Monday 26 March 2012

Orkeskamp 2012

Geagte ouers.

Soos u reeds weet, is die kampgeld by die Kwalata Game Ranch vir hierdie jaar R2,150.00 per orkeslid.

Dit sluit die volgende in:
      1.       Verblyf vir 6 aande.
      2.       6 x ontbyt, 5 x middagetes en 6 x aandetes.
      3.       3 koffie en teetye per dag met beskuit in die oggend en laataand.
      4.       Saal en kerk om die hele week in te oefen.
      5.       Venues vir Saterdag se konsert en braai.

Dit sluit die volgende UIT:
      1.       Die braai (orkes en ouers):  R75 per persoon (vleis, bykos en eetgerei).
      2.       Bus om kinders heen en weer te vervoer tussen die hoofkamp (waar ons elke dag oefen) en die Phirikampterrein (waar ons slaap): R3,500.00.

Ek is nou in die finale stadium van onderhandelinge met die kampterrein t.o.v. ons program en die braai.  Ons deposito is reeds betaal met die kampgelde wat ek reeds ontvang het.

Die ouerdag begin met ons konsert in die kerk / saal by die hoofkamp. Daarna nooi ek en die orkes u almal uit na die heerlike Bosveld-kuier en braai na afloop van die konsert – dit gaan baie baie lekker wees om in die Boma by die Phirikampterrein,  te braai en te kuier!!  Met u aankoms by Phirikampterrein, gaan u inspeksie hou in u kind se kamer en daarna kuier en braai ons. Tydens die braai  gaan die nuwe orkeslede vir u hul konsert wys en dan kuier en braai ons lekker verder. 

Vriendelik versoek ek die ouers van 2011 om na die aanhangsel te kyk en seker te maak u geld by die kampgeld is reg.  U kind kry R92 van elke kaartjie wat u verkoop het.  Die bedrae soos wat dit op die aanhangsel verskyn is soos wat dit op die skool se state verskyn. 

Kontak my asseblief dadelik indien daar foute op is (want dan sal ek dit moet regstel en weer die winste van voor af moet uitwerk).  Ek gaan wag tot WOENSDAG, dan aanvaar ek dat dit 100% korrek is en dan sal geen veranderings daarna gemaak word nie.  Baie dankie vir die ouers waarmee ek reeds gepraat het en foute wat reeds reggemaak is – ek waardeer dit baie!

Laastens wil ek vriendelik, maar baie dringend versoek dat u almal asb die vraelys sal voltooi wat aan die oorspronklike epos aangeheg is en dadelik terug epos (REPLY).

[Die oorspronklike epos bevat die naamlyste en gelde uitstaande vir die kamp daarom word dit nie hier geplaas - Ed]



Groete!

Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

No comments:

Post a Comment