Sunday 3 July 2011

Geraaswa reg vir die Kaapse Toer

Die geraaswa spog met 'n splinternuwe onderstel en wiele.  Die ou onderstel was erg geroes en die bande het al van ouderdom begin disintegreer.


Roes en 7.5cm lang sny in die ou band






Die nuwe onderstel is nie net veiliger (met eie remme) nie maar die geraaswa vertoon ook mooier met die nuwe stel wiele wat effens breer is as die oues.  


 Ook die spaarwiel spog met 'n permanente plek en het ook 'n nuwe band gekry.




Nog 'n addisionele veiligheidsaspek wat bygekom het is die installering van 'n verstelbare stang aan die agterkant van die geraaswa wat keer dat die sleepwa agteroorslaan wanneer die klere en instrumente ingelaai word en die wa ontkoppel is van die sleepvoertuig.  



Met nog net 'n paar kosmetiese verstellings en die langpad kan met 'n geruste hart aangepak word.  

'n BAIE BAIE Spesiale dankie aan:

Mnr Stephan Strydom van Mafuta Auditing and Consulting, vir die borg van die cool verfwerk, nuwe as en wiele vir die geraaswa;

Mnr Isak Pistorius, Direkteur van Flotation & Metallurgical Projects Pty Ltd , vir sy bereidwilligheid en die toewyding waarmee hy en sy span die taak aangepak het om die Geraaswa gereed te kry vir die toer.  


Sonder Borgskappe sal baie van die orkesaktiwiteite eenvoudig nie moontlik gewees het nie.  Ondersteun asseblief AL ons borge waar dit enigsins moontlik is.  Ek beplan om binnekort (met Danie se insette) 'n blad by te voeg met die name, logos en CV's van al ons borge om te kyk of ons nie op hierdie manier  ook vir hulle iets kan doen nie, al is dit net in die vorm van reklame.  

No comments:

Post a Comment