Friday 19 July 2013

Danie Epos Nr. 19: 19 Julie 2013

Geagte ouers.

    1.  TOER

1.1             In die heel eerste plek wil ek baie dankie sê vir my orkes vir ‘n ongelooflike toer. Hulle was puik en ware ambassadeurs van die skool.  Ek is baie trots op hul gedrag, maar meer op hul vertonings. Hierdie toer was vir my ‘n loopbaanhoogtepunt en ‘n toer wat ek nooit sal vergeet nie.

1.2             Dan my 3 hoofleiers, Gideon, Estiaan en Jacques.  Julle het die toer vir ons gemaak!  Baie baie dankie vir jul harde werk – meeste van die orkeslede en ouers het nie ‘n idee van wat julle 3 alles agter die skerms gedoen het en hoe hard julle 3 regtig gewerk het nie. Baie dankie vir julle harde werk.  Julle is voorwaar staatmakers waarop ek baie trots is en waarsonder ek nie wil of kan werk nie.

1.3             Baie dankie ook aan Lumar, ons verhoogbestuurder en sy span, asook Alex, Karel en die res van ons klankspan.  Julle het ‘n groot taak op hande gehad en julle het dit puik gedoen!!  Baie dankie ook vir Jannie Hartzenberg vir die klank wat jy so goed en getrou vir ons doen!!  J

1.4             Dan aan al die ouers en Juf Yvette Greeff wat saam getoer het.  Baie baie dankie vir al julle hulp met die kinders.  Julle was die dokters, sielkundiges, kinderoppassers, ma en pa – ag wat sou ons sonder julle almal gedoen het!!  Ek waardeer elkeen van julle ongelooflik baie.  Baie dankie vir jul ondersteuning aan my en die orkes, asook vir julle hulp en geduld met my wanneer ek nie lekker gevoel het nie.  Ek waardeer julle baie.

1.5             Baie dankie aan Jannie en Carin wat ons blog so op datum gehou het… tot in die kerk!!!  Die blog het baie aftrek gekry.  Baie dankie julle!!! 

1.6             Baie dankie aan Jacques Botha en Carin Hartzenberg en ook al die kinders wat foto’s geneem het op toer en ook op die blog gesit het.  Dit is ongelooflik om so deur al die mooi foto’s te blaai!!  Baie dankie aan julle almal vir die mooi foto’s!  Indien jul nog foto’s het, stuur asb vir Oom Jannie!! J

1.7             Baie dankie ook aan Jannie en Theunis wat die sleepwaentjies gesleep het.  Dis ‘n groot verantwoordelikheid en ook ‘n groot uitgawe.  Baie baie dankie daarvoor.

1.8             Baie baie dankie aan Elsa, Susan en Theunis Tredoux vir die was en stryk van die kinders se konsertklere en orkeshempies.  Dis ‘n groot werk wat al in Pretoria begin het.  Dankie dat julle en almal wat julle gehelp het ons elke keer soos modelle uit ‘n boek laat lyk het!

1.9             Baie dankie aan Estiaan wat die mooi individuele foto’s geneem het wat ek vir die kinders op die toer gegee het.  Hy vra dat indien u van daardie foto’s wil bestel, u hom kan skakel.  Hy het kop en skours, halflyf en vollengte foto’s van elke kind geneem met hul konsertklere.  Estiaan se selnommer is [Kontak asb vir mnr Smith vir Estiaan se selfoon nommer - nie 'n goeie idee om dit op blog te plaas - Ed.].

1.10         Laastens ‘n versoek.  Ons het op die toer vir die kinders pizzas, worsbroodjies  ens. gekoop om hul geld met al die uitetes te spaar!!  Ons skuld nog die geld vir Mev Vermaak.  Ek sal die naweek met die orkeslede hieroor praat sodat ons die R40 per kind so gou moontlik aan haar terug betaal.  Orkeslede moet hierdie R40 ook by Michelle inbetaal.


     2.  NAWEEKOEFENING

2.1             Hierdie naweek gaan ons voort met ons normale naweekoefening.

2.2             Ons oefen Vrydag 14:30 – 21:00 en Saterdag 08:30 – 17:00.

2.3             Etegeld vir die naweek is steeds R60.  Daar is steeds ongelooflik baie etegeld uitstaande.

2.4         Mev. Carin Hartzenberg versoek dat u elkeen wat graag in enige vorm betrokke wil raak by die reëlings van my afskeidskonsert en reunie, u asseblief Saterdag 3 uur in die Ouditorium bymekaar sal kom.  Indien u nie teenwoordig kan wees nie, skakel haar dringend by [Kontak asb vir mnr Smith vir Carin se selfoon nommer - nie 'n goeie idee om dit op blog te plaas - Ed.].

Vriendelike groete!

Danie

Hier is 'n paar voorbeelde van die foto's wat Estiaan in die Kaap geneem het:






D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment