Wednesday 21 March 2012

ATKV Jeugdag : Voortrekkermonument Woensdag 21 Maart 2012

Drie van die Klofieorkes se soliste, Anette,Corne, en Michelle tree op by 'n funksie van die ATKV by die Voortrekkermonument vanoggend.  TV Nuus, eTV, Beeld en Radio Rippel is vanoggend hier wat die verrigtinge dek.  Die tema is Ons Jeug en die Regte van Kinders volgens die Grondwet.

Vanaand het SABC2 (asook Kyknet Nuus) 'n insetsel gehad oor die byeenkoms.  Daar was 'n wye kamerahoek en mens kon vir Corne en Carin in die gehoor herken.  Al was die optrede maar kort, kan die ervaring wat die soliste opdoen en die blootstelling wat hulle kry nie onderskat word  nie.

Orkeslede wat wil blootstelling kry en ervaring opdoen om agtergrondmusiek by funksies te verskaf  kry vanaf Dinsdagaand kans om by die Irene Mall Spur op te tree as deel van die orkes se geldinsameling projek.  Van die orkeslede gaan as kelners werk en die orkes kry 10% van die totale verkope van die aand.  Nie 'n kans wat verspeel moet word nie ... ;)

























No comments:

Post a Comment