Wednesday 10 July 2013

Kaapse Toer 2013: Woensdag 10 Julie

Klofie-orkes se optrede  by die Vloot "Command" Hoofkwartier, Simonstad


Die Orkes tree vanmiddiag om 12:30 op voor die Vlootbasis in Simonstad se Hoofkwartier.  Die oggend het hulle spandeer in die basis en op die duikboot en ander skepe rondgeloop meestal op begeleide toere.  Hierdie optrede is gister deur Kommandeur Leibrandt gereel en is onbeplan.

Die orkes is nog besig om te kyk na die vlootorkes se voorbereidings vir 'n optrede later die maand.  Sodra hul hier aankom begin ons dadelik opstel en gaan die plek wemel van berywighede.

So lyk die stilte voor die storm:







Die Optrede

Jacques Tredoux (Konsertmeester) het vandag vir die eerste keer ingestaan vir Maestro.  Hy het die Orkes gelei en soos ons nou al by elke optrede gesien het, het die orkes weereens 'n puik vertoning gelewer.  

WEL GEDAAN MINI - MAESTRO!!



Mr Cool





















































Besoek aan die Vloot Museum








































Vlootorkes oefen in die hawe en nooi die Klofie-orkes om te kom kyk.


























1 comment:

  1. Baie dankie vir al die mooi foto's!! Ek kan nie wag vir al die nuwe nuus nie en waardeer dit baie.

    ReplyDelete