Wednesday 29 June 2011

Bon-Bon Voyage

Dat die orkes vriende maak waar hul ook al optree was weereens gisteraand bevestig met die “Bon-bon Voyage” optrede by die Atterbury Teater. 


Dirk Henzen, een van die direkteure van Studio 3 Architects wat die Teater ontwerp het,het die Orkes kortliks toegespreek voor die begin van die verrigtinge in die teater.  Die doel van die aand was om vir almal wat gehelp het en betrokke was met die bou  van die Teater, dankie te sê vir hul harde werk en toewyding.  Dat hy ‘n baie sagte plek vir die Orkes het, was ooglopend.  Elke orkeslid het ‘n toegangskaartjie ontvang om na “Navy Red” se vertoning te gaan kyk en die terugvoer wat ek gekry is dat  hulle dit baie geniet het. 


WebTuiste: Studio 3 Argitekte (Kliek op hierdie Teks)


Nou sien die Orkes mekaar eers weer Donderdag voor hul vertrek op die Kaapse Toer.  In die agtergrond is dit ‘n woeste geskarrel om als betyds gereed te kry.  Op hierdie stadium hang die geraaswa in die lug sonder ‘n onderstel maar sal voor die naweek spog met ‘n splinternuwe as en wiele!  Dankie Stefan vir die borg van die as – nog een ding minder om oor bekommerd te wees. 

Nog net 8 slapies .......   ;)

Tuesday 28 June 2011

Optrede by Atterbury Teater se privaat funksie - 28 Junie 2011

Vanaand tree die Ligte Musiekensemble op by die Atterbury teater.  Die argitek het die orkes uitgenooi om op te tree by 'n private geleenheid vir al die persone en instansies wat betrokke was by die beplanning, ontwerp en bou van die Teater.  'n Geweldige groot kompliment vir Maestro en die Orkes.  Orkes vertrek 16: 00 per bus vanaf skool. Ongelukkig is die geleentheid slegs vir genooide gaste en moet ons gewone mense maar wag en hoor wat vertel die orkeslede na die tyd.  ;)

Monday 27 June 2011

Stormwaarskuwing vir die Kaap van Storms: Die Blou Tornado is op pad!

Saterdagaand se Bon Voyage konsert het getoon dat die Kaap hom moet voorberei vir 'n jong, gemotiveerde, talentvolle, trotse en professionele groep Klofies wat duidelik weet hoe om 'n gehoor te vermaak.
Ten spyte van die koudste dag tot dusver hierdie jaar was daar amper nie genoeg sitplek vir almal nie.  Die Orkeste het gewys waartoe hulle in staat is en die koue verdryf met 'n vertoning wat selfs professionele orkeste jaloers sal maak. Saam met die nuwe klere, die eetgoed, kuier en musiek was dit 'n goeie manier om in die regte stemming te kom vir die toer wat voorlȇ.   

Kaap van Storms,  hier kom 'n ding!

Sunday 26 June 2011

Klofie Orkes Rock Band sien hul Fuzigish

Die Waterkloof Konsertorkes Rock Band is tydens vanoggend se oefening verras deur 'n lid van die bekende rock band, Fuzigish - William Bishop.  Die rock Band wat hy aan behoort, word in 'n internasionale tydskrif beskryf as: "Punk Rock Reggae Misfits from South Africa" . . . . . . . .    COOOOOOOOLLLLL!!!!

FUZIGISH WEBSITE
William Bishop kan op hierdie foto gesien word waar hy iets aanvang met die tromboon wat ek nooit geweet het jy kan doen met 'n tromboon nie.  !!












Nadat William die orkeslede op die verhoog gehelp het, het hy een van die kinders se trombone geleen en losgetrek met 'n tromboonsolo wat die hele orkes se asems weggeslaan het.  Niemand het besef dat 'n tromboon so goed kan klink nie.  'n Rockster wat tromboon speel?  Dit kom toe uit dat William Bishop, van "Punk Rock Reggae Misfits", 'n MEESTERSGRAAD in musiek het, met tromboon as instrument!

William, dankie vir jou belangstelling en bereidwilligheid om jou kennis en ervaring te deel met die Rock Band.  Julle het verseker 'n hele paar nuwe volgelinge.

Friday 24 June 2011

Monnies Rock!









Vanoggend se optrede by Laerskool Monumentpark was GROOT pret!  Die Konsertorkes is vroegoggend bederf met koffie en beskuit  wat gehelp het om die koue te verdryf.  Dit het nie gelyk of die Monnies deur die koue gepla was nie.  Hulle het vanuit die staanspoor spontaan saam hande geklap en dit was gou duidelik dat hulle Michael Jackson se musiek goed ken.  Maestro het gevra of hulle al die verskillende 'songs' kon identifiseer in die Michael Jackson medley en hulle was in die kol met almal!

Gelukwense aan al die Musiek- en Kultuurjuffrouens wat duidelik baie goeie werk doen by Monnies.  Die kinders se kennis van musiekinstrumente en die samestelling van orkeste was indrukwekkend - geen wonder daar is so baie oud-Monnies (en een huidige Monnie) wat in die Orkes speel nie ...

Die manier waarop Danie die kinders betrek het was 'n reuse sukses.  Een gelukkige Graad Twee leerling, Kyle Haynes-Smart, het selfs die kans gehad om die Orkes te dirigeer - die Orkes was natuurlik reg vir hom deur eers vals te speel!  Te oordeel aan sy reaksie na die tyd toe Jacques 'n foto van hom neem waar hy die Baton vashou, is die kanse goed dat indien jy vanaand vir hom sou vra wat hy eendag wil word, sal die antwoord Orkesdirigent wees!

