand se optrede vir die ouers is die volgende optrede in Knysna!

Jacques Tredoux het my gisteraand tydens die optrede vir die ouers laat dink aan David Garrett se manier van doen.  Dit is die beste "Intro" van die Klofie Orkes wat ek in agt jaar gesien het!  Hier is 'n link na een van David  Garrett se videos en die Orkes se nuutste intro laat my hieraan dink: Awome! - Hulle het nie vuurwerke nodig om hierdie intro te laat werk nie!  


As bogenoemde link nie werk nie kliek op die volgende link om die video op YouTube te sien:  http://youtu.be/G-iCX8s7aJg

En dit was Saterdag 15 Junie: 
































































































































































































































mmmmmm . . . ..  waaraan laat hierdie my dink?  . . . . .