Thursday 7 July 2011

Merke ..... GEREED ......

Met net meer as ses ure voordat die Toer op die parkeerterrein begin is dinge blykbaar alles behalwe rustig en ontspanne in baie orkeslede se huise ;)

Ek weet van verskeie lede wat teen vyfuur vanmiddag nog nie aan 'n tas geraak het nie - ek is ook een van daai!

Miskien is dit 'n goeie ding want dan skarrel almal rond en is die kinders moeg en kan hulle slaap op die bus.  Ok.  . . . . Ok . . . .Ek weet ek praat nonsens.  As ek so na die padkos kyk wat ingepak word en wat meer uit suiker bestaan as enigiets anders, gaan daar duidelik nie veel op die bus geslaap word tot in Bloemfontein nie!



Tot in Bloem dan ....

No comments:

Post a Comment