Wednesday 31 July 2013

Danie Epos Nr 23: 31 Julie 2013

Geagte ouers.

Ontvang hiermee die nuutste en opgedateerde optreelys.  Let ook asseblief daar op die lys met watter klere tree ons wanneer op.

Net die volgende inligting i.v.m. Sondag se optrede (sien aanhangsel):

     1.      Die bus vertrek stiptelik 12 uur.  Die bus word 11:45 gepak.
     2.      Kinders moet by die huis klaar eet.
     3.      Ons gaan met ons formele konsertklere optree.  Die orkes ry hier met hul Orkeshempie, blou denim en drimac.
     4.      Na afloop van die optrede gaan die orkes na die konsert kyk in hul konsertklere (daar is nie tyd om uit te trek nie.  GEEN kind trek uit nie!
     5.      Indien daar van u is wat die konserte wil bywoon, toegang is R50 per persoon en kaartjies is by die deure beskikbaar.
     6.      Peter van der Poel, my groot hulp op die oomblik, is in die professionele orkes wat ook optree en hy gaan Sondag ook vir my instaan.
     7.      Volwassenes wat die orkes vergesel:
7.1             Jannie en Carin Hartzenberg (Klank, Geraaswa, blog en foto’s)
7.2             Lynnette Botha en Engelette Kruger (Help met die kinders en ook met toesig in die bus)
7.3             Jacques Botha (Foto’s)
7.4             Theunis en Susan Tredoux (Konsertklere)

Ek wil graag versoek dat indien ons by ‘n plek met konsertklere optree, ons altyd met ons orkeshempie, blou denim en skool se drimac sal ry en terug kom.

Ons tree eerskomende Vrydagmiddag by Aapstertjie Kleuterskool op en ek versoek dat die kinders baie vinnig na skool hul denim, orkeshempie en Drimac sal aantrek en dadelik gaan help om die busse te pak.  Ons vertrek direk na skool en kom na afloop van die optrede terug en gaan voort met ons naweekoefening. Die doel van hierdie naweek is om ons SA-program te begin inoefen.

Die reëlings vir Saterdag sal soos volg wees:

     1.      08:30  Ontbyt
     2.      09:00  Oefening begin
     3.      13:00  Middagete
     4.      14:00  Reüniekonsert inoefening 2
     5.      15:00  Res van orkes verdaag,  Ensemble bly agter.
     6.      15:00  Ensemble oefen tot 17:00.

Groete!!

Danie





D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment