Tuesday 28 February 2012

Danie Epos Nr 8: 28 Februarie 2012

Geagte ouers.

Jammer die epos is so laat, maar ek wou eers finaal uitsluitsel oor al my kwotasies ensovoorts kry om ‘n goeie besluit te kon maak rakende ons toer vs kamp.  Hierdie is een van die moeilikste eposse wat ek nog moes skryf, maar het daaroor gebid en ek glo dat dit wat ek doen, die regte ding is.

    1.     TOER vs ORKESKAMP

1.1   Na baie wik en weeg en alle finansies in bereking gehou, asook die stand van my gesondheid op hierdie stadium, is ek seker dat die regte ding om te doen is om hierdie jaar te kamp en nie te toer nie. 
1.2   Ek sukkel om die toer onder R4700 te kry teenoor kampterreine wat gemiddeld R2200 uitwerk vir die week.
1.3   En dan hoor ek ook direk voor die kamp of net daarna of ek ‘n hartoperasie sal moet ondergaan – daarom wil ek nie nou die stres van ‘n toer op myself plaas nie.
1.4   As ek na die orkes kyk, het ons regtig baie werk om te doen met al die nuwe lede en soliste wat opgelei moet word en dan die grootste uitdaging van almal – om die orkes gereed te kry vir volgende jaar se groot matriekgroep wat einde 2013 klaarmaak.  Ek stel dus voor dat ons hierdie jaar 8 – 14 Julie kamp en volgende jaar gaan toer.
1.5   Daar is alternatiewe wat ons met ons volgende oueraand sal bespreek.  Ons het die volgende uitnodigings/geleenthede vir 2013:
a.       Meestersklasse en optredes in Beijing
b.      Meestersklasse en toer in die VSA
c.       Internasionale Jeugfees in Duitsland
1.6   Ek bespreek vandag die situasie met die orkes en sal hulle mooi inlig rakende my besluit.  U kan verseker wees, ek het alle punte oorweeg en het vrede en oortuiging in my hart dat dit vir my en ook vir die orkes beter sal wees om hierdie jaar te kamp.
1.7   Na baie kwotasies en oorweging glo ek die heel beste kampterrein is die vyfster KWALATA DINOKENG BIG 5 GAME RANCH.  Kyk gerus op hul webblad!! www.kwalata.co.za
1.8   Die kampprys is R2,150.00 wat die volgende insluit:
a.       Busgeld na die kampterrein.
b.      Uiters goeie akkomodasie met 3 etes per dag asook 3 teetye per dag.
c.       Puik oefenlokaal en omgewing.
d.      Vure vir ons ouerdag op 14 Julie.
1.9   Ek wil die volgende musikante met my saamneem (en het ook al klaar gehoor of hulle beskikbaar is) om my by die kamp te help:
a.       Terrence Cole  (Koperblasers – trompette- en ensemble-werk)
b.      Renée Harzenberg  (Houtblasers en strykers)
c.       Peter van der Poel (Koperblasers – lower brass), en ek doen dan die kitare (o.l.v. Jaco), perkussie (o.l.v. Gideon) en klawers (o.l.v. Christi-Louise).
d.      Om hulle te kan saamneem, moet ek ‘n borg kry van R6,400.00 om hulle kampgeld te betaal.  Ek sal dit baie waardeer indien u my hiermee behulpsaam sal kan wees deur te help om borge te kry.
1.10            Die program vir die kamp is dat ons Sondag, 8 Julie hier by die skool per bus vertrek.  U kom Saterdagoggend 14 Julie uit kampterrein toe waar ons u 10:00 ontvang, vir u konsert hou en
dan Bring-en-Braai tot ongeveer 14:00.  Daarna gaan u kind saam met u huis toe.
1.11            Ek hoop van harte dat u my besluit ondersteun.  Ek dink dit is baie belangrik dat ek ook nou vorentoe moet kyk en vooruit beplan en pro-aktief optree.  Daarom glo ek dis die beste vir die      
orkes (en ook vir my self in ‘n persoonlike en gesondheidshoedanigheid) om te kamp in plaas daarvan om te toer.

     2.     OPNAMES

Aangeheg vind u my lys van opnames wat ek byhou.  Gaan dit asseblief  deur en laat weet my van enige foute.  [Persoonlike en finansiële  informasie word nie op blog geplaas nie.  Verwys asb na oorspronkilke email vir hierdie inligting - Ed]

2.1   Registrasievorms:  Daar is steeds registrasievorms uitstaande.  Ek moet hierdie vorms so gou moonrlik inkry asseblief.
2.2   Uitstaande etegeld:  Daar is redelik utstaande etegeld.  Kan ons dit asseblief afhandel voor die volgende naweekoefening.  Lynnette doen aankope uit haar sak uit en ons moet die gelde op datum hou.
2.3   Afwesighede:  U sal merk ons hou boek van alle afwesighede.  Al het ‘n kind verskoning gemaak, word sy/haar afwesigheid steeds aangetoon op ons lys. 
2.4   Antwoorde van vorige epos in verband met die VSA-orkes.  Ek moet dringend uitstaande antwoorde kry.  Ons hou nou die hele proses op omdat ek nie kan uitsluitsel gee of ons orkes die Saterdag en Sondag beskikbaar is nie.  Ons het ook nog redelik baie hulp nodig om die 30 orkeslede te huisves. Laat weet my asseblief indien u kans sien om te help met verblyf.
2.5   Indien daar enige foute op hierdie lys is, vra ek om verskoning en versoek dat u my asseblief daarop sal wys.

Mag u ‘n vreugdevolle week propvol gesondheid en voorspoed hê!

♫-groete!!

Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

No comments:

Post a Comment