Wednesday 29 June 2011

Bon-Bon Voyage

Dat die orkes vriende maak waar hul ook al optree was weereens gisteraand bevestig met die “Bon-bon Voyage” optrede by die Atterbury Teater. 


Dirk Henzen, een van die direkteure van Studio 3 Architects wat die Teater ontwerp het,het die Orkes kortliks toegespreek voor die begin van die verrigtinge in die teater.  Die doel van die aand was om vir almal wat gehelp het en betrokke was met die bou  van die Teater, dankie te sê vir hul harde werk en toewyding.  Dat hy ‘n baie sagte plek vir die Orkes het, was ooglopend.  Elke orkeslid het ‘n toegangskaartjie ontvang om na “Navy Red” se vertoning te gaan kyk en die terugvoer wat ek gekry is dat  hulle dit baie geniet het. 


WebTuiste: Studio 3 Argitekte (Kliek op hierdie Teks)


Nou sien die Orkes mekaar eers weer Donderdag voor hul vertrek op die Kaapse Toer.  In die agtergrond is dit ‘n woeste geskarrel om als betyds gereed te kry.  Op hierdie stadium hang die geraaswa in die lug sonder ‘n onderstel maar sal voor die naweek spog met ‘n splinternuwe as en wiele!  Dankie Stefan vir die borg van die as – nog een ding minder om oor bekommerd te wees. 

Nog net 8 slapies .......   ;)

No comments:

Post a Comment