Wednesday 31 July 2013

Danie Epos Nr 23: 31 Julie 2013

Geagte ouers.

Ontvang hiermee die nuutste en opgedateerde optreelys.  Let ook asseblief daar op die lys met watter klere tree ons wanneer op.

Net die volgende inligting i.v.m. Sondag se optrede (sien aanhangsel):

     1.      Die bus vertrek stiptelik 12 uur.  Die bus word 11:45 gepak.
     2.      Kinders moet by die huis klaar eet.
     3.      Ons gaan met ons formele konsertklere optree.  Die orkes ry hier met hul Orkeshempie, blou denim en drimac.
     4.      Na afloop van die optrede gaan die orkes na die konsert kyk in hul konsertklere (daar is nie tyd om uit te trek nie.  GEEN kind trek uit nie!
     5.      Indien daar van u is wat die konserte wil bywoon, toegang is R50 per persoon en kaartjies is by die deure beskikbaar.
     6.      Peter van der Poel, my groot hulp op die oomblik, is in die professionele orkes wat ook optree en hy gaan Sondag ook vir my instaan.
     7.      Volwassenes wat die orkes vergesel:
7.1             Jannie en Carin Hartzenberg (Klank, Geraaswa, blog en foto’s)
7.2             Lynnette Botha en Engelette Kruger (Help met die kinders en ook met toesig in die bus)
7.3             Jacques Botha (Foto’s)
7.4             Theunis en Susan Tredoux (Konsertklere)

Ek wil graag versoek dat indien ons by ‘n plek met konsertklere optree, ons altyd met ons orkeshempie, blou denim en skool se drimac sal ry en terug kom.

Ons tree eerskomende Vrydagmiddag by Aapstertjie Kleuterskool op en ek versoek dat die kinders baie vinnig na skool hul denim, orkeshempie en Drimac sal aantrek en dadelik gaan help om die busse te pak.  Ons vertrek direk na skool en kom na afloop van die optrede terug en gaan voort met ons naweekoefening. Die doel van hierdie naweek is om ons SA-program te begin inoefen.

Die reëlings vir Saterdag sal soos volg wees:

     1.      08:30  Ontbyt
     2.      09:00  Oefening begin
     3.      13:00  Middagete
     4.      14:00  Reüniekonsert inoefening 2
     5.      15:00  Res van orkes verdaag,  Ensemble bly agter.
     6.      15:00  Ensemble oefen tot 17:00.

Groete!!

Danie





D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


Monday 29 July 2013

Danie Epos Nr 22: 29 Julie 2013

Geagte ouers.

Ontvang hiermee ons nuutste opgedateerde optreelys.

Ons program vir die week is kortliks soos volg:

      1.      Dinsdag, 30 Julie:   Geen oefening.  Orkeslede moet 16:30 in die saal wees met hul SA-kleure.  Die nuwe lede wat nog nie SA-kleure het nie, trek volledige skooldrag aan.
      2.      Woensdag, 31 Julie:  OPEDAG.  Orkeslede moet asb 13:00 uit die klasse verdaag saal toe.  Ons moet gereed wees wanneer die eerste kinders opdaag.  Ons speel almal met skooldrag.
      3.      Donderdag, 1 Augustus.  Geen oefening a.g.v. rowwe week.
      4.      Vr en Sa:  Optrede by Aapstertjies Kleuterskool direk na skool met Orkeshempie, blou denim en skool se drimac.  Daarna….  NAWEEKOEFENING!!
      5.      Sondag:  Optrede by die Linder Ouditorium.  Sien optreelys vir detail.

Gee asseblief die inligting deur aan u kind omdat ek hulle nie sien nie.

Groete!!



Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755





Saturday 27 July 2013

The Beatles-Hey Jude

Sit op jou oorfone ...... sit op max volume ......  Gaan GROOT!



Wednesday 24 July 2013

Danie EposNr 21: 24 Julie 2013

Geagte ouers en orkeslede.

Ontvang hiermee ons opgedateerde optreeprogram en belangrike Rekordeksamen en oefenweekinligting.

Sien asseblief die aangehegte opsomming.

