Sunday 7 July 2013

Kaapse Toer 2013: Sondag 7 Julie

Skaars klaar met gisteraand se optrede en hier is ons reeds opgestel en reg om te begin by die Waterfront Obikwa optrede.  Dinge raak bietjie besig tydens die optredes wat beteken foto's mag dalk drupsgewys geplaas word soos tyd beskikbaar is.

Watch this space!
























Hierdie optrede sal ons nooit vergeet nie!  Moenie vergeet on jul kinders te vra oor hoe hulle dit beleef het nie! Julle wil dit nie van 'n derde party hoor nie.  Absoluut oorweldigend. 

 Ons gaan nou vinnig eet en dan is dit George toe vir vanaand se optrede by die kerk.  Ek "dump" gou die volgende foto's.  Hulle is nie uitgesoek nie en van hulle mag dalk uit fokus wees etc.  



































































NG Gemeente Bergsig Optrede - George

Dis sesuur en ek blog in die kerk - met jeans en tekkies!  Ja, sies ek weet! Maar ons is ten minste in die kerk en julle sit en blog lees! ;)

Die diens gaan oor 5 minute begin. As die dominee begin bid sal ek foto's oplaai. Voor hy Amen se sal ek klaar wees!  

Toemaar, ek maak net 'n grap.  Ek sal wag tot gemeente sing!









Nog foto's volg as ons vanaand terug is by die sjebeen.



1 comment:

  1. Is julle al in die Kaap? Jannie, gooi tog nog foto's. Dis al hoe ons weet waar ons kinders is. Hulle laat mos niks van hul weet nie. Mooi bly.

    ReplyDelete