Monday 22 July 2013

Danie Epos Nr 20: 22 Julie 2013

Geagte Ouers.

    1.  NAWEEKOEFENING

Ons naweekoefening was ‘n reuse sukses, veral met die oud-orkeslede wat saam kom oefen het. Ons volgende naweekoefening is 2 & 3 Augustus.

    2.  WEEKPROGRAM

2.1       Dinsdag, 23 Julie: Normale oefening 14:30 – 17:30 in die skoolsaal saam met Kolonel Pienaar wat weer saam met ons Hey Jude kom deurwerk.  Hy is die briljante verwerker van hierdie ongelooflik stuk musiek.  LW- daar is wel Expo in die saal, maar hulle goed is op die vloer opgeslaan en ons moet maar net al ons goed soos tasse ens. by ons op die verhoog en agter die verhoog bêre.

2.2       Donderdag, 25 Julie:  Geen oefening a.g.v. die lang optrede by die Klofie Kunstefees Gala-aand.  Die kinders moet asb 17:00 gereed voor die verhoog op hul plekke sit, klaar met hul konsertklere aangetrek.  Ons speel aan die begin, gedurende die program asook die einde.

    3.  OPTREDES

Dit was maar stil op die optree-front tot nou toe, maar nou is die ark oop.  Hier is die lys van optredes wat vir ons voorlê.

Ek wil dit egter beklemtoon dat ALLE optredes belangrik is en dat ELKE kind belangrik is vir ELKE optrede.  Ek wil dit ook baie duidelik stel dat GEEN kind sal optree indien hul afwesig is met die voorbereidingsoefening van die optrede nie.

DAG
DATUM
TYD
OPTREDE
KLEREDRAG
Donderdag
25 Julie
19: 00 tot klaar
Klofie Kunstefees Gala-aand
Konsertklere
Dinsdag
30 Julie
18:00 – 19:00
Waterkloof Springbokaand
Konsertklere
Woensdag
31 Julie
14:00 – 19:00
Klofie Opedag
Orkeshempie, denim en skool se Drimac OF Konsertklere.
Sondag
4 Augustus
14:14 – 14:45
Johannesburg Youth Orchestra
Konsertklere / SA-kleure
Donderdag
15 Augustus
12:00 – 15:00
Etensuurkonsert by Tukkies vir studente en dosente.
Amptelike foto na afloop van konsert.
Konsertklere
Vrydag
6 September
Oggend / middag
Radio Rippel fondsinsameling vir rystoele
?
Saterdag
7 September
17:00 – 23:00
Jeugkunstefees Gala-aand in Staatsteater
Konsertklere
Ma – Sa
9 – 14 Sept
14:00 – 18:00
Oefenweek vir SA’s.

Woensdag
18 Sept
?
Kleedrepitisie op verhoog vir SAs.
Orkeshempie, denim en skool se Drimac
Vrydag


Saterdag
20 September


21 September
14:00 – 18:00


Hele dag
SAs finale kleedrepitisie


SAs
Orkeshempie, denim en skool se Drimac

Konsertklere en SA-kleure

                                               
    4.  NUWE LEDE: OUDISIES VIR SA’s

Gedurende Augustus speel al die nuwe lede in die orkes asook seniors wat op nuwe instrumente is en ook die wat nie verlede jaar gekwalifiseer het nie, hul oudisies om toelating tot die orkes te kry om by die SA’s op te kan tree. Ek sal gedurende die naweekoefening die rooster vir die kinders gee.

Indien ‘n leerder NIE die oudisie slaag nie, mag hy/ sy NIE by SAs optree nie en kan ook nie erekleure of SA-kleure ontvang indien ons sou wen nie.

    5.  UITNODIGING

Ons het ‘n uitnodiging ontvang om op Sondag, 4 Augustus op te tree.  Sien aanhangsel. 

Soos u weet, is dit nie my beleid om sommer optredes op Sondae te doen nie, behalwe wanneer dit ‘n spesiale taak is met meriete.  Hierdie is ‘n ongelooflike geleentheid om die voorprogram te doen, maar nog meer, om die twee orkeste wat optree, te kan sien.  Hierdie is twee briljante orkeste en beslis die moeitewerd om moeite voor te doen om op te tree en dan na hulle te gaan kyk.

Vriendelik versoek ek u om my te laat weet per epos indien u kind NIE die optrede kan bywoon nie.  U is ook welkom om u kind te kom oplaai direk na die optrede om betyds vir Sondagskool die aand te wees.  Indien u nie op hierdie epos reageer voor Dinsdagaand nie, aanvaar ek dat u kind die optrede gaan bywoon.  Ek moet teen moreaand weet of ons sal kan optree of nie.  Ek sal ook more ‘n opname by die orkes maak.

Vriendelike groete.

Danie 





D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment