Monday 29 July 2013

Danie Epos Nr 22: 29 Julie 2013

Geagte ouers.

Ontvang hiermee ons nuutste opgedateerde optreelys.

Ons program vir die week is kortliks soos volg:

      1.      Dinsdag, 30 Julie:   Geen oefening.  Orkeslede moet 16:30 in die saal wees met hul SA-kleure.  Die nuwe lede wat nog nie SA-kleure het nie, trek volledige skooldrag aan.
      2.      Woensdag, 31 Julie:  OPEDAG.  Orkeslede moet asb 13:00 uit die klasse verdaag saal toe.  Ons moet gereed wees wanneer die eerste kinders opdaag.  Ons speel almal met skooldrag.
      3.      Donderdag, 1 Augustus.  Geen oefening a.g.v. rowwe week.
      4.      Vr en Sa:  Optrede by Aapstertjies Kleuterskool direk na skool met Orkeshempie, blou denim en skool se drimac.  Daarna….  NAWEEKOEFENING!!
      5.      Sondag:  Optrede by die Linder Ouditorium.  Sien optreelys vir detail.

Gee asseblief die inligting deur aan u kind omdat ek hulle nie sien nie.

Groete!!



Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755





No comments:

Post a Comment