Eerskomende Donderdagaand tree ons by die Klofie kunstefees Gala-aand op.  Die reëlings is soos volg:

16:00 - 17:30       Meisies kom in my klas bymekaar vir hare, grimering en konsertklere aantrek.
17:00                    AL die seuns kom in saal bymekaar en het hul konsertklere klaar by die huis aangetrek.  Seuns help om klank en verhoog reg te kry.
17:30                    Opwarm en stem.
18:00 19:00       Optrede.
                             Opening en verwelkoming.
                             Optrede.
                             Stap af na optrede met instrumente en musiekstaanders, en pak instrumente en staanders in my klas.
                             Gaan terug saal toe vir res van die Gala-aand en Prysuitdeling.
                             Na afloop van die funksie moet ons alles wegpak. 

Indien n kind nie opdaag om te help na afloop van die Gala-aand nie, sal daardie orkeslid gestraf word met 15A debietpunte.  Dis NIE regverdig dat dit elke keer net n paar kinders is wat help nie. Ek en die staatmakers begin nou geirriteerd raak met die orkeslede met hul ronde handjies 

Ek gaan nie verskoning vra vir my sarkasme nie, lui is lui en dis nie n goeie eienskap nie!! Hahaha!! J


Baie dankie vir almal se positiewe terugvoer in verband met die optrede op Sondag, 4 Augustus.  Hierdie optrede gaan dus voort.

Groete!




Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755

Tuesday 23 July 2013

Optreeprogram 2013

Geagte ouers en orkeslede.

Na ‘n lang droogte sonder optredes, is hier nou ongelooglik baie optredes.

Sien asseblief die aangehegte opsomming. [Ook bo-aan blog beskikbaar]

Groete!

Danie




D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755


Monday 22 July 2013

Danie Epos Nr 20: 22 Julie 2013

Geagte Ouers.

    1.  NAWEEKOEFENING

Ons naweekoefening was ‘n reuse sukses, veral met die oud-orkeslede wat saam kom oefen het. Ons volgende naweekoefening is 2 & 3 Augustus.

    2.  WEEKPROGRAM

2.1       Dinsdag, 23 Julie: Normale oefening 14:30 – 17:30 in die skoolsaal saam met Kolonel Pienaar wat weer saam met ons Hey Jude kom deurwerk.  Hy is die briljante verwerker van hierdie ongelooflik stuk musiek.  LW- daar is wel Expo in die saal, maar hulle goed is op die vloer opgeslaan en ons moet maar net al ons goed soos tasse ens. by ons op die verhoog en agter die verhoog bêre.

2.2       Donderdag, 25 Julie:  Geen oefening a.g.v. die lang optrede by die Klofie Kunstefees Gala-aand.  Die kinders moet asb 17:00 gereed voor die verhoog op hul plekke sit, klaar met hul konsertklere aangetrek.  Ons speel aan die begin, gedurende die program asook die einde.

    3.  OPTREDES

Dit was maar stil op die optree-front tot nou toe, maar nou is die ark oop.  Hier is die lys van optredes wat vir ons voorlê.

Ek wil dit egter beklemtoon dat ALLE optredes belangrik is en dat ELKE kind belangrik is vir ELKE optrede.  Ek wil dit ook baie duidelik stel dat GEEN kind sal optree indien hul afwesig is met die voorbereidingsoefening van die optrede nie.

DAG
DATUM
TYD
OPTREDE
KLEREDRAG
Donderdag
25 Julie
19: 00 tot klaar
Klofie Kunstefees Gala-aand
Konsertklere
Dinsdag
30 Julie
18:00 – 19:00
Waterkloof Springbokaand
Konsertklere
Woensdag
31 Julie
14:00 – 19:00
Klofie Opedag
Orkeshempie, denim en skool se Drimac OF Konsertklere.
Sondag
4 Augustus
14:14 – 14:45
Johannesburg Youth Orchestra
Konsertklere / SA-kleure
Donderdag
15 Augustus
12:00 – 15:00
Etensuurkonsert by Tukkies vir studente en dosente.
Amptelike foto na afloop van konsert.
Konsertklere
Vrydag
6 September
Oggend / middag
Radio Rippel fondsinsameling vir rystoele
?
Saterdag
7 September
17:00 – 23:00
Jeugkunstefees Gala-aand in Staatsteater
Konsertklere
Ma – Sa
9 – 14 Sept
14:00 – 18:00
Oefenweek vir SA’s.

