Sunday 4 March 2012

Danie Epos Nr 9: 28 Februarie 2012

Geagte Ouers.

Ek hoop dat dit nog sommer baie goed gaan met u elkeen.  Hier op die musiekfront begin dinge nou witwarm word!!

     1.     WEEKPROGRAM
1.1               Leier aan diens hierdie week:  Jaco Pretorius.
1.2               Dinsdag, 6 Maart:
1.2.1          Ons tree by die MEC Finance, Mr M. Nkomfe se formele begrotingsdinee op waar daar hooggeplaasde gaste soos ministers, premiers en groot kokkedore van die sakewêreld teenwoordig is.  Voorwaar ‘n puik geleentheid om onsself te bemark. Dit val ongelukkig saam met die Interhoër waaraan ek ook ongelukkig niks kan doen nie.  Ek het nog nie uitsluitsel of die orkeslede wat gaan optree, Dinsdag tuis mag bly tot hul moet skooltoe kom nie.  Ek sal u Maandag per sms laat weet indien ons tuis mag bly.
1.2.2          Ek neem slegs die senior orkeslede saam wat verlede jaar op die verhoog was gedurende die SA’s.  Dit sluit Renée Hartzenberg en Cobus van der Linde in.  Hierdie is verseker die mees belangrike optrede in ons orkes se bestaan.  Daarom het ek dit goedgedink om hulle saam te neem om ons klank te versterk.
1.2.3          Ek het ook nog nie uitsluitsel van wat presies  van ons verwag word nie.  Ek sal Maandag deur die loop van die dag weer vir u ‘n epos stuur sodra ek weet presies wat aangaan. Maar voorlopig is ons reëlings soos volg:
a.       13:30     Meisies sit al hul instrumente en musiekstaanders voor die orkeskamer neer vir die seuns om dit in te laai en gaan dan na B5 (Mev Mostert se klas) om hare en grimering te doen en moontlik aan te trek indien daar nie plek by Melrose Arch is nie.  Onthou eie hareborsel, haarsproei, genoeg haarknippes en jou grimering en syhouse.  Kom skooltoe met blou denim en LO-Hempie vir indien ons by Melrose Arch kan aantrek – anders moet julle klaar by die skool aantrek.
b.      14:30     Seuns kom in die saal bymekaar om die bus en sleepwa te pak.  Seuns moet SWART BROEKE klaar tuis aantrek met die skool se LO-Hempie aan.  Die wit konserthemp moet in kleresak wees (die formele hemp met opslaankraag).  Seuns trek hemde by Melrose Arch aan.
c.       15:00     DIE BUS VERTREK STIPTELIK OM 15:00!!
d.      Ek weet nog nie presies hoe laat ons optree en hoe laat ons gaan terug wees by die skool nie.  Ek vermoed dit gaan ‘n baie laat aand wees.
e.      Die orkeslede kry kos by die dinee, maar ek stel voor dat hulle water en koeldrank moet saamneem.
1.3               Donderdag, 8 Maart:   Gewone oefening.
1.4               Vrydagaand, 9 Maart:  MNR & MEJ WATERKLOOF:
1.4.1          Die HELE orkes tree Vrydagaand by Mnr & Mej Waterkloof op – al kan die lede nog nie almal speel nie.  Ek wil hê hulle moet die gevoel begin kry van wat dit vat om op te tree.
1.4.2          Ons tree met ons SA-Kleure op SONDER die das en baadjies, m.a.w.:
a.       SEUNS:  Swart SA-broek en SA langmou withemp (met gewonde kraag).  Hemde word opgerol tot bo die elmboog.
b.      MEISIES:  SA-romp en SA-bloes met gewonde gemaklike skoene soos pumps ens. (sonder sykouse).  Nuwe meisies dra gewonde swart romp en wit bloesie met geen patrone of blomme ens. op nie. 
c.       Indien u kind NIE die regte klere het nie, moet hulle asseblief leen, anders kan hy/sy NIE optree nie.
d.      17:00     Orkeskamertjies word oopgesluit en orkeslede haal instrumente ens. uit.
e.      17:30     Opwarming, klanktoets en stem
f.        18:00 – 19:10      Optrede. 
g.       Indien orkeslede nie die hele aand wil sit en kyk nie, kan hulle ongesiens hul instrument en staander oppak, saam uitneem  uit die saal uit en huistoe neem.

     2.     JAARPROGRAM
2.1               Ek het vir u die opgedateerde Jaarprogran gestuur.  Hy is epos 7 gemerk.  Kyk asseblief na optredes wat bygekom het.
2.2               Ons het op Donderdag 15 Maart geen oefening nie, maar wel ‘n optrede by die skool die aand.
2.3               Ons het 16 & 17 Maart weer naweekoefening en sluit die naweekoefening Saterdag af met die verwelkomingsfunksie vir al ons ouers.  Hierdie funksie behels die volgende:
a.       17:00 – 17:30              Konsert vir ons ouers, familie en vriende in die skoolsaal. 
b.      Nuwe ouers en nuwe lede word voorgestel en verwelkom.               
c.       17:30 - laat                  Bring-en-Braai in die Dome.  Ek wil u almal baie graag uitnooi om saam ons te kom kuier!!
2.4               Ouers, ek het baie hulp nodig vir hierdie jaar om alles gedoen te kry.  Daarom wil ek vra of ons asseblief Maandagaand, 19 Maart om 19:00 ouervergadering kan hou om die volgende te bespreek waar ek asseblief u hulp dringend nodig het:
a.       Kamp
b.      Beligting
c.       Borge
d.      Drukwerk
e.      SA’s
f.        Formele konsert
g.       Vervoer
h.      En nog vele meer!



Mag u ‘n baie geseënde week hê!!

Groete!

Danie


D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

No comments:

Post a Comment