Thursday 31 May 2012

Danie Epos Nr 17: 30 Mei 2012


Geagte ouers.

Graag bring ek die volgende onder u aandag:

1. WEEKPROGRAM

1.1 DVD-opname:  Die skool is besig om ‘n nuwe bemarkings-dvd te skiet en die orkes kom Donderdag direk na pouse aan die beurt.  Die orkeslede moet asb hul blou denims en die LO-hempie saambring en gedurende pouse (+- 10:50) baie vinnig gaan aantrek, dan pak ons die verhoog uit en direk na pouse word ons gedeelte geskiet.

1.2 Vrydag: Oefening (14:30 – 18:00)  LW-daar is UITPAKINSPEKSIE ELKE VRYDAG 14:30 – 15:00!

1.3 Saterdag: Oefening (08:30 – 14:00).  R40 vir die naweek se teetye en etes:  Vrydag – teetyd.  Saterdag:  Ligte ontbyt en middagete.

1.4 Die orkes speel Saterdag om 11:30 oudisie om te bepaal of ons by die Nasionale Jeugkunstefees tydens die Gala-aand gaan optree.

2. V.S.A. ORKES

2.1 Daar is ‘n “facebook-page”gestig vir die Groton-orkes, Waterkloof- en Durbanvilleorkeste. Kinders kan op my facebook-page kyk en “like”.

2.2 Ek wil versoek dat ons orkeslede asseblief ook daarby aansluit en vir die Groton-orkes begin “welkom” boodskappe laat.  Durbanville se orkeslede het reeds daarmee begin.

2.3 Ek wil veral die orkeslede by wie hierdie orkes tuis gaan, aanspoor om vir hulle VSA-kinders persoonlike boodskappies op hierdie “page”te los.

2.4 Ek was genoodsaak om baie van die verblyfindelings aan te pas.  Vriendelik versoek ek die ouers wat hierby betrokke is, om op die lys te kyk en my te laat weet of ek dit so kan verander.  Ek het u elkeen se antwoord dat alles korrek is teen Donderdagaand nodig, dan stuur ek die epos Amerika toe.

2.5 Ek heg die program aan (alle grafieka is uitgehaal ter wille van die epos).

3. KAMP

3.1 Baie dankie aan u almal wat al die kampgelde en braaigelde inbetaal het.  Hierdie is die laaste week om kampgeld in te betaal.

3.2 Ek is bekommerd omdat daar baie orkeslede is waar geen braaiplekke bespreek is nie.  Beteken dit dat u u kind dan direk na afloop van die konsert gaan neem en nie saam braai nie?  Laat weet my asseblief dringend indien ek nog vir u braaiplekke moet bespreek @ R75 per persoon (en onthou asseblief die orkeslede moet ook bespreek – die getal wat u vir my deurgee, moet u orkeskind insluit).

3.3 Daar was navrae van ouers wat wou weet of ons rondom die 15e nog kan kampgeld inbetaal.  Dit is 100% reg so met die ouers wat die 15e geld kry – geen probleem.

4. OUERAAND

4.1 Ek wil u asseblief dringend versoek om eerskomende Maandagaand om 19:00 in die Personeelkamer te vergader.  Jammer vir die kort kennisgewing!

4.2 Ons moet dringend na die volgende sake kyk en bespreek:

4.2.1 VSA-toer 2013:  Die toeragentskap wat die amerikaners nou hierheen bring, het ‘n proposisie om aan ons veer te hou.  Ons het u insette nodig tydens hierdie voorlegging.  Hulle bring ‘n buitelandse toer binne ons bereik!

4.2.2 SA-reëlings wat bespreek moet word.

4.2.3 Gala-aand:  Die kaartjies is nou beskikbaar.  Ons moet dit bespreek.

4.2.4 Musiekbeoordelaars vir SA’s:  Ek het ons ouers se hulp nodig om te verseker dat daar ordentlike en betroubare musiekbeoordelaars by die SA’s is!

Ek sal weer sorg dat alle voorbereidings vir die oueraand op skrif is sodat ons nie baie tyd in beslag neem nie, maar hierdie oueraand is van kardinale belang en ek wil u dringend versoek om dit asseblief by te woon.  Ons moet saam al hierdie sake bespreek en besluite moet geneem word.

U teenwoordigheid sal baie waardeer word!

5. KONTROLELYS

Ek heg weer ons kontrolelys aan. Gaan asseblief die volgende na:

5.1 Uitstaande etegeld:  Hierdie kolom is NIE volledig NIE.  Die uitstaande etegelde sluit dus nie die pas afgelope naweek se R40 in nie. Ek het nog nie die nuutste lys ontvang nie.

5.2 Staatsteater:  Dit is die kaartjies wat ek bespreek het.  Ek het nog nie ‘n antwoord gekry of ons dit alles sal kan kry nie.  Ek sien die dame saterdag met die oudisie en hopeliok sal ek dan kan uitsluitsel kry of ons hierdie groot aantal kaartjies sal kan kry.  Indien ons by die Gala-aand optree, kan ek u nou al waarsku, dan gaan ons nie so baie kry nie!

5.3 Afwesigheidskolom:  Hier kan u sien hoeveel keer u kind al laat gekom het (a/), vroeg geloop het (/a) of afwesig was (a/a).

5.4 Braaibesprekings vir die kamp:  Maak asseblief seker dat die getal u orkeskind INSLUIT!

5.5 Kampverblyf:  Dis die ouers wat Vrydagaand @ R550 p/persoon saam met ons wil kom kuier, potjie eet en die nuwe orkeslede se konsert wil sien…

5.6 Kamp-, verblyf en braaigelde wat inbetaal is:  Maak asseblief seker dat u inbetalings korrek hier gewys word.

5.7 Uitstaande kampgeldkolom:  Hierdie is u kind se kampgeld, u braaiplekke en ook ouers wat oornag se gelde alles saam en wat uitstaande is.

Ek hoop dat hierdie lys op datum is.  Die inbetalings wat op die skool se rekenaarlys is is tot op 29 Mei 2012.  Indien u daarna gelde inbetaal het, sal dit nog nie wys nie.

Baie dankie vir al die kinders wat ten spyte van druk studieprogramme steeds ons oefeninge bywoon.  Mag die Here hulle elkeen baie styf vashou gedurende hierdie eksamen.  Die Here belowe vir elkeen NUWE krag vir elke dag, ons moet net daarvoor vra en daarin vertrou.

Vriendelike groete!
Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

















No comments:

Post a Comment