Wednesday 24 July 2013

Danie EposNr 21: 24 Julie 2013

Geagte ouers en orkeslede.

Ontvang hiermee ons opgedateerde optreeprogram en belangrike Rekordeksamen en oefenweekinligting.

Sien asseblief die aangehegte opsomming.

Eerskomende Donderdagaand tree ons by die Klofie kunstefees Gala-aand op.  Die reëlings is soos volg:

16:00 - 17:30       Meisies kom in my klas bymekaar vir hare, grimering en konsertklere aantrek.
17:00                    AL die seuns kom in saal bymekaar en het hul konsertklere klaar by die huis aangetrek.  Seuns help om klank en verhoog reg te kry.
17:30                    Opwarm en stem.
18:00 19:00       Optrede.
                             Opening en verwelkoming.
                             Optrede.
                             Stap af na optrede met instrumente en musiekstaanders, en pak instrumente en staanders in my klas.
                             Gaan terug saal toe vir res van die Gala-aand en Prysuitdeling.
                             Na afloop van die funksie moet ons alles wegpak. 

Indien n kind nie opdaag om te help na afloop van die Gala-aand nie, sal daardie orkeslid gestraf word met 15A debietpunte.  Dis NIE regverdig dat dit elke keer net n paar kinders is wat help nie. Ek en die staatmakers begin nou geirriteerd raak met die orkeslede met hul ronde handjies 

Ek gaan nie verskoning vra vir my sarkasme nie, lui is lui en dis nie n goeie eienskap nie!! Hahaha!! J


Baie dankie vir almal se positiewe terugvoer in verband met die optrede op Sondag, 4 Augustus.  Hierdie optrede gaan dus voort.

Groete!




Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment