Friday 12 July 2013

Kaapse Toer 2013 Vrydag 12 Julie

Hier sit ons alweer, klaar opgstel vir die optrede by die Bellville Chrismar Villas se sentrum vir bejaardes.  Die orkes warm op en ek kan dus gou bietjie foto's oplaai. Na afloop van hierdie laaste optrede is dit Tafelberg toe en daarna middagete op die V&A Waterfront.  Vanaand is dit Dros by Canal Walk - nog 'n lekker besige dag!

Optrede sopas klaar. Staande applous van die inwoners! Die saal was vol en die orkes moes nog 'n ekstra lied speel - 'n goeie gepaste manier om die toer af te sluit!



Op die bus op pad hiernatoe:
Danie se neus wil nou maar nie ophou loop nie!








































































No comments:

Post a Comment