Thursday 31 May 2012

Danie Epos Nr 17: 30 Mei 2012


Geagte ouers.

Graag bring ek die volgende onder u aandag:

1. WEEKPROGRAM

1.1 DVD-opname:  Die skool is besig om ‘n nuwe bemarkings-dvd te skiet en die orkes kom Donderdag direk na pouse aan die beurt.  Die orkeslede moet asb hul blou denims en die LO-hempie saambring en gedurende pouse (+- 10:50) baie vinnig gaan aantrek, dan pak ons die verhoog uit en direk na pouse word ons gedeelte geskiet.

1.2 Vrydag: Oefening (14:30 – 18:00)  LW-daar is UITPAKINSPEKSIE ELKE VRYDAG 14:30 – 15:00!

1.3 Saterdag: Oefening (08:30 – 14:00).  R40 vir die naweek se teetye en etes:  Vrydag – teetyd.  Saterdag:  Ligte ontbyt en middagete.

1.4 Die orkes speel Saterdag om 11:30 oudisie om te bepaal of ons by die Nasionale Jeugkunstefees tydens die Gala-aand gaan optree.

2. V.S.A. ORKES

2.1 Daar is ‘n “facebook-page”gestig vir die Groton-orkes, Waterkloof- en Durbanvilleorkeste. Kinders kan op my facebook-page kyk en “like”.

2.2 Ek wil versoek dat ons orkeslede asseblief ook daarby aansluit en vir die Groton-orkes begin “welkom” boodskappe laat.  Durbanville se orkeslede het reeds daarmee begin.

2.3 Ek wil veral die orkeslede by wie hierdie orkes tuis gaan, aanspoor om vir hulle VSA-kinders persoonlike boodskappies op hierdie “page”te los.

2.4 Ek was genoodsaak om baie van die verblyfindelings aan te pas.  Vriendelik versoek ek die ouers wat hierby betrokke is, om op die lys te kyk en my te laat weet of ek dit so kan verander.  Ek het u elkeen se antwoord dat alles korrek is teen Donderdagaand nodig, dan stuur ek die epos Amerika toe.

2.5 Ek heg die program aan (alle grafieka is uitgehaal ter wille van die epos).

3. KAMP

3.1 Baie dankie aan u almal wat al die kampgelde en braaigelde inbetaal het.  Hierdie is die laaste week om kampgeld in te betaal.

3.2 Ek is bekommerd omdat daar baie orkeslede is waar geen braaiplekke bespreek is nie.  Beteken dit dat u u kind dan direk na afloop van die konsert gaan neem en nie saam braai nie?  Laat weet my asseblief dringend indien ek nog vir u braaiplekke moet bespreek @ R75 per persoon (en onthou asseblief die orkeslede moet ook bespreek – die getal wat u vir my deurgee, moet u orkeskind insluit).

3.3 Daar was navrae van ouers wat wou weet of ons rondom die 15e nog kan kampgeld inbetaal.  Dit is 100% reg so met die ouers wat die 15e geld kry – geen probleem.

4. OUERAAND

4.1 Ek wil u asseblief dringend versoek om eerskomende Maandagaand om 19:00 in die Personeelkamer te vergader.  Jammer vir die kort kennisgewing!

4.2 Ons moet dringend na die volgende sake kyk en bespreek:

4.2.1 VSA-toer 2013:  Die toeragentskap wat die amerikaners nou hierheen bring, het ‘n proposisie om aan ons veer te hou.  Ons het u insette nodig tydens hierdie voorlegging.  Hulle bring ‘n buitelandse toer binne ons bereik!

4.2.2 SA-reëlings wat bespreek moet word.

4.2.3 Gala-aand:  Die kaartjies is nou beskikbaar.  Ons moet dit bespreek.

4.2.4 Musiekbeoordelaars vir SA’s:  Ek het ons ouers se hulp nodig om te verseker dat daar ordentlike en betroubare musiekbeoordelaars by die SA’s is!

Ek sal weer sorg dat alle voorbereidings vir die oueraand op skrif is sodat ons nie baie tyd in beslag neem nie, maar hierdie oueraand is van kardinale belang en ek wil u dringend versoek om dit asseblief by te woon.  Ons moet saam al hierdie sake bespreek en besluite moet geneem word.

U teenwoordigheid sal baie waardeer word!

5. KONTROLELYS

Ek heg weer ons kontrolelys aan. Gaan asseblief die volgende na:

5.1 Uitstaande etegeld:  Hierdie kolom is NIE volledig NIE.  Die uitstaande etegelde sluit dus nie die pas afgelope naweek se R40 in nie. Ek het nog nie die nuutste lys ontvang nie.

5.2 Staatsteater:  Dit is die kaartjies wat ek bespreek het.  Ek het nog nie ‘n antwoord gekry of ons dit alles sal kan kry nie.  Ek sien die dame saterdag met die oudisie en hopeliok sal ek dan kan uitsluitsel kry of ons hierdie groot aantal kaartjies sal kan kry.  Indien ons by die Gala-aand optree, kan ek u nou al waarsku, dan gaan ons nie so baie kry nie!

5.3 Afwesigheidskolom:  Hier kan u sien hoeveel keer u kind al laat gekom het (a/), vroeg geloop het (/a) of afwesig was (a/a).

5.4 Braaibesprekings vir die kamp:  Maak asseblief seker dat die getal u orkeskind INSLUIT!

5.5 Kampverblyf:  Dis die ouers wat Vrydagaand @ R550 p/persoon saam met ons wil kom kuier, potjie eet en die nuwe orkeslede se konsert wil sien…

5.6 Kamp-, verblyf en braaigelde wat inbetaal is:  Maak asseblief seker dat u inbetalings korrek hier gewys word.

5.7 Uitstaande kampgeldkolom:  Hierdie is u kind se kampgeld, u braaiplekke en ook ouers wat oornag se gelde alles saam en wat uitstaande is.

Ek hoop dat hierdie lys op datum is.  Die inbetalings wat op die skool se rekenaarlys is is tot op 29 Mei 2012.  Indien u daarna gelde inbetaal het, sal dit nog nie wys nie.

Baie dankie vir al die kinders wat ten spyte van druk studieprogramme steeds ons oefeninge bywoon.  Mag die Here hulle elkeen baie styf vashou gedurende hierdie eksamen.  Die Here belowe vir elkeen NUWE krag vir elke dag, ons moet net daarvoor vra en daarin vertrou.

Vriendelike groete!
Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

















Monday 28 May 2012

The Grotons are Coming! Muwhahaha!

Dit is nie meer lank voordat die Groton School Chamber Orchestra ons kom besoek nie.  Hier is 'n opsomming van die prestasies van die skool die afgelope paar jaar.  Indrukwekkend!


Die Groton School Mascot


Groton School Chamber Orchestra Biography

The Groton School Chamber Orchestra has been rehearsing and planning since September 2011 for a great adventure in South Africa, its third international concert tour.  In 2006, the orchestra toured Switzerland, and in, 2009 tour performed in cities and small rural villages in China. Director of Instrumental Music, Mary Ann Lanier, is pleased to lead the Groton Zebras (the Zebra is the school mascot) on their first musical tour to Africa.  


Conducted by Worcester, Massachusets-based conductor, cellist, and flutist Timothy Terranella, the select ensemble rehearses three times a week for a year-long course in the School’s curriculum and presents seven community performances during the year. All members study privately with one of 25music faculty members and are active performers in the School’s student recital series. 


Located in Groton, Massachusetts, Groton School is a diverse and intimate community devoted to inspiring lives of character, learning, leadership, and service.  Home to 370 students from 29 states and 12 countries, Groton School is recognized as one of America’s top boarding schools.  It prepares students in grades 8-12 for the “active work of life.”







Cui Servire Est Regnare (To Serve Is To Rule)

Monday 21 May 2012

Danie Epos Nr 16: 21 Mei 2012

Geagte ouers.

In die heel eerste plek wil ek vir ons matrieks alle seën toewens vir die eksamen wat vandag begin.  Onthou, die Here beloof vir ons nuwe krag vir elke dag – jy moet net daarvoor vra.  Hard werk en ons bid julle alle sukses toe.

1.            PROGRAM VIR DIE WEEK

1.1          Geen oefeninge gedurende die week vir die res van die kwartaal nie a.g.v. die matriekeksamen wat vandag begin het.
1.2          Ons oefenprogram pas aan en sal soos volg wees:
               a.            Vrydae:  14:30 – 18:00 (geen etes, slegs teetyd)
               b.            Saterdae:  08:30 – 14:00  (Koffie en beskuit + ligte middagete om 12:00)
1.3          Ek wil namens ons orkeslede vir u ‘n groot guns vra!  Ons sal dit baie waardeer indien u so vriendelik kan wees om vir ons hot chocolate te skenk vir die naweekoefeninge.  Dis baie koud op die verhoog en dis darem maar sooooo lekker om warm sjokolade te kry as ons breek.  U skenkings sal regtig baie waardeer word!! 
1.4          Etegeld beloop dan net R40 per naweek.
1.5          Ons het al oorweeg om glad nie etes te gee nie, maar elke keer ‘n baie duur les geleer.  Die kinders word regtig baie honger en hulle soek daardie middagete.
1.6          Ek het dit al gevra, maar wil graag weer die dringendheid daarvan beklemtoon.  Ek het ons oefenure baie ingekort om die kinders te akkomodeer.  Daarom vra ek dat elke kind asseblief op sy/haar pos sal wees gedurende hierdie oefeninge.  U ondersteuning en hulp sal baie waardeer word.
  
2.            ORKESKAMP

2.1          Graag herinner ek u daaraan dat alle kampgelde volledig inbetaal moet wees teen die einde van die maand, dit sluit die braaipakkies se geld ook in.
2.2          Baie dankie vir al die gelde wat reeds inbetaal is.  Ek sal hierdie week weer ‘n staat gaan trek en ons kampgeld opdateer en dit vir u stuur.

Mag hierdie week vir u ‘n wonderlike en voorspoedige week wees!

Groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755




Sunday 20 May 2012

Irene Village Mall Wild Hawk Spur: 20 Mei 2012


Dis Weer Spur Dag!

Welcome to our German, American, French and British visitors who visited us today!  We hope you enjoy the blog!

Freddie van den Berg: Die Bestuurder van die Wild Hawk Spur

Die Soliste tree vandag  op by die Wild Hawk Spur by die Irene Village Mall.  Soos gewoonlik sal ons probeer om so af en toe fotos te plaas.  Ons is hier tot so ongeveer 16h00. 

Die Orkes wil weereens die Eienaar, Bestuur en al die vriendelike werknemers van die Wild Hawk Spur bedank vir hul ongelooflike ondersteuning!  

DIT HET ONDER ONS AANDAG GEKOM DAT "BIG BROTHER IS WATCHING"

Maestro  Die kinders belowe hulle sal hul Drimacs dadelik aantrek ;)


Danie, Rentia al die pad van Kempies : Jou orkes is Stunning! Laat weet asb jou program! 








































EN TOE WORD ONS MOEG:
Dit is nou 16h15 en Renee en Renier speel die laaste lied: Halleluja.  En die van ons wat al van vroeg af hier sê ook Halleluja!  Die laaste paar fotos wat nog nie op is nie sal later vanaand op wees.