Dankie Monnies vir jul entoesiasme en spontane reaksies - julle was 'n GREAT gehoor!

Glitterati - 'n No Show?

Groot was die teleurstelling gisteraand met die uitsending van Glitterati op Kyknet.  Nie eers in die agtergrond 'n teken van die orkes nie.  Glitterati kon hul kykergetalle betekenisvol opgestoot het deur die volle prentjie te skets.  Miskien moet ons die redakteur van Sarie kontak voordat ons die tydskrif koop net om seker te maak hulle dek die hele geleentheid ... ;)

Thursday 23 June 2011

Naweekprogram: 24 en 25 Junie 2011

24 Junie: Optrede by laerskool Monumentpark.
06:00 - 6:15 Pak bus en vertrek - onthou die die spitsverkeer!
07:30 - 08:30 Optrede
08:30 Pak bus. Vertrek terug skool toe.
09:00 - 11:00 Eksamen in Mnr Smith se klas.
12:00 - 17:00 Naweekoefening.
Bekendmaking van finale Ligtemusiek-Orkes.
25 Junie:
08:30 Ligte ontbyt.
09:00 - 16:00 Naweekoefening
16:00 - 17:30 Maak saal reg vir konsert. Trek konsertklere aan.
18:00 - 19:30 Bon Voyage konsert - die hele orkes tree op, nie net toerlede.

Uitsaaidatum & Tyd : GLITTERATI - Episode 207 - 23 Junie 2011 (Opening: Atterbury Teater)

Episode 207 word  eerskomende Donderdag,  23 Junie 2011, op kykNET,  dsTV kanaal 111 om 21:00 uitgesaai, met herhalings:

·         Vrydag  -   16H30
·         Saterdag  -  14H00
·         Sondag-oogend  -  2H30
·         Maandag-oggend -  3H30
·         Maandag – 11H30
·         Dinsdag-oggend – 00H30

Geniet!

Glitterati  Groete!

Losya Meyer
Produksiebestuurder   :   Glitterati

Monday 20 June 2011

Bon Voyage Vergadering

So die aftelling het begin! Almal weet nou (min of meer) wat van elkeen verwag word en wat almal se verantwoordelikhede is. Soos gewoonlik laat Danie NIKS aan toeval oor nie wat baie ouers se angsvlakke beduidend laat daal. Die toerboekie wat alles per week, per dag en per uur uitspel (en nog baie meer) was nog al die jare vir my iets besonders - dit is soos die bouplanne van 'n Argitek (net meer volledig!). ;) 


Saterdag se Bon Voyage Konsert gaan baie spesiaal wees. Meer as 280 gaste het reeds aangedui dat hulle gaan bywoon en daar is nog genooides wat moet RSVP. Ek het gedink die Bon Voyage Konsert was die laaste voor die toer maar die Atterbury Teater het ander planne met die 'ekstra' konsert Dinsdagaand 19:00. Beteken dit nou dis die "Bon-bon Voyage" konsert? Moenie die s(t)outighede vergeet vir die gaste nie.

Ouers wat wil help met die galakonsert die 15de Oktober 2011 in die ZK Matthews ouditorium by UNISA kan gerus vir Nana kontak. Om voor 'n 1000 mense op te tree gaan beslis iets besonders wees om dit ligweg te stel ..... om vir hulle almal kos en drank te gee selfs nog meer besonders! ..... Hou duim vas Matthys Roets kan dit maak. 


Na die superligas word die SA's hier by ons gehou op 1 Oktober 2011. Eish. Eish. Die belangrikste ding wat elke ouer moet weet voor die SA's is dat as jy vir Coenie uithelp met die pannekoeke, jy  moet kophou en nie in jou ou gewoontes verval nie: 'n pannekoek is nie 'n ZOL nie! Jy lek nie jou vingers nat voordat jy dit oprol nie!! 


En daar is die jaar klaar verby. 

Wonder wat ek vir kersfees gaan kry!



Ouervergadering met oog op Kaapse Toer

Daar is 'n ouervergadering vanaand (20 Junie 2011) in die ouditorium vir die ouers van die kinders wat saamgaan op die Kaapse toer oor twee (!) weke.  Finale reelings word deurgegee asook die finale program.

Sunday 19 June 2011

BON VOYAGE KONSERT: Saterdagaand, 25 Junie om 18:00 - 20:00

Die laaste konsert voor die Kaapse Toer en ook die eerste geleentheid vir die nuwe lede om hul konsertklere aan te trek.  Watch this space!

Openingsaand van die Atterbury Teater geborg deur Sarie




Klofie Ligte Ensemble Orkes was weereens die 'talk of the town' by die openingsaand van die Atterbury Teater (17 & 18 Junie 2011).  Bekendes soos Matthys Roets, Jannie Moolman, Anna Davel, Anna-Mart, die drie Tenore is maar 'n paar van die gaste en kunstenaars wat teenwoordig was.  Die Orkes het in die voorportaal stelling ingeneem en die genooide gaste vermaak met ligte musiek.  Die Michael Jackson medley het mense se koppe letterlik laat draai en verskeie mense het spontaan begin wieg en kopknik op maat van die musiek.  Die Orkes is summier uitgenooi om die 28ste  Junie by 'n privaat funksie van die Teater op te tree - 'n goeie maatstaf vir die ongelooflike waardering wat die gaste vir die Orkes gehad het.  Klofies het weereens gewys dat hulle toonaangewend, innoverend en uiters professioneel is.  Go Klofies!