Woensdag
18 Sept
?
Kleedrepitisie op verhoog vir SAs.
Orkeshempie, denim en skool se Drimac
Vrydag


Saterdag
20 September


21 September
14:00 – 18:00


Hele dag
SAs finale kleedrepitisie


SAs
Orkeshempie, denim en skool se Drimac

Konsertklere en SA-kleure

                                               
    4.  NUWE LEDE: OUDISIES VIR SA’s

Gedurende Augustus speel al die nuwe lede in die orkes asook seniors wat op nuwe instrumente is en ook die wat nie verlede jaar gekwalifiseer het nie, hul oudisies om toelating tot die orkes te kry om by die SA’s op te kan tree. Ek sal gedurende die naweekoefening die rooster vir die kinders gee.

Indien ‘n leerder NIE die oudisie slaag nie, mag hy/ sy NIE by SAs optree nie en kan ook nie erekleure of SA-kleure ontvang indien ons sou wen nie.

    5.  UITNODIGING

Ons het ‘n uitnodiging ontvang om op Sondag, 4 Augustus op te tree.  Sien aanhangsel. 

Soos u weet, is dit nie my beleid om sommer optredes op Sondae te doen nie, behalwe wanneer dit ‘n spesiale taak is met meriete.  Hierdie is ‘n ongelooflike geleentheid om die voorprogram te doen, maar nog meer, om die twee orkeste wat optree, te kan sien.  Hierdie is twee briljante orkeste en beslis die moeitewerd om moeite voor te doen om op te tree en dan na hulle te gaan kyk.

Vriendelik versoek ek u om my te laat weet per epos indien u kind NIE die optrede kan bywoon nie.  U is ook welkom om u kind te kom oplaai direk na die optrede om betyds vir Sondagskool die aand te wees.  Indien u nie op hierdie epos reageer voor Dinsdagaand nie, aanvaar ek dat u kind die optrede gaan bywoon.  Ek moet teen moreaand weet of ons sal kan optree of nie.  Ek sal ook more ‘n opname by die orkes maak.

Vriendelike groete.

Danie 





D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755


Saturday 20 July 2013

Eerste gesamentlike Oefening vir die 10 Jaar Klofie-Orkes Reunie 2013



Vanmiddag het die oud-orkeslede vanaf twee-uur af kom saam oefen vir die 10 Jaar Reunie later vanjaar.  Hier is die eerste foto's. 

Stuur gerus enige foto's wat julle dink relevant kan wees vir die reunie na die volgende epos "link": Klofie Orkes Nuus 


Samantha, Renee, Annelie en Marli is hier te sien

Hier is foto's deur Annecke Vermaak sopas ontvang:


Hierdie byeenkoms het baie herinneringe weer laat opvlam:



Monique, Marli, Nadia  ,en Annelie tydens die Amerika Disneyworld toer (2006) - 
by Westgate Leisure resort  waar almal tuisgegaan het.
Samantha en Annelie op Detroit lughawe terwyl ons wag vir die vlug na Disneyworld (2006)

Dedrie se ma, Die cool kelnerin wat almal om haar pinkie gedraai het, Lume en Dedrie
Hard Rock Cafe

Klofie-Orkes 2006: Wereldkampioene!
Universal Studios Park, Disneyworld



Danie en Gert
Armand en Tiaan

Ceranne
Dirco

Sampie

Lome

Samantha
Horst en Armand


Melinda
Walter en Dian

Chris, Walter en Johannes

Chris, Dian, Walter, Johannes en Ceranne (voor)

Dian, Dedri, Chris, Walter en Johannes



Chris






Sampie en Bart






Marli, Dirco, Renee, Gerbin en Werner



Carin en Michelle (Graad 3)

Renee en Annelie



Ivor, Danie Gerbin en Bernard

Fraser


Die toekomstige dirigent van die Klofie orkes
muwhahahahahaha

Ryno 



Werner