Thursday 15 March 2012

Donderdag 15 Maart 2012 Optrede

Geagte Ouers.

Ek wil net Donderdagaand se reëlings met u bevestig:

      1.       Ons tree op met ons SA-kleure (MET baadjies). 
      2.       Slegs die seniors wat by Melrose Arch opgetree het speel saam.
      3.       Daar sal nie Donderdag orkesoefening wees nie omdat die saal gereed gemaak word vir die formele funksie.
      4.       Die orkeslede kom klaar aangetrek skool toe en moet 17:30 in die saal wees.
      5.       Ons maak net na 20:00 klaar.
      6.       Die speellys is aangeheg.
      7.       Die nuwe lede is glad nie betrokke nie.  Hulle almal staan Vrydagmiddag uitpakinspeksie.  Ons kyk Donderdag voor die optrede na die seniors se instrumente.  Dit moet mooi skoon wees.
      8.       Laastens herinner ek u en die kinders aan die naweekoefening
            (Vrydag 14:30 – 21:00 en Saterdag 08:30 – 17:00).  Etegeld vir die naweek is R60.
      9.       Onthou ook asb ons konsert vir ons ouers Saterdag 17:00 en die bring-en-braai 17:30.

Groete.

Danie



D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

No comments:

Post a Comment