Tuesday 28 August 2012

Danie Epos Nr 23: 28 Augustus 2012



Geagte ouers.

Tyd loop nou uit…
SA’s… 32 dae!!

    1.   WEEKPROGRAM
1.1            Baie sterkte aan ons 3 matrieks wat die week met hul rekordeksamen begin. Dit is ons gebed dat die Here julle in Sy hande sal toevou en julle beskerm, julle gedagtes sal rig op die voorbereiding wat julle moet doen en ook om vir julle elke dag nuwe krag en helderheid van verstand te gee.  Onthou, “hard work pays” en NIKS in die lewe wat die moeitewerd is, kom maklik nie!
1.2            Dinsdag, 28 Augustus:  Oefening vir slegs die Ligtemusiek-ensemble (14:30 – 17:30).
1.3            Donderdag, 30 Augustus: Oefening vir hele orkes (14:30 – 17:30).

    2.   GALA-AAND
2.1            Vind aangeheg die advertensie vir ons Gala-aand wat u kan gebruik om te epos.
2.2            Onthou asseblief om u bewys van betaling na Nana Cilliers te epos vir bespreking van u kaartjies!

Groete!!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

Wednesday 22 August 2012

ONDERSTEUNERSHEMPIE 2012


Geagte ouers.

Anelia Pretorius het die inisiatief geneem om vir ons ouers ‘n ondersteuners gofhempie te kry.  Die ontwerp gaan min of meer dieselfde wees as die hempies wat ons vir die orkeslede gaan kry.  Die ontwerp is hierby aangeheg.


Die golfhempie is R75 per hempie (drukwerk ingesluit) en dit is kontant met bestelling.  U kan vir die hele gesin een koop.

[Ek vermoed Danie bedoel een vir elke lid van gesin in plaas van een vir die hele gesin.  Dit gaan vreemd lyk as die hele gesin in een groot T-shirt by die SA's aankom!    muwhahahah (evil laugh) - Ed]



Plaas die name met groottes en ook die geld in ‘n koevert en stuur vir my.  Die laaste dag vir betaling is 4 September.

Vriendelik versoek ek dat u vir Anelia so gou moontlik laat weet watter groottes (in Small, Medium, Large ens) u gaan bestel sodat sy solank die hempies kan bestel.  LW, slegs die hempies wie se gelde op 4 September inbetaal is, sal gedruk word.

Haar selnommer is 08* *** ****. [Geen persoonlike inligting op blog - verwys asb na die harde kopie naamlys - Ed]   Rig alle navrae aan Anelia self.

Groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130


Faksnommer:  086 512 8755










Tuesday 21 August 2012

Danie Epos 22: 21 Augustus 2012


Geagte ouers.

Jammer vir die laat epos – dit gaan maar bietjie wild aan die kant!!  J

    1.   WEEKPROGRAM
1.1             Geen oefening Dinsdag.
1.2             Die nuwe lede asook senior orkeslede wat nog nie SA-kleure het nie, speel Donderdagmiddag hul oudisies- die seniors kan maar bietjie skoolwerk inhaal!  Die betrokke orkeslede moet self hul name op die lys by my kantoor gaan opskryf.

    2.   NAWEEKOEFENING
2.1             Ons gaan Vrydag 14:00 – 18:00 oefen.  Ons gaan nie die aand oefen nie om ons orkeslede die geleentheid te gee om OPPI-VELD toe te kan gaan.
2.2             Ons oefen Saterdag 08:00 – 17:00.
2.3             Etegeld vir Saterdag is R40.
2.4             Koekbeurt vir Saterdag:
Ulrich Kapp,  Izahn van Zyl, Daniël Marais,  Werner Conradie,  Anri van Rheede,  Estiaan du Preez

Groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

Monday 20 August 2012

Ontmoet Mini-Maestro-Me!

Ontmoet vir:  WILLIAM BEETHOVEN BACH-SMITH, die English Bulldog.  

Noemnaam: Willem (want hy is in Suid-Afrika.  In Engeland staan hy bekend as His Royal Highness, William, Prince of Hearts).

Hy is gebore op 13 Junie 2012 (om 3:30 vm met 'n keiser) en kan die volgende instrumente bespeel:

Dubbelbastuba, Pyporrel, Trekklavier en sy hoofinstrument is Timpani's (hy sukkel maar nog net om die pedals by te kom- maar Estiaan sal gedurende die volgende naweekoefening daaraan werk).  Van tyd tot tyd doen hy ook conducting en verwerk musiek vir honde - maar dis meestal baie sharp en silent.

Hy is dol oor Klofies, maar veral die orkeslede.  Sy gunsteling eetdingetjie is sy Montego Classic bolletjies wat met groot sorg vir hom uitgesoek en natgemaak word [?!!?  -Ed].  Hy is ook dol oor sy rooi windbreker en KFC velletjies en ook veral die koolslaai.  Hy drink graag Earl Grey tee en hou van twee EET-SUM-MOR koekies daarby.

Sy stokperdjies is fotografie met sy CANON EOS 7D.

[Die ooreenkomste in gelaatstrekke met sy eienaar is verstommend, maar oordeel self -Ed ]:  

Net soos Maestro kan hy op meer as een plek gelyk kyk (gebeur as jy die "full score" baie lees)

Voorbeeld van die "Evil Eye" (as orkslede en sommige klankmense 'n fout maak)

Wednesday 15 August 2012

Klofie Orkes Optrede Musaion: 16 Augustus 2012



Die Klofie Orkes is vir die afgelope paar jaar 'n vaste afspraak op die Universiteit van Pretoria se Leo Haese middagete konsert program.  Dit is nie sommer net nog 'n optrede nie.  Die middagete konserte in die Musaion word  getrou bygewoon deur studente, dosente en ander belangstellendes in die uitvoerende kunste.  Moet ook nie vergeet van al die oud-klofie orkeslede wat besig is met hul musiekstudies nie!  Hulle is gewoonlik diegene wat die hardste applous gee omdat hulle nooit sal vergeet wat die Klofie Orkes vir hulle beteken het nie.  

As dit enigsins moontlik is MOENIE hierdie optrede misloop nie. Die mense wat hierdie vertoning bywoon is mense wat lief is vir musiek en wat erkenning gee aan die uitvoerende kunste.    Die orkeslede wat die voorreg het om aan hierdie konsert deel te neem sal dit in hul lewens nooit ooit vergeet nie.  



Monday 13 August 2012

Danie Epos nr 21: 13 Augustus 2012

Geagte ouers.

Jammer vir die chaos met vanoggend se epos! Ek weet nie wat het gebeur nie! Baie eposse het terug gekom, ander het weer geen bylaag – ek hoop u het nou almal die finansiële staat darem na alles onder oë gehad. 

    1.   STAATSTEATERKAARTJIES

Die kaartjies se gelde wat teen Woensdag inbetaal is, is bespreek.  Indien u nog moreoggend teen 8:00 vir my die kontant kan stuur, kan ek u nog help, maar daarna, glad nie meer nie (GEEN tjeks of inbetalings kan meer gedoen word nie).  Dan haal ek ook al die kaartjies wat nie betaal is nie af.

     2.   OPGEDATEERDE OEFENPROGRAM & OPTREDES

Die opgedateerde jaarprogram en optreelys is hierby aangeheg.  Hierdie is maar ‘n moeilike en vol week.  Ons werk volgens die tye soos op die Jaarprogram aangedui.

     3.   AMPTELIKE FOTO 2012

Ons gaan Donderdag na afloop van die etensuurkonsert ons foto by UNISA neem.  Orkeslede moet sakgeld saamneem sodat hul vir hulle iets ligs te ete kan koop.

     4.   SPUR-SONDAG

Ons het Sondag weer SPUR-Sondag.  Orkeslede sal Dinsdag hul name invul.  Die fondse is te bate van ons SA’s uitgawes soos etes ens. 

Bring u vriende en familie en kom ondersteun ons asseblief!!

    5.   GALA-AAND

5.1      U sal op die lys merk dat ek reeds die ideaal van 20 kaartjies per gesin (soos op die oueraand bespreek) aangedui het.  Indien elke orkeslid sy/haar 20 kaartjies verkoop, is die ouditorium van 1000 sitplekke uitverkoop.  Dit moet ons ideaal wees om so naby as moontlik daaraan te kom.

         5.2    Onthou asb om u inbetalingsbewyse na Nana Cilliers te epos om besprekings te kan doen.

     6.   FINANSIESLYS

Ek hoop u het almal die lys vanoggend ontvang.  Dis was maar ‘n groot gesukkel om dit uit te kry!!  Laat weet asseblief indien daar nog foute op is!  Ek het al baie navrae gekry en elkeen was as gevolg van ‘n verkeerde verwysing.  Maak asseblief seker dat u gelde korrek is.

Ek wil weereens ‘n dringende beroep op u doen vir die uitstaande etegelde.  Stuur asseblief vir my hierdie uitstaande geld dringend in ‘n koevert sodat ons die ouers wat die kos uit hul sakke koop, kan terugbetaal.

[Hier volg die opvolg epos van Danie wat ek hier aangelas het -Ed]

7.   EMPANGENI UITEET SPYSKAARTE


Hier is die spyskaarte soos wat Carin Hartzenberg dit met u bespreek het.  Hierdie uiteet is direk na afloop van die kompetisie te Empangeni.

    1.      Kyk asseblief daarna en bespreek wat u as gesin sal wil eet.
    2.      Onthou om vir u orkeslid-kind ook te bespreek.
    3.      Epos dan u gesin se bestelling na Carin soos wat sy dit in die aangehegte brief   
         uiteengesit het.
    4.    Moet asseblief NIE u kind hiervoor uit die groep haal om by ‘n ander plek te        gaan eet of kuier nie. 

     
     Groete!

Danie








D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755