Thursday 15 March 2012

Optrede: Donderdagaand 15 Maart 2012 - Die Leierskap Instituut prysuitdelingsfunksie by Hoërskool Waterkloof.

Die Leierskap Instituut prysuitdelingsfunksie het vanaand by Hoërskool Waterkloof plaasgevind. Mnr Gert Potgieter, die Atleet nie die Hoof, het 'n interessante en boeiende toespraak gelewer oor leierskap.  Sy vertellings oor die tydperk, toe Suid-Afrika uit wêreldatletiek verban is en die manier hoe sommige atlete dit reggekry het om wel teen die wêreld se bestes deel te neem, was nie net insiggewend nie maar terselfdertyd humoristies en op 'n vreemde manier ook tragies.  

Mnr Gert Potgieter het ook die sertifikate, erekleure en pennings aan die leerders oorhandig.

Wat die orkes se optrede betref  verdien Renier vanaand spesiale vermelding .  Hy het ingestaan vir Dietrich en het UITSTEKEND gevaar met die Michael Jackson Solo!! Soos gewoonlik was daar weer groot waardering vir die orkes uitgespreek en mnr Gert Potgieter het die orkes by meer as een geleentheid tydens sy toespraak uitgesonder vir die goeie optrede van die aand.

Hier volg 'n paar fotos wat Jacques Botha gedurende die aand geneem het.


















































No comments:

Post a Comment