Saturday 9 July 2011

Klofie Orkes 'n TREFFER in Knysna

Die Orkes se optrede in die Knysna Mall se klein Amfiteater was 'n reuse sukses.  Die weer het saamgespeel deurdat die mis wat vroegoggend oor die dorp gehang het, vyf minute voor die optrede skielik verdwyn het en die son helder begin skyn het.  Dit was asof dit alles in plek laat val het want die orkes het die inwoners van Knysna verstom met 'n puik vertoning. Ons wat tussen die skare wat saamgedrom het gestaan het, het self gehoor hoe mense kommentaar lewer soos dat hulle nie kan glo dat dit 'n Skoolorkes is nie.  Verskeie mense het kom vra wanneer die volgende optrede is en het aangedui dat hulle vanmiddag se optrede by die Seiljagklub gaan bywoon.  Ook Hans Nel, wat "Mailcoach" komponeer het, het spesiaal kom kyk en luister het hoe sy komposisie klink.



Almal is sover gesond en geniet die toer baie.  Die Orkes het nou 'af tyd'  totdat hulle 14:00 moet gaan regmaak vir die 16:00 optrede by die Seiljagklub in volle orkesdrag.








No comments:

Post a Comment