Monday 12 March 2012

Danie Epos Nr 10: 11 Maart 2012

Geagte ouers.

In die eerste plek wil ek baie dankie sê vir verlede week met die twee groot optredes.  Dit was ‘n dol week, maar uiters suksesvol.

Baie dankie aan almal wat so hard agter die skerms gewerk het om alles so vlot te verloop met die formele funksie by Melrose Arch: die blog, klank, vervoer, konsertklere, hulp met die aantrek, en nog vele meer. Baie dankie vir Theuns Tredoux wat al ons konsertklere self moes was en stryk en vir Carin Hartzenberg en Judy-Marie Steenkamp wat  die kinders help aantrek en mooi maak het.  Ons waardeer elkeen se hulp ongelooflik baie.  Baie dankie vir Jannie Hartzenberg wat ons blog so minuut vir minuut tydens die optrede opgedateer het so tussen die klank deur en vir Jacques Botha wat al die foto’s geneem het.  Indien u nog nie ons blog gesien het nie, gaan kyk gerus by klofieorkes.blogspot.com.  Daar was Dinsdagaand op een stadium bykans 90 mense op die blog gedurende die optrede!

Hierdie week is ‘n klein bietjie anders... maar steeds besig!!

  1. Dinsdag, 13 Maart:  Ons oefen net tot 17:00 as gevolg van die beheerliggaamsverkiesing wat in die saal plaasvind. 
  2. Donderdag, 15 Maart:  Die skool se leierskapinstituut het ‘n funksie waar ‘n minister teenwoordig is.  Daar sal Donderdag dus geen oefening wees nie, maar wel die optrede vir slegs die orkeslede wat verlede week by Melrose Arch opgetree het.  Ek stuur later ‘n epos met detail sodra ek dit ontvang het. 
  3. Vrydag & Saterdag, 16 & 17 Maart:  Hierdie is ons laaste naweekoefening vir hierdie kwartaal en ek wil asseblief versoek dat daar nie verskonings is nie.  Ons gaan nuwe musiek leer en dit is uiters moeilik as die kinders nie daar is nie.
    1. Etegeld:  Die etegeld is steeds R60 en word in ‘n koevert by Michelle inbetaal.
    2. Verwelkomingsfunksie:  Saterdagaand is ons amptelike verwelkomingsfunksie vir die jaar:
      1. 17:30             Optrede vir ouers en voorstel van nuwe orkeslid en sy/haar ouers
      2. 18:00             Bring-en-Braai.  Ons voorsien die vure en u bring vir u gesin iets om te braai.  NB- Nuwe wetgewing word by skole afgedwing dat GEEN alkohol op skoolterreine gebruik mag word nie.  Daarom versoek ek u baie vriendelik dat u asseblief geen wyn of enige vorm van alkohol kan saambring nie.  Jammer daaroor, maar ons moet ongelukkig hierdie wet nakom.


Nou ja, ‘n kort epos...  maar ‘n mondvol!!

Geniet u week!

Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!


No comments:

Post a Comment