Friday 2 March 2012

Klofie Orkes Uitgenooi na 'n funksie van die Gautengse Provinsiale Regering

Die Klofie Orkes is uigenooi om op te tree tydens die Gautengse Provinsiale Regering se Begrotings Dinee eerskomende Dinsdagaand. Dit is 'n groot kompliment vir die Orkes en Skool.  

Aangesien dit so 'n groot  geleentheid is gaan ons probeer om fotos van die geleentheid "lewendig" op die blog te plaas. Soos wat Jacques fotos neem is die idee om dit (amper) dadelik te plaas sodat diegene wat belangstel die verrigtinge kan volg. Ons het dit tydens verlede jaar se toer gedoen en die terugvoer wat ons gekry het was baie positief.

Die plek waar die dinee plaasvind is by die African Pride Melrose Arch Hotel.

Besoek gerus die Hotel se webblad deur hierdie link te volg:


GO KLOFIE ORKES!

No comments:

Post a Comment