Saturday 6 July 2013

Kaapse Toer 2013: Saterdag 6 Julie

Saterdagaand 21:00 en ons is terug van die Waterfront af na 'n baie lang dag by die Cruise Cafe wat aan die Featherbed Company behoort.  Dit het weereens uitstekend gegaan en almal het die optrede baie geniet.  Die program het reeds 15: 30 begin en eers 18:30 geeindig - "non-stop"!

Die gasvryheid van die mense is ongelooflik.  Die maatskappy het vir al die orkeslede asook die ouers wat daar was na afloop van die optrede, 'n baie lekker aandete voorsien.  Hulle het ons soos ou vriende behandel en die bestuurderes en haar assistent het elke orkeslid 'n drukkie gegee soos hulle aan die einde van die optrede, onder staande applous uitgetap het, uit die saal.  

Slegs foto's kan meer vertel.




















































































Orkes gereed. Speel oor 15 min op plein in Knysna Sakesentrum.

Optrede was 'n reuse sukses.  Soos twee jaar gelede het die weer oopgetrek en het die orkes in helder sonskyn gespeel.  Een van die restaurant eienaars het vir die hele orkes pizza's geskenk uit waardering vir die optrede. Die mense in Knysna is gaande oor die orkes en verskeie mense het gevra waar die orkes weer optree want hulle wil kom kyk as die orkes weer optree.


Foto's volg  soos tyd beskikbaar.:





































Anneke, Jacques Botha het probeer . . . . .  duidelik NIE gewerk nie MUWHAHAHAHAHAHA!! (Evil Laugh)
























Juf Evette het 'n goue medalje gekry vanmore tydens die Knysna Marathon











No comments:

Post a Comment