Tuesday 2 July 2013

Finale Epos voor die Toer!



Geagte ouers.

Ontvang hiermee my laaste epos voor die toer!! J

Net ‘n paar belangrike sake:

     1.      Aangeheg is die nuutste toerprogram met alle veranderinge aangebring.
          [OOK BESKIKBAAR BO-AAN BLOG]

     2.      Let op na alles wat die kinders moet saamneem en MOENIE vergeet om AL hul klere en besittings te merk nie.


     3.      Een van die hoogtepunte gaan verseker die SABC3 optrede vir die Expresso ontbytprogram wees eerskomende Vrydagoggend tussen 6:00 (ja, u lees reg…) en 8:30 waar hulle lewendig gaan oorskakel en ons sal in een of meer van die oorskakelings sigbaar wees en speel.  Kyk vir ons hoor!! J

     4.      Die volgende hoogtepunt is verseker dat ons Sondagoggend formeel vir die SA Vlootorkes instaan met die hoofoptrede en afsluiting van die oesterfees by die Knysna Waterfront.

    5.      Dit is ook so dat Kommandeur Leibbrandt my geskakel het en ingelig is dat hul heel moontlik nie beskikbaar gaan wees vir die Meestersklasse nie a.g.v. oud-president Mandela wat siek is nie.  Die hele weermag is opgeroep en terug in hul basisse en die Vlootorkes gaan heel moontlik in Umtata wees.  Ons aksieplan is dat indien die Vlootorkes nie daar is nie, gaan Hans Nel vir die Vlootorkes instaan en aangaan met die orkes.  Die een sessie verval ook en word vervang met besoek aan Vlootbasis.

    6.      NB – GEEN seun wie se hare nie netjies gesny is, sal optree of orkesklere dra nie.

    7.      U en die kinders moet betyds wees volgens programtye.  Dis bitter moeilik indien u laat kom en ons het klaar gepak of begin pak.  Konsidereer ons asseblief en wees betyds.

    8.      Laastens wil ek u versoek om my versoek om NIE te groot en te veel te pak nie, te respekteer.  Daar is meer as 60 mense, bagasie en instrumente wat gepak moet word.  Pakplek is ‘n reuse probleem.  U moet u kind help pak.

    9.      Dan wil ek u ook net inlig dat die van u wat nie gereageer het om u kind se ID nommers vir my te stuur nie, se kinders kan nie die twee besoeke aan die Vlootorkes meemaak nie.

   10. Jannie sal die blog (klofieorkes.blogspot.com) daagliks en amper uurliks opdateer.  Kyk gerus daarna!!

Sien julle Woensdagaand by die bus!! J J

Danie



D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755






























No comments:

Post a Comment