Thursday 1 March 2012

Klofie Orkes verteenwoordig by die Nasionale Seminaar oor CAPS en IT in Basiese Onderrig in Suid-Afrika

Michelle het vandag opgetree by die Departement van Onderwys se Nasionale Seminaar wat gehou is oor CAPS en IT in die Burgerspark Hotel in Pretoria. Verteenwoordigers vanoor die hele land het die seminaar bygewoon wat vandag (Donderdag 1 Maart 2012) ten einde geloop het.    Die seminaar het Maandag begin en basiese onderwys en die uitdagings vir onderwys in die land  op die terreine van CAPS (Curriculum and Assessment Policy Statements) en IT (Information Technology) het veral aandag geniet.  Die ontvangs wat Hoërskool Waterkloof gekry het was uiters positief.  

Die afgevaardigdes het uit hul pad gegaan om hul waardering uit te spreek dat die skool bereid was om die laaste dag van die seminaar spesiaal te kom deelneem.  Pleks van twee stukke het Michelle, op versoek van die organiseerders, ongeveer 45 minute lank gespeel.  Te oordeel aan die reaksie van die verteenwoordigers sal dit nie vreemd wees as hierdie optrede 'n jaarlikse instelling word en dat die hele orkes dalk betrek word nie. 



No comments:

Post a